Algemene Bestuur
?????Die werksaamhede van die Universiteit word gerig deur die Wet op Ho?r Onderwys (Wet 101 van 1997) en die Statuut van die Universiteit Stellenbosch (US) (2019). Die Statuut omskryf die rol van die Universiteit se ampsdraer?s, statutêre liggame en institusionele bestuurstrukture.
Ampsdraers
Die Kanselier is die seremoni?le of titulêre hoof van die Universiteit. Die Visekanselier en Rektor is ook die hoof-uitvoerende beampte (uitvoerende bedryfshoof) van die Universiteit. Die vier Viserektore en die Registrateur is ook ampsdraers van die Universiteit. Die Kanselier, Visekanselier en Viserektore kan by gradeplegtighede grade toeken.
Bestuurstrukture ?
Die Rektoraat is verantwoordelik vir die dag-tot-dag operasionele of bedryfsbestuur van die Universiteit. Die Rektoraat bestaan wesenlik uit die Visekanselier en Rektor, vier Viserektore wat vir die kernfunksies van die instelling verantwoordelik is en die Bedryfshoof wat vir die finansies en bedryfsbestuur van die Universiteit verantwoordelik is. Die Viserektore is onderskeidelik verantwoordelik vir Leer en Onderrig; Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie?; Sosiale Impak?, Transformasie en Personeel; en Strategie, Globale en Korporatiewe Sake . Die Registrateur is verantwoordelik vir goeie oorsigbestuur en sien toe dat die akademiese administrasie van die Universiteit vlot verloop.
Die Rektor is by magte om senior personeel te benoem om die vergaderings van die Rektoraat by te woon en die werksaamhede van die Rektoraat te ondersteun wanneer nodig.
Die Algemene Bestuurdersvergadering (ABV) bestaan uit die lede van die Rektoraat, die Dekane van die Universiteit se tien fakulteite, die Registrateur, die Direkteure van die twee tipe-3 skole, asook Hoof- en Senior Direkteure van die onderskeie professionele, administratiewe en steundiensafdelings. Sake van akademiese en administratiewe belang word deur die ABV bespreek en die lede dien die Rektoraat in 'n raadgewende rol.
?Bestuurspan (Rektoraat)?
Dekane
Direkteure van die tipe-3 skole
Hoofdirekteure
Senior Direkteure