??????????????????????????????????????????????

?????????????????????????????????????????Ons Storie?

Met ons Afrikawortels en internasionale impak het die Universiteit Stellenbosch (US) ’n ware aanwins vir Suid-Afrika, ons vasteland en die res van die wêreld geword. As ’n florerende, transformerende en sistemies volhoubare universiteit, skep ons wêreldklaskennis en bly ons aan die voorpunt van tegnologiese innovasie. Deur ons relevante, impakryke navorsing reageer ons op die samelewing se behoeftes en hanteer ons die komplekse uitdagings van ons plaaslike omgewing, ons land, streek en die wêreld.

Ons 3 600 personeellede en 35 000 studente streef saam na ons visie om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees wat wêreldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend erken word en waar ons kennis tot diens van die samelewing bevorder. Ons stel uitnemendheid, deernis, billikheid, respek en verantwoordbaarheid op prys in alles wat ons doen. ?Ons is toekomsfiks, inklusief en samewerkend. So beweeg ons saam vorentoe. ???

Klik hier om meer te lees? ??
???
?

?? Ons wêreldklasfasiliteite?

???Ons voorpuntnavorsing word moontlik gemaak deur topklasfasiliteite. ?

Ons voorpuntnavorsing word moontlik gemaak deur topklasfasiliteite. Dít sluit in die Biomediese Navorsingsinstituut op Tygerbergkampus, die grootste en mees gevorderde navorsingskompleks van sy soort in die suidelike halfrond. Die Sentrum vir Epidemiereaksie en -innovasie, ’n leier in genoomreeksbepaling, is onder andere hier gele?, sowel as die Biobewaareenheid, wat die suidelike halfrond se eerste ten volle geoutomatiseerde biobewaarstelsel bevat.?
     

Die Jan Mouton Leersentrum is ’n model vir toekomstige kampusontwikkeling. Dié kontemporêre, meerdoelige fasiliteit bevat gevorderde tegnologie vir lesings, stroming, konferensies en gespreksklasse.
     

Ná onlangse uitgebreide opknappings bied die US Biblioteek etlike ultramoderne ruimtes om kennis te ontdek en te skep. Die biblioteek se Makerspace ondersteun verskeie innoverende aktiwiteite, van 3D skandering tot die ontwikkeling van klein robotika. ?
     

?

Die Wallenbergnavorsingsentrum by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing is uitgeknip vir grensverskuiwende navorsing. Die moderne fasiliteit spog met individuele en gemeenskaplike werkruimtes en ’n meerdoelige konferensieafdeling. ?
           

Ons verbintenis tot samewerking ?

Die US is ’n voorkeurnavorsingsvennoot in plaaslike, vastelands- en wêreldverband. ?

Die US is ’n voorkeurnavorsingsvennoot in plaaslike, vastelands- en wêreldverband. Ons het nagenoeg 320 vennote in 64 lande. Hierdie vennootskappe wissel van departementele en fakulteitsinisiatiewe tot algemene institusionele ooreenkomste om van die dringendste wêrelduitdagings sáám die hoof te bied. ?
     

Ons neem ook aktief deel aan verskeie ho?profiel- akademiese netwerke, waaronder die Globale Universiteitsalliansie oor die Klimaat (GAUC), die Universiteitskonsortium vir Globale Gesondheid (CUGH), die Europese Gilde van Navorsingsintensiewe Universiteite, die Venesiese Internasionale Universiteit, en die Internasionale Alliansie van Guangzhou-susterstaduniversiteite (GISU). Samewerkingshoogtepunte in Afrika sluit in die Afrikanavorsingsuniversiteitsalliansie (ARUA), Periperi U, die Afrika Instituut vir Wiskundige Wetenskappe (AIMS), die Vennootskap vir Afrika se Volgende Generasie Akademici (PANGeA), en NEPAD-ondersteunde inisiatiewe.?
         

?

Ons toewyding aan volhoubaarheid?

Die US is ten volle verbind tot nasionale volhoubaarheid en wêreldontwikkeling ??

Die US is ten volle verbind tot volhoubaarheid wat nasionale en wêreldontwikkeling sowel as ons eie institusionele stelsels betref. ?
     

Met die oog op volhoubaarheid op lands- en wêreldvlak strook ál ons strategiese navorsingsgebiede met Suid-Afrika se Nasionale Ontwikkelingsplan, die Afrika-unie se Agenda 2063-doelwitte en die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte. Op dié manier sorg ons dat ons akademieskap volhoubare ontwikkeling plaaslik, in ons streek én die res van die wêreld dien. Ons Sentrum vir Volhoubare-ontwikkelingsimpak (SDG/2063 Impaksentrum) vervul ’n kernrol om te sorg dat ons werk internasionale sowel as Afrikadoelwitte bevorder.?
      

In ons strewe na sistemiese volhoubaarheid ontwikkel ons die US op ’n manier wat ekologiese perke respekteer en die samelewing en die natuurlike omgewing versterk. Prioriteite sluit in minder koolstofvrystellings in ons werksaamhede, die gebruik van gryswaterstelsels, die installering van fotovolta?ese sonpanele, afvalherwinning, en die implementering van doeltreffender geboubestuurstelsels.
      

? ??
?
? ? ?

Ons studente-ervaring??

As ’n residensi?le universiteit, gaan ons voort met kontakklasse waar ons studente as medeskeppers van kennis by onderrig en leer betrek. Nietemin hou ons ook tred met die tye om ons leerruimtes uit te brei en nuwe kennismarkte oop te breek. ?

Wye Wi-Fi-dekking, regstreeks gestroomde lesings, ons Telematiese Dienste en die mobiele toepassing SUNLearn help ons die grense van ons onderrig versit. Ons hibridiese-leeraanbod en nuwe edX Stellenbosch-aanlynkursusportefeulje hou aan groei en bied selfs méér geleenthede om aan ons programme deel te neem. ?

Klik hier om meer te lees?? ??


?

Ons tien fakulteite?

Faculty-Agri-Sciences-Icon
Faculty-Economic-and-Management-Sciences-Icon
Faculty-Education-Icon
Faculty-Engineering-Icon
Faculty-Law-Icon
Faculty-Medicine-and-Health-Icon
Faculty-Military-Science-Icon

??? 

Ons akademiese uitnemendheid, navorsing en innovasie

??

Volgens die Departement van Ho?r Onderwys en Opleiding se amptelike syfers bly die US een van die mees navorsingsintensiewe universiteite in Suid-Afrika wat betref navorsingsuitsette per kop én altesaam.

Ons meer as 500 wetenskaplikes met ’n gradering van die Nasionale Navorsingstigting sluit 22 A-gegradeerde vakkundiges in, wat as toonaangewende internasionale navorsers beskou word. Deur die 50 navorsingsleerstoele en nege sentrums van uitnemendheid onder ons dak benut ons die US se sterkpunte om wetenskaplike oplossings vir werklike uitdagings te bedink. Sodoende het die Universiteit hom as ’n leier getoon op gebiede soos biomediese navorsing, wynbiotegnologie, veekunde, wiskundige biowetenskappe, indringerbiologie en vele meer. Daarbenewens versterk sowat 330 US-geregistreerde nadoktorale genote voortdurend ons navorsingswerk. ?
??Klik hier om meer te lees????

? ?
?






?

?


?

?

?
?

?

?
?

?

Ons kampusse?

Die Universiteit Stellenbosch het vyf kampusse in die Wes-Kaap?

?
? Saldanha Campus

Saldanha-k?ampus?

?? ?
?


?
?

?
?

?
??