肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

OPVOLG OOR DIE WILGENHOF-KOSHUIS: RAAD VRA VIR SKRIFTELIKE VOORLEGGINGS

Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het op Maandag, 24 Junie 2024 vergader en uitvoerig gedebatteer oor die aanbeveling van die Rektor, eenparig ondersteun deur die Rektoraat, dat die Wilgenhof-koshuis in sy huidige formaat moet sluit op grond van die hoofaanbeveling in die verslag van die paneel wat daarmee getaak was om ondersoek in te stel na die inhoud wat in twee vertrekke in die Wilgenhof-koshuis gevind is. Die Rektor se addisionele aanbeveling was dat die gebou as ’n opgegradeerde koshuis behou moet word.

Die paneel se geredigeerde verslag is hier beskikbaar.

Dit is verstaanbaar dat die ontdekking van ontstellende inhoud in twee vertrekke in Wilgenhof vroe?r vanjaar sterk en uiteenlopende reaksies van studente, ouers, alumni en ander belanghebbendes ontlok het. Die Raad is bewus daarvan dat menings oor die toekoms van Wilgenhof ten diepste verdeeld is. Dit sluit verskeie kwessies in, waaronder die interpretasie van tradisie en die behoefte dat alle praktyke by die Universiteit tot ’n inklusiewe universiteit moet lei waar alle belanghebbendes voel hulle kan behoort. Hierdie kwessies moet deeglik oorweeg word in die belang van regverdigheid, deursigtigheid en administratiewe geregtigheid, belyn met die US se visie en waardes.

Teen hierdie agtergrond het die Raad besluit die Rektor se aanbeveling noodsaak verdere oorweging en konsultasie.

Gevolglik nooi die Raad alle belangstellende en geaffekteerde persone en belanghebbendes uit om skriftelike voorleggings in te dien oor:

  1. Die kwessies wat die sluiting of nie-sluiting van Wilgenhof tot gevolg mag hê en wat oorweeg moet word.
  2. Wat die gevolge sou wees van die aanvaarding van die Rektor se aanbeveling wat betref die herontwerp van Wilgenhof as ’n gewysigde en/of opgegradeerde koshuis.
  3. Of daar alternatiewe vir die sluiting van Wilgenhof is wat redelikerwys die bekommernisse kan hanteer wat in die paneel se verslag uiteengesit is, en wat dit sou wees.
  4. Watter aanwysers die Raad moet gebruik om die sukses van hierdie alternatiewe te meet.

Voorleggings

  • Die tydperk vir die indiening van skriftelike voorleggings begin op Woensdag 26 Junie 2024 om 09:00.
  • Alle voorleggings moet skriftelik ingedien word teen 17:00 op Woensdag 31 Julie 2024 by hierdie skakel: https://forms.office.com/r/ry1FJA6GqA
  • Hierdie skakel verleen toegang tot ’n aanlyn platform waarop voorleggings gemaak kan word. Voorleggings mag slegs via hierdie platform ingedien word.
  • Voorleggings wat ná die sluitingsdatum ingedien word, sal nie aanvaar word nie.
  • Diegene wat voorleggings indien moet asseblief kennis neem dat dit nie nodig is om verskillende weergawes van dieselfde voorlegging in te dien nie. Die Raad gaan nie die voorleggings weeg op grond van die hoeveelheid voorleggings wat oor ’n kwessie ontvang is nie. Die voorleggings sal oorweeg word op grond van die meriete van wat voorgestel word.
  • Navrae kan per e-pos gerig word aan die volgende adres: wilgenhofrepresentations@sun.ac.za

Sodra die US Raad die geleentheid gehad het om die skriftelike voorleggings te oorweeg, sal die Raad aanbevelings maak oor die pad vorentoe.

Aanlyn voorleggingsplatform
?