Die Universiteit Stellenbosch Raad het op 15 April 2024 die begin van die proses vir die aanstelling van ‘? nuwe Rektor en Visekanselier aangekondig. Die huidige Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, bereik die einde van sy ampstermyn op 31 Maart 2025 nadat hy sy tweede vyfjaartermyn voltooi het.

 

"Die Raad het ? deursigtige en inklusiewe proses ge?nisieer. Die Raad is verbind daartoe om te verseker dat ons 'n uitnemende Rektor en Visekanselier aanstel wat die US in staat sal stel om sy visie om 'n wêreldgehalte navorsingintensiewe, multikulturele, meertalige, Afrika-universiteit in diens van die samelewing te wees kan vervul. Ons sien uit na die proses vorentoe.”

– Dr Nicky Newton-King, Voorsitter van die US Raad

Die Raad het ingestem tot ? soekproses wat insette sal insamel van sleutelbelanghebbendes oor die kandidaatprofiel wat die Raad behoort te oorweeg. In ooreenstemming met die relevante US Regulasie, behels die proses die aanwysing van ? ho?profiel Senioraanstellingskomitee met die verantwoordelikheid om ? kortlys van kandidate op te stel, voorsiening vir die kandidate op die kortlys om voorleggings aan die US Senaat en die Institusionele Forum te doen, en laastens dat die Raad onderhoude met die kandidate sal voer en ? finale aanstelling sal maak.

Dit word in die vooruitsig gestel dat die Raad in ? posisie sal wees om die suksesvolle kandidaat in September 2024 aan te kondig, sodat die nuwe Rektor en Visekanselier op 1 April 2025 die pos kan opneem.

?