Die US Argief spits hom toe op die aanskaf, bewaring en toeganklikmaking van primêre bronne wat betrekking het op die Universiteit en sy voorgangers, naamlik Stellenbosch Gymnasium en Victoria Kollege.
Van die belangrikste versamelings is:
Raad en Senaat Notules – die oudste notule dateer uit 1864
Korrespondensie tussen die Universiteit en verskeie Staatsdepartemente
Korrespondensie tussen die Raad, Senaat en die Ho?r Jongensskool
Finansi?le Registers van Ho?r Jongensskool en Victoria Kollege
Eiendomsregisters van Victoria Kollege en Universiteit Stellenbosch
Notules en ander rekords van Fakulteite, Departement, Verenigings ens.
Jaarboeke
Fotografiese materiaal van bekende Stellenbosse fotograwe
Ere-grade deur die Universiteit toegeken
Amptelike en algemene korrespondensie van Victoria Kollege
Die volgende Inventarisse kan geraadpleeg word vir meer inligting:
- Inventaris van dokumente ontvang vanaf Die Registrateur
- Inventaris van dokumente ontvang vanaf die J.S.G. Biblioteek
- Inventaris van dokumente ontvang vanaf die Pos- en Liasseerafdeling
??