肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vier susters gradueer in een week
Outeur: Corporate Communication and Marketing Division / Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 12/12/2022

Gradeplegtigheid 2022 aan die Universiteit Stellenbosch (US) sal in die geskiedenis van die De Lange-gesin van die Paarl opgeskryf staan as die jaar waarin ? reeks grade aan al vier die De Lange-dogters (van tussen 21 en 27 jaar oud) toegeken is.

Twee van dié sibbes het honneursgrade ontvang en die jongste twee, ? tweeling, elkeen ? B-graad.

Johanna Maria (Andria) de Lange (27), het ? BSc Hons: Kliniese Anatomie verwerf; Roné (24) ? BCom Hons: Bedryfsielkunde; Jani (21) ? BSc in Lewenswetenskappe en haar tweelingsuster, Mari, ? B-graad in Rekeningkunde.

Die viering was des te meer spesiaal omdat die vier vroue se ouers ook US-alumni is. Hul ma, Anna-Mari de Lange, het haar BA in politiek, filosofie en sosiologie in 1989 verwerf en hul pa, Johan de Lange, sy BSc Landbou in dieselfde jaar. 

Anna-Mari, ? tuisversorger, en Johan, wat as ? uitvoerende beampte by Kaap Agri werk, kon skaars met al die gradeplegtighede byhou – op Dinsdag 6 Desember, Woensdag 7 Desember en Donderdag 8 Desember – maar was nietemin daar om hul dogters te ondersteun en hul prestasies te vier.

Andria het hulde aan haar ouers gebring vir hul voortgesette steun en aanmoediging deur die jare. Die gesin is oorspronklik van Porterville, maar het in 2017 Paarl toe getrek.

“Ons ouers het al vier van ons grootgemaak om ons drome, ons passies en ons ideale na te jaag. Hulle het die waarde van ? opvoeding by ons gekweek en altyd benadruk dat ons ons opvoeding moet gebruik om ander te help. Ons gesinsfilosofie is om ander te help hoe ons ook al kan en in watter loopbaan ons ook al kies.

“Ons is uiters dankbaar vir ons ouers wat so hard gewerk het om aan ons die geleentheid te bied om onsself verder op te voed. Hulle moes talle finansi?le en emosionele uitdagings te bowe kom om dit vir ons moontlik te maak en woorde sal nooit genoeg wees om ons dank jeens hulle behoorlik te betuig nie. Hulle het sedert 2014 nog elke jaar ? kind gehad wat aan die US studeer het en twee van ons gaan ons studies in 2023 voortsit. Ons eer ons ouers werklik vir hul opofferings, leiding en ondersteuning en dat hulle soveel van hul eie drome prysgegee het om dit vir ons moontlik te maak om ons s'n na te jaag," het Andria gesê.

Volgens haar geniet al vier die De Lange-dogters hul studies geweldig. “Ons wil almal ons drome najaag en ? impak maak, of dit nou op klein skaal of op die groot verhoog is."

Volgende jaar gaan Andria haar studies aan die US voortsit met ? meestersgraad in anatomie.  Roné, wat graag ? bedryfsielkundige wil word, gaan aansoek vir poste in menslike hulpbronne doen. Jani, wat ? chirurgiese mediese verteenwoordiger wil word, hoop om ? nagraadse diploma in bemarking aan die US te doen en Mari gaan as ? klerk by ? rekenmeestersfirma in Middelburg in die Oos-Kaap begin werk.

Andria het ? BSc in Menslike Lewenswetenskappe voltooi en daarna, in 2017, ? nagraadse onderwysdiploma. Sy het by Paarl Gimnasium skoolgehou voordat sy ingeval het by Hilltop Legacy, ? organisasie sonder winsbejag wat in en om die Paarl werksaam is.

“My werkervarings het my laat besef ek het ? passie vir onderwys, gesondheidsorg en gemeenskapswerk. Ek het besef ek wil my passies belyn en die enigste manier hoe ek ? verskil op al daardie gebiede kon maak was om terug universiteit toe te gaan – en dis hoekom ek vanjaar my honneurs in anatomie gedoen het.

In 2023 gaan sy ? meestersgraad in anatomie doen met die oog daarop om ? lektor en akademikus te word. “Ek hoop om met my navorsing ? impak op die gesondheidsorgstelsel te maak en by gemeenskapswerk betrokke te raak – en ? meestersgraad is ? uitstekende platform om dit te doen."

Oor hoe hulle hierdie belangrike mylpaal vir al die susters gaan vier, het Andria gesê: “Ons is baie nederige, plat-op-die-aaarde mense. Vierings is gewoonlik meer ? oomblik van dankbaarheid, waar ons kyk na die jaar waar ons is, mekaar bedank, ons ouers bedank en God eer wat ons almal so ryklik gese?n het. Ons hoef nie na ? restaurant te gaan nie, maar sal eerder – voor ons op ons volgende reise vertrek – ons dankbaarheid vir hierdie jaar betuig."

? Verheugde Roné het gesê haar leuse is “kop af en swaai deur", met verwysing na ? sêding (wat gewoonlik op die gholfbaan gebruik word) wat haar ouers altyd met hul dogters gedeel het. Dit beteken “hou net aan beweeg". “Ek is werklik dankbaar vir my ouers wat my deur hierdie jaar ondersteun en ge?nspireer het om ondanks talle uitdagings aan te hou om hard te werk," het sy gesê.

Jani het gesê: “My graad het nie net my liefde vir en belangstelling in die mediese veld versterk nie, maar my ook die geleentheid gebied om wonderlike mense te ontmoet. Hierdie laaste drie jaar het my geleer hoe belangrik die ondersteuning van my gesin en vriende is. My ouers het my deur moeilike tye gemotiveer, positief gehou en my aan my einddoel herinner."

Mari het gesê: “Die afgelope jaar was met talle wonderlike herinneringe gevul, maar het ook talle uitdagings ingehou. Ondanks laasgenoemde het my ouers aangehou om my aan te moedig om hard te werk en my te ondersteun in elke tree wat ek gee. Ek sou nie gewees het waar ek vandag is as dit nie vir hulle was nie."