Hier onder volg 'n opsomming in Afrikaans van SUNSEP se werksaamhede.
SUNSEP is die Sentrum vir Pedagogie in die Fakulteit Opvoedkunde.
SUNSEP se kernaktiwiteite word in drie hoofkomponente (Onderwyser Professionele Leer, Skoolgebaseerde Intervensies en Universiteitsvoorbereidingsprogramme) aangebied.
In die Voortgesette Professionele Leer-komponent is die aksies gemik op die verhoging van kapasiteit van Wiskunde- en Wetenskap-onderwysers sowel as bestuurslui verbonde aan laer- en ho?rskole asook amptenare verbonde aan Onderwysdepartemente se distrikskantore.
Die opleiding van hierdie persone geskied tans oorwegend deur middel van geakkrediteerde kortkursusse. Die proses om die formele opleidingskursusse in Wiskunde, Natuur-, Lewens- en Fisiese Wetenskappe by SAQA geregistreer te kry, nader voltooiing. In beide die kort- en langer kursusse, word daar hard gewerk om alle kwalifikasies ook e-leer gereed te maak.
In die Skool-gebaseerde Intervensies bied SUNSEP 'n pyplyn-benadering aan vir presterende leerders uit die laerskool via die ho?rskool na ho?r onderwys. Die ekstra klasse aan hierdie leerders is in Wiskunde en Wetenskappe en word op 'n Saterdag of gedurende skoolvakansies aangebied.
Hierdie pyplyn-benadering vir leerders loop uit in die twee Universiteitsvoorbereidingsprogramme wat deur SUNSEP aangebied word. Hope@Maties-program is die eerste-geleentheidprogram vir leerders wat tans in Graad 12 is, terwyl die SciMathUS-program 'n tweede-geleentheidprogram is vir leerders wat reeds Graad 12 geslaag het maar nie met hul eerste stel Graad 12-punte toegang kon kry tot ho?r onderwys of spesifieke kursusse in ho?r onderwys nie. Die Hope@Maties-program word ook op Saterdae of gedurende die skoolvakansies aangebied, terwyl SciMathUS 'n jaarlange program op die US kampus is.
Die vele navorsingsuitsette, konferensieoptredes, teenwoordigheid op provinsiale, nasionale en internasionale forums sowel die voortgesette strewe van SUNSEP-personeel om hul kwalifikasies te verbeter, is 'n duidelike aanduiding daarvan dat SUNSEP voortdurend daarna streef om haar werksaamhede op 'n akademies verantwoordbare grondslag plaas en om aan die voorpunt van die jongste ontwikkeling op die gebied van die onderwys te bly.?