????????????????Welkom by die Departement Sportwetenskap??
Die Departement Sportwetenskap was die eerste van sy soort in Afrika. Die eerste hoof van die departement was dr Ernst Jokl, later opgevolg deur die ewe-legendariese dr Danie Craven. Die departement is in die pragtige Stellenbosch gele?. Dit beskik oor moderne fasiliteite wat laboratoria, beide buitenshuise en binnenshuise swembaddens, muurbalbane asook 'n moderne gimnasium insluit.
Die Departement Sportwetenskap se missie is om
- deur voortreflike onderrig en navorsing, studente tot uitnemendheid te lei om as leiers in hul vakgebied te kan funksioneer;
- kursusinhoude, navorsingsfokus en dienslewering op markgerigte behoeftes te fokus om sodoende die bre?r Suid-Afrikaanse gemeenskap te dien; en
- die fisieke bates en menslike hulpbronne tot voordeel van die departement, Universiteit en gemeenskap te benut.
Die volgende terreine is die fokus van navorsing in die departement:
- Biokinetika
- Sportprestasiebevordering
- Bewegingsgeletterdheid
- Gesondheids- en fiksheidsbedryf
- Sportgeskiedenis
- Sport vir persone met gestremdhede
-
Meer toekomstige gebeure volg binnekort
Vertoon alles ›
-
Geen kennisgewings om te vertoon. Verwys na
Kennisgewings
op US tuisblad.
Vertoon alles ›