肆客足球

Welcome
Welkom by Universiteit Stellenbosch
??????

Verwelkomingsboodskap van die Rektor en Visekanselier?

Welkom by die Universiteit Stellenbosch vir 'n ongelooflike jaar wat voorlê!

Die opwinding is tasbaar in die lug op die vooraand van hierdie nuwe hoofstuk in jou akademiese reis. Baie geluk met jou deursettingsvermo? en sukses om 'n welverdiende plek by die US te verdien. Die voorreg van 'n universiteitsopleiding is nou joune – benut dit ten volle.

Vanjaar is veral vir my spesiaal, aangesien die eerste paar maande my laaste skof as Rektor en Visekanselier is. Die aanvang van elke akademiese jaar die afgelope tien jaar was 'n hoogtepunt – daardie unieke gegons en gewoel op kampus, gevul met energie en die belofte van nuwe avonture. Dit is 'n oomblik wat ek in die komende jare van harte sal mis.

Ek wil jou van dag een af aanmoedig om die US se kernwaardes te omarm: uitnemendheid, deernis, aanspreeklikheid, respek en billikheid. Hierdie beginsels sal jou op jou pad na akademiese sukses lei en help om jou in 'n afgeronde, betrokke wêreldburger te omskep.

Jou US-reis begin met ons Verwelkomingsprogram, wat ontwerp is om jou aan die kampuslewe bekend te stel. As jy leiding nodig het, reik uit na jou mentors, studenteleiers of personeel – hulle is hier om te help. Bly op hoogte van skedules by www.sun.ac.za/welkom.

Jy het ook toegang tot die Afdeling Studentesake, waar professionele praktisyns gereed staan om jou ontwikkeling en sukses te ondersteun. Benut gerus hierdie hulpbronne om die meeste van jou tyd hier te maak.

Hoewel die oorgang na universiteit angswekkend mag lyk, glo ons in jou vermo? om sukses te behaal – dis waarom jy aanvaar is! Bly gefokus, werk hard en gryp elke geleentheid aan. Onthou, leer vind ook buite die lesingsaal plaas. Verken verenigings, neem aan aktiwiteite deel en bou blywende vriendskappe.

Ons is daartoe verbind om jou op die wêreld buite ons lesingsale en klaskamers voor te berei. Daar sal wel uitdagings wees, maar beskou dit is geleenthede vir groei. En wanneer jy hulp nodig het, moet asseblief nie huiwer om te vra nie – by Maties beweeg ons saam vorentoe.

Welkom by 'n ongelooflike jaar by die Universiteit Stellenbosch!

Prof Wim de Villiers

US Rektor en Visekanselier