'n Beperkte getal kandidate word tot die spesialiseringsrigting Prestasiesport, Kinderkinetika en Biokinetika toegelaat. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Julie. Raadpleeg die US-jaarboek, Opvoedkunde Deel 6.
Die primêre doel van die program is om die student toe te rus met navorsingsvaardighede binne die gebied van die Sportwetenskap met behulp van die beskikbaarstelling van navorsingsgeleenthede. 'n Sekondêre doel is om voornemende doktorale studente voor te berei vir gevorderde studie.Raadpleeg die US-jaarboek, Opvoedkunde Deel 6.
Die PhD-program het ten doel om ho?vlaknavorsingsgeleenthede vir studente in die Opvoedkunde beskikbaar te stel, om navorsingskundigheid te bevorder en om 'n oorspronklike en relevante bydrae tot wetenskaplike kennis deur wetenskapsbeoefening op 'n onafhanklike wyse te lewer. Raadpleeg die US-jaarboek, Opvoedkunde Deel 6.