肆客足球

Choir
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Die Koor Gister

Vandag is Stellenbosch se universiteitskoor 'n toonaangewende instrument binne 'n nasionale en internasionale konteks.

William Morris.jpg?Sy oorsprong is egter so nederig soos meeste kore in Suid-Afrika: die koor is in 1936 gestig deur 'n groep sang-liefhebbers onder leiding van William Morris.

??Gawie Cillie.jpgDie koor het egter gou 'n instelling geword en het onder leiding van prof. Gawie Cillié landswyd blootstelling verwerf, danksy gereelde konserttoere en radio-uitsendings wat deur die koor onderneem is. Die koor se ledetal het in hierdie tydperk gewissel tussen 150 en 200.  

Prof. Philip McLachlan, wat in 1956 leiding van die koor geneem het, het die koor se ledetal tot 60 mense beperk namate die standaard van repertorium dit vereis het.Hiervan getuig die lof wat die koor ingeoes het met uitvoerings in Wes-Duitsland, Belgi? en Protugal, waar hy aan ’n fees vir universiteitskore deelgeneem het. In 1976 het die koor Suid-Afrika verteenwoordig in die twaalfde kongres van die International Society of Music Education in Switserland en het ’n aantal konserte in Engeland, Frankryk, Belgi? en Wes-Duitsland plaasgevind.

Philip McLachlan.jpgPr?of. Johan de Villiers het in 1977 die vierde dirigent van die universiteitskoor geword. Onder sy leiding het die koor gereeld oorsee getoer. Per uitnodiging het die koor in 1983 deelgeneem aan die ‘European Week’-konsertreeks in Passau. In dieselfde jaar is hy aangewys as algehele wenners van die SAUK-TV Koorkompetisie.

Acáma Fick het in 1985 die dirigent van Stellenbosch se universiteitskoor geword. In 1991 is ’n  Europese toer met konserte in Luzern, Bonn, Parys, Antwerpen, Den Haag, St Alban en Londen onderneem. Die volgende jaar is ’n CD van die oorseese toer vrygestel. Dit was die eerste vir ’n universiteitskoor in Suid-Afrika.

Sonja van der Walt het in 1993 leiding van die koor geneem en onder haar hande het die koor hoofsaaklik op a cappella werke gefokus. Konserte is landswyd gegee, maar veral in die Wes-Kaap. Die koor het in hierdie tyd ook gereeld oor die radio uitgesaai.

In Julie 1996 is nog ’n toer na Europa afgelê. Konserte is gehou in Wenen, Salzburg, München en Praag, waarna die koor deelgeneem het aan ’n internasionale koorfees in Tabor in die Tjseggiese Republiek. Drie nuwe CDs is in 1996, 1998 en 2000 vrygestel.

?Die ATKV Liertoekenning vir Beste Groep is in 1999 aan die koor toegeken vir hulle vertolking van twee verwerkings deur Niel Pauw.

In 1999 is die universiteitskoor deur die Universiteitsraad ontbind. Na hewige reaksie van koorlede, oud-koorlede, studente en die publiek, het die raad die besluit tydelik opgeskort. Druk van onder ander die media en belangrike donateurs het die raad forseer om sy besluit te herroep gedurende 'n spoedvergadering. Aan die einde van 2000 is daar 'n nuwe konstitusie aan die raad voorgelê, soos in die finale besluit bepaal is. 

Andre van der Merwe.jpg Vanaf 2003 is André van der Merwe die sewende dirigent van die universiteitskoor van Stellenbosch. Onder sy leiding groei en presteer die koor elke jaar op ’n ho?r vlak en werf die koor talle pryse met sy deelname aan kompetisies oorsee?.