肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
WeCode24 baan die weg vir ?n onder-na-bo-benadering tot tegniese vaardighede in Suid-Afrika
Outeur: Supplied
Gepubliseer: 06/03/2025

Deur haar betrokkenheid by ?n innoverende koderingsinisiatief vir leerders, is prof Rachel Jaftha van die Departement Ekonomie ?n toonbeeld van leierskap deur voorbeeld. Met behulp van die naskoolse program WeCode24, word die digitale skeiding onder Suid-Afrikaanse jeug oorbrug en gemeenskapskwessies die hoof gebied.

Suid-Afrika se onderwysstelsel word deur wesenlike uitdagings in die gesig gestaar. Volgens internasionale assesserings is ons leerders van die laagstes op die ranglys vir wiskunde en wetenskap. Baie studente verlaat die skool sonder ?n stewige basis in probleemoplossing of digitale vaardighede. Dit beperk hul toekomsgeleenthede en is ?n struikelblok vir nasionale ontwikkeling.

“Ons het eerstehands gesien hoeveel talentvolle kinders uit kwesbare skole nie universiteit toe kan kom nie weens ?n gebrek aan wiskundige hulpbronne,” het prof Jaftha oor haar vorige gemeenskapsinisiatief, die Rachel’s Angels-mentorskapprogram, gesê. Dié ondervinding het haar gemotiveer om hierdie studente op die een of ander wyse in staat te stel “om hul talente te ontdek en hulle op ?n baan te plaas waar hulle in die digitale ekonomie kan floreer”.

WeCode24 is in 2018 by die Universiteit Stellenbosch met ?n loodsprojek van stapel gestuur. Die aanvanklike projek het 100 leerders by vier hulpbronarm skole betrek en het van Turtle Graphics en toegepaste elektronika gebruik gemaak. Die resultate, wat deur die Departement Ekonomie se ReSEP-groep bevestig is, was só bemoedigend dat dit in 2019 na ?n webgebaseerde platform uitgebrei is.

Toe COVID-19 egter in 2020 toeslaan, het die grendeltyd reeds bestaande uitdagings soos infrastruktuurbeperkings duideliker uitgewys. “Dit het die behoefte aan ?n buigsamer model beklemtoon; een wat selfs gedurende niegekoppelde tye gebruikersvriendelik is,” het prof Jaftha opgemerk. In reaksie hierop het WeCode24 na ?n benadering oorgeskakel wat mobiliteit eerste stel.

Deur niegekoppelde materiaal te verfyn en leerderterugvoer gedurende opeenvolgende jare (2022-2023) daarby te inkorporeer, het WeCode24 merkwaardige groei getoon. Teen 2024 het dit van ’n klein loodsprojek tot ?n aktiewe inisiatief in 20 skole gevorder. Op dié wyse is kodering aan duisende leerders bekend gestel terwyl dit tot voortdurende belangstelling in tegniese beroepe gelei het. Dit is opmerklik dat van die vroe? deelnemers tegnologiese studierigtings op tersiêre vlak gekies het. Verskeie het selfs as mentors na onlangse HackFest-geleenthede teruggekeer – ?n bewys van WeCode24 se blywende impak op jong lewens.

In die vooruitsig vir 2025 is die inwerkingstelling van planne om die vlak van deelname tot sowat 40 skole te verdubbel en só WeCode24 se rol as transformerende krag in Suid-Afrika se opvoedkundige landskap verder te verstewig.

Inisiatiewe soos WeCode24 wat by ons eeufeestema “Transformasie van die Ekonomie en Samelewing” aansluit, toon hoe fakulteitslede daadwerklik daarna streef om wesenlike veranderings in hul gemeenskappe teweeg te bring. Sodoende verseker hulle dat almal ?n gelyke kans op sukses in die vinnig ontwikkelende tegnologiese landskap van vandag het.