肆客足球

CIRCoRe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

????????????????????Komitee vir die Institusionele Reaksie op die (Khampepe-) Kommissie se Aanbevelings (CIRCoRe)

Die Komitee vir die Institusionele Reaksie op die (Khampepe-) Kommissie se Aanbevelings (CIRCoRe), wat in April 2023 gestig is, is verantwoordelik vir die Universiteit Stellenbosch (US) se verwerking van en reaksie op die verslag van die Khampepe-kommissie. CIRCoRE lei en monitor die Universiteit se reaksie op die aanbevelings in die verslag, en is ook gemoeid met die inwerkingstelling van en oorsig oor die aanbevelings. CIRCoRE is verantwoordelik vir die oorhoofse doelwitte, die daarstel van die rigting wat ingeslaan moet word, leiding, en die ge?ntegreerde koherensie en monitering van die proses. CIRCoRE lei, ko?rdineer en bestuur die institusionele reaksie-proses tydens die twee jaar waarin die komitee sal funksioneer. 

Die CIRCoRe-ko?rdineringskantoor hou toesig oor die verskillende dimensies van die proses, terwyl CIRCoRe se advieskomitee, met die Rektor aan die stuur en met die Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel as sekundus, die institusionele reaksie op die Khampepe-verslag sal ko?rdineer en monitor. Die CIRCoRe-proses sal minstens een keer per kwartaal verslag doen aan die CIRCoRE-advieskomitee. 

Sien asseblief Dokumente en verslae? vir die bepalings van die opdrag en die lede van elke werkstroom.


CIRCoRe se mandaat

Teen die agtergrond van transformasie as ’n institusionele prioriteit, is CIRCoRe se doel om dringende korttermynvoorstelle vir onmiddellike inwerkingstelling te ontwikkel. ’n Middellangtermynbenadering sal ook ondersoek word op grond van die ingewikkeldheid van organisatoriese veranderinge en die behoefte om hierdie veranderinge binne die bedryfskultuur van die instelling in te bed. Die aanbevelings van die reaksieproses sal direk na die Rektoraat gaan vir oorweging en implementering. 

Die CIRCoRe-proses is daarop gemik om verdere momentum en stukrag aan die US se transformasieagenda te bied en moenie as ’n byvoeging beskou word wat die bestaande transformasiestrukture van die Universiteit verontagsaam nie. Ons benadering is dat hierdie proses die werk van die bestaande strukture sal versterk, en ’n geko?rdineerde en gefasseerde implementeringsbenadering sal gevolg word. CIRCoRe sal ook gereeld aan die Rektoraat, Senaat, Raad en Institusionele Forum verslag doen.


Gesamentlike leierskapstruktuur

Vanaf Maart 2024 is ’n herrangskikking van die leierskapstruktuur van toepassing, naamlik:
 
  • Projekeienaar: Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier
  • Projekleier: Prof Nico Koopman, Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel
  • ?Projekko?rdineerder: Mnr Mohamed Shaikh, uitvoerende bestuurder van die Rektoraat
 
’n CIRCoRe-beheerkomitee, wat bestaan uit die hoofde van die vyf CIRCoRe-werkstrome – prof Kopano Ratele, prof Ronelle Carolissen, dr Leslie van Rooi, dr Sharman Wickham en mnr Phila Msimang – sowel as prof Koopman en mnr Shaikh, sal CIRCoRe op koers hou. Die beheerkomitee sal gereeld vergader.
 
Prof André Keet, Viserektor: Skakeling en Transformasie by Nelson Mandela Universiteit, dien as eksterne deskundige raadgewer.
 
Die CIRCoRe-advieskomitee sal CIRCoRe se werksaamhede op gepaste wyse rig en lei.
?

Werkstrome

Die CIRCoRE-proses sal korttermyn-voorstelle ontwikkel vir onmiddellike inwerkingstelling deur die vyf werkstrome. Die werkstrome is:
  1. Studentelewe/gemeenskappe
  2. Kurrikulum
  3. Institusionele kultuur
  4. Ras, menslike kategorisering en wetenskap
  5. ??Strategiese, organisatoriese belyning
Die werkstrome sal ook aanbevelings genereer wat oor die medium- en langtermyn ge?mplementeer kan word. Die aanbevelings van die reaksieproses sal deur die Rektoraat oorweeg en ge?mplementeer word.?
Carolissen.jpg

?Die eerste werkstroom is toegespits op Studentelewe/gemeenskappe. Dié werkstroom, met prof Ronelle Carolissen aan die stuur, sal op die hele spektrum van studentelewe konsentreer. Dit sal voorstelle ontwikkel wat belyn is met alle universiteitsomgewings wat vir die fasilitering van ’n inklusiewe studente-ervaring by die Universiteit verantwoordelik is.
Lees meer hier
Kyk na hierdie video?

Wickham.jpg

?Die tweede werkstroom fokus op die aanbeveling in die Khampepe-verslag om ’n verpligte kernkurrikulum-aanbod te ontwikkel. Dr Sharman Wickham lei hierdie werkstroom, wat daarop sal fokus om ons studente doelbewus in die Grondwetlike waardes van menseregte, nierassigheid, waardigheid en respek te onderrig.

Ratele.jpg

Die derde werkstroom, met prof Kopano Ratele aan die stuur, fokus op die belyning van die Universiteit se institusionele kultuur met ’n demokratiese menseregte-ingesteldheid. Hierdie werkstroom fokus op die wisselwerking tussen die ingewikkelde transformasie-infrastruktuur, wat regs-, beleids- en regulerende dimensies insluit asook die sagter aspekte van die instelling se funksionering.
Lees meer hier
Kyk na hierdie video?

Msimang

Die vierde werkstroom oor ras, menslike kategorisering en wetenskap, gelei deur mnr Phila Msimang, sal die US help om sy akademiese werk binne ’n demokratiese samelewing te heroorweeg. Dié werkstroom sal na belangrike wetenskaplike kwessies kyk wat verband hou met die gebruik van menslike kategorisering in beleid en navorsing.
Lees meer hier
Kyk na hierdie video?

vanRooi.jpg

Die vyfde werkstroom is toegespits op die vereenvoudiging en belyning van die Universiteit se strukture, beleide en regulasies ten einde transformasiekwessies meer doeltreffend te kan hanteer. Dr Leslie van Rooi lei hierdie werkstroom.
Lees meer hier
Kyk na hierdie video????

???