肆客足球

Donors
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Beurse

??Die aanname dat alle US-studente vanuit welvarende agtergronde kom, is verkeerd. 'n Onlangse skatting van ons 'missing middle' het getoon dat 41% van ons studente in 2016 van huishoudings gekom het met 'n inkomste van R600 000 of minder per jaar.
 
In die 2016 akademiese jaar, ten spyte van die ontwrigting van die #FeesMustFall protesoptogte, het ons drie nuwe rekords. (i) Ons het 8 348 kwalifikasies toegeken, 6% ho?r as in die vorige jaar. Dit sluit in (ii) 1 468 meestersgrade, die meeste wat ons nog ooit toegeken het. En (iii) 278 doktorsgrade, ook 'n nuwe rekord. Van hierdie PhD's het 47% na swart swart-, bruin-, Indi?r- en Asiatiese kandidate gegaan - wat die Universiteit Stellenbosch se waardevolle bydrae as 'n nasionale bate bevestig: 'n Vertroude kennisvennoot vir 'n beter toekoms.
 
Meer as 'n derde van diegene wat gegradueer het - bykans 3 000 studente - het gedurende hul studie 'n vorm van finansi?le hulp ontvang. Ons waardeer die individue, stigtings en maatskappye wat ons studente help om hul drome te bewaarheid. Onderwys is regtig die beste belegging in die toekoms.
Universiteite in Suid-Afrika sukkel onder die kumulatiewe effek van kroniese onderbefondsing deur die staat oor 'n lang tydperk. Van 2000 tot 2015 het die subsidie wat ons van die staat ontvang het, van 41% tot 23% gedaal - uitgedruk as 'n deel van die totale inkomste. Bursaries_grads.jpg
 
Die Universiteit Stellenbosch neem egter proaktiewe maatre?ls om uitgawes te bekamp en om inkomste te genereer deur streng maatre?ls in te stel om wat tot besparings sal lei sonder om die gehalte van ons akademiese aanbod negatief te beinvloed.
 
Die Universiteit se derde- en vierde-stroominkomste (inkomste wat ons onsself genereer en donasies van weldoeners) het gestyg tot 51% van ons totale begroting. Baie min universiteite in die land kan dieselfde sê.
 
Die US was gelukkig om 'n toename in beide individuele skenkings en in fondse van nasionale korporasies en stigtings te sien. Die kwessies wat die afgelope tyd in ho?r onderwys geopper was - in protes en in volgehoue prestasie - het blykbaar gelei tot stof tot nadenke asook skenkings, en hiervoor is ons baie dankbaar.
 
Deur aan die Universiteit Stellenbosch te gee, belê u in 'n inklusiewe, innoverende en toekomsgerigte instelling, 'n plek van ontdekking en uitnemendheid waar personeel en studente denkleiers is om kennis te bevorder in diens van alle belanghebbendes.
 
?U ondersteuning stel ons in staat om saam vorentoe te beweeg - as 'n enkele gemeenskap, wat nie net uit bestuur, personeel, studente en alumni bestaan nie, maar ook donateurs, ondersteuners en vriende van die Universiteit.
 
  • Skakel met Candice Egan by +27 21 808 2711 of e-pos: eganc@sun.ac.za.