肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SciMathUS vervul kernrol in Timothy se sukses
Outeur: Daniel Bugan
Gepubliseer: 22/04/2022

Timothy Juries is goed op dreef om homself in die dierewetenskapsektor te vestig nadat die Universiteit Stellenbosch se SciMathUS-program hom 'n tweede kans op ho?ronderwysstudie gebied het. 

Die SciMathUS-universiteitsvoorbereidingsprogram gee ho?rskoolleerders wat reeds graad 12 geslaag het, maar nie vir ho?ronderwyskeuring kwalifiseer nie, 'n tweede kans om hul Nasionale Senior Sertifikasie (NSS) resultate in wiskunde, fisiese wetenskappe en rekeningkunde te verbeter. Dit stel hulle dan in staat om weer vir universiteitsprogramme aansoek te doen.

Nadat hy op ho?rskool by die US se Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP) se Eskom-ekspo vir Jong Wetenskaplikes betrokke was waar hy met personeel, dosente en navorsers te doen gekry het, was Juries vasbeslote om sy studies daar voort te sit. Maar swak matriekpunte het daardie plan in die wiele gery. 

“Ek het nie geweet wat om te doen en waarheen om te gaan nie en het baie depressief begin word. Maar toe ontdek ek die video van dr Gerald Maarman (wat in die SciMathUS-klas van 2003 was en vandag 'n dosent in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is). Ek het dadelik my ma gebel, maar kon nie by haar uitkom nie. Intussen het sy probeer om my in die hande te kry omdat sy 'n advertensie (oor die program) in Die Burger gesien het. Dit was net die motivering wat ek nodig gehad het om die program 'n kans te gee." 

Hy was aanvaar vir die SciMathUS-klas van 2013 en het daarin geslaag om sy punte vir wiskunde en fisiese wetenskap te verdubbel aan die einde van die jaar lange program. 

“Ek is baie dankbaar dat ek dié kans gekry het. In die begin was ek 'n bietjie moedeloos, want my vriende het as voltydse studente begin studeer terwyl ek nie kon nie. Maar ek is dankbaar vir my SciMathUS-mentor, mnr Lynthon Jacobs, wat ons gemotiveer het om beter te doen." 

Juries sê die program het hom verder aan die universiteitslewe blootgestel en sy besluit versterk om by die US aan te bly. 

In 2017 het Juries 'n BSc-graad (Molekulêre Biologie en Biotegnologie) aangepak, maar toe oorgeskakel na 'n PGDip in AgriWetenskappe “omdat ek besef het dat my passie in die veekundesektor lê". Hy het toe in 2021 'n MSc in Akwakultuur (Veekunde) voltooi “omdat ek groot potensiaal vir toekomstige navorsing en werksgeleenthede in dié veld gesien het". 

Hy werk tans as assistent-broeiplekbestuurder by Three Streams Holdings in Franschhoek waar hy verantwoordelik is vir die uitbroei van forel ova (eiers) en hul groei. 

“Ek is praktiese betrokke by die proses en dit daag my uit om innoverend te dink om uitsette en produksie te verhoog. Ek tel ook baie ervaring op, iets wat jy nie juis as student kry nie." 

Juries, wat afkomstig is van die Wes-Kaapse dorpie Atlantis waar werkloosheid, 'n gebrek aan behuising en misdaad groot uitdagings is, het gesê: “Ek kom uit 'n omgewing waar die vinnigste en maklikste manier om 'n bestaan te maak, is om by 'n bende aan te sluit en aan kriminele aktiwiteite deel te neem. Ek moes stroom-op swem om te kom waar ek vandag is. Ek kan net my familie en onderwysers bedank wat my ondersteun en gemotiveer het, en natuurlik SciMathUs wat ek sien as 'n reddingsboei vir kinders wat grootword in omgewings soos waar ek vandaan kom."