肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dankie, Maties
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 14/12/2022

Ons skenkers is werklik fantasties en onder ons skenkers in die Verenigde Koninkryk (VK) en Ierland is daar vele Maties wat ruim aan beurse en ander steunprojekte skenk ter ondersteuning van hulle alma mater en studente, en om te verseker dat alle studente aan die Universiteit Stellenbosch toegang het tot wat ookal nodig is om suksesvol te wees.

Van Januarie tot November 2022 het ons Maties, vriende en skenkers in die VK en Ierland meer as R25m aan verskillende projekte en beurse aan die Universiteit Stellenbosch geskenk. Ek voel verootmoedig deur die vrygewigheid van ons skenkers en as jy nog nie een van ons skenkers is nie, is dit nooit te laat om te gee en ? verskil te maak nie – een Matie tot ? ander!

Jy kan ? skenking met ? belastingaansporing aan die Universiteit Stellenbosch maak, deur die Stellenbosch 肆客足球 SA Foundation UK (Liefdadigheidsorganisasie # 1107297). Skenkings deur belastingbetalers in die VK word met ? bykomende 25% deur die koninklike inkomste- en doeanediens (HMRC) aangevul as jy die skenking deur Gift Aid doen. Geen skenking is te klein om ? verskil te maak nie.

Klik die onderstaande skakel vir ? eenmalige skenking:

  •  Om een van die agt Bridge the Gap-projekte te ondersteun, kan jy hier skenk

As jy of jou maatskappy meer beduidend by die ondersteuning van beurse aan die Universiteit Stellenbosch betrokke wil wees, stuur gerus vir my ? e-pos sodat ons ? vergadering kan re?l om vas te stel wat jy in gedagte het en hoe ons jou skenkingsbehoefte by ? prioriteitsprojek aan die Universiteit Stellenbosch kan laat pas.

As jy soos ons Maties is wat die Londen na Brighton-fietsrit afgelê het (soos in die openingsartikel genoem), en jy wil dalk in 2023 deel van die Matiespan vir die Londen na Brighton-fietsrit wees en sodoende fondse deur fietsry werf, stuur vir my ? e-pos en ek sal vir jou al die nodige inligting vir registrasie stuur.

Dankie, Maties. Julle is almal wonderlike en ongelooflike individue, en saam kan ons ? verskil maak aan ons land en sy toekoms, die jeug, en die Maties van m?re.