肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Tulio de Oliveira: op die spoor van epidemies en pandemies
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 11/04/2022

Wanneer die geskiedenis van die 肆客足球-pandemie eendag opgeteken word, sal bioinformatikus prof Tulio de Oliveira van die Universiteit Stellenbosch (US) se naam vir seker genoem word. Eers het hy in 2020 die Beta-variant van SARS-CoV-2 uitgeken. Sy uitwys van die Omikron-variant het in November 2021 gevolg, etlike maande nadat hy vanaf die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) na die US se Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke geskuif het.

Selfs voor die nuus oor Omikron die wêreld op hol gehad het, is De Oliveira reeds aangewys as een van die toonaangewende vaktydskrif Nature se tien invloedrykste wetenskaplikes van 2021. Hy het dié eer deels ontvang as stem teen sogenaamde “entstof-apartheid" en sekere lande se opberging van entstowwe. Hy maak ook sedertdien sy stem dik teen die manier waarop sekere lande wat belangrike 肆客足球 navorsingsdeurbrake gemaak het, deur andere gestraf is met byvoorbeeld streng reisbeperkings teen hulle.

De Oliveira is die 2022-ontvanger van die Goue Medalje van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad. In Maart vanjaar is sy span se vermo? om 肆客足球-variante te identifiseer en na te speur ook deur die invloedryke MIT (Massachusetts Instituut van Tegnologie) Technological Review aangewys as een van die tien belangrikste tegnologiese deurbrake van 2022. Einde Maart ontvang hy die Minister se Spesiale COVID-19-toekenning tydens die 7de Nasionale Batho Pele Toekennings van Uitnemendheid (Departement Staatsdiens en Administrasie).

Wetenskap is 'n spanpoging, wys De Oliveira dikwels vinnig uit. Hy het oor die afgelope 20 jaar 'n wêreldwye netwerk van medewerkers opgebou – van rekenaarwetenskaplikes, wiskundiges en statistici tot teoretiese fisici, kwantumrekenaarwetenskaplikes en medici wat daagliks met aansteeklike siektes werk.

Hy is reeds sedert die pandemie se begindae in die wetenskaplike kollig, ná hy die oorsprong en pad van verspreiding van die eerste Suid-Afrikaanse 肆客足球-gevalle uitgepluis het. Saam met sy KRISP-span (kort vir KwaZulu-Natal Research Innovation Sequencing Platform, sedert 2016 sy navorsingsgroep by UKZN) kon dié werk vinnig-vinnig gebeur. Dis danksy hul jarelange ondervinding in die geenvolgordebepaling en monitering van MIV-variante en siektes soos tuberkulose, Ebola en geelkoors.  

Vanjaar het De Oliveira en ander toonaangewende gesondheidskenners aan die US reeds talle ho?vlak besoekers ontvang by die miljard rand Biomediese Navorsingsinstituut (BMRI) van die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW). Onder dié besoekers was die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), dr Tedros Ghebreyesus, die Suid-Afrikaanse president, mnr Cyril Ramaphosa, en die Suid-Afrikaansgebore mediese sakeman en filantroop, dr Patrick Soon-Shiong.

Die BMRI op die Tygerberg-kampus word onder meer die tuiste van die ter stigte Sentrum vir Epidemiese Respons en Innovasie (SERI), waarvan De Oliveira die direkteur is. (Hy beklee ook aanstellings in die FGGW en die US se Fakulteit Natuurwetenskappe.) Personeel sal hier hul werk om bekende patogene en onbekende variante se genetika uit te pluis, voortsit. Hul werk, tesame met dié van ander groepe, sal bydra tot die ontwikkeling en produksie van entstowwe as deel van die nuwe mRNA entstof-tegnologieoordragfasiliteit in Kaapstad – 'n eerste van sy soort in Afrika om 肆客足球 entstof te vervaardig.

Balans is belangrik

De Oliveira is tans druk besig om 100 miljoen Amerikaanse dollar in te samel om intydse genomiese navorsing deur die BMRI en SERI te finansier. Sodoende sal Afrikalande nie net nuwe epidemies en pandemies beter kan opspoor nie, maar ook vinniger daarop kan reageer. Sover het hy al 'n vyfde vasgemaak van wat oor die volgende vyf jaar hiervoor nodig is.

Vir 'n gewone dag op kantoor is die netjiese pak wat hy gewoonlik dra om hooggeplaastes en die media te ontvang, nêrens te bespeur nie. Hy het in 'n gemaklike kortbroek al die pad van sy huis in Stellenbosch af fietsgery tot by die Mostertsdrift-kantore van die Suid-Afrikaanse Sentrum van Uitnemendheid vir Epidemiologiese Modellering en Analise (SACEMA) in Stellenbosch. Dis waar hy en van sy navorsingspan tans kantore deel – net soos hy daarvan hou.

Terwyl hy in die oopplankantoor werskaf om 'n nuwe slotstelsel aan sy fiets vas te maak, benadruk hy hoe belangrik balans in 'n mens se werkslewe is.   

“Elke keer wat die druk op ons verdubbel, vermeerder ons ook ons basiese geestesgesondheidprosesse. Dis al hoe ons die tipe druk wat ons ervaar, kan hanteer," verduidelik die poniestert-professor wat 'n afkeer het aan hi?rargiese strukture en op die voornaam aangespreek wil word.

Dié etos is vroeg reeds deur sy ma Maria, 'n siviele ingenieur, by hom ingedril nadat hy as sesjarige in 'n program vir begaafde kinders in Brasili? opgeneem is. Sodoende het hy regdeur sy skoolloopbaan oorgenoeg tyd gemaak vir tennis, rolskaats en basketbal tussendeur klasse oor rekenaars, programmering en kunsmatige intelligensie.

Hy was tien jaar oud toe sy oom vir hom 'n rekenaar geskenk het – een wat nog 'n televisie gebruik het as skerm. Dié se patetiese geheuekapasiteit van 16 KB RAM is uiters lagwekkend gemeet aan die grootskaalse rekenaarklusters en toonaangewende laboratoriums met geoutomatiseerde robotika vir DNS-ekstraksie waartoe hy deesdae toegang het.

Die BMRI se jongste “inwoners" is twee Illumina Novaseq 6000 DNA volgordebepalingsplatforms – die grootste van hul soort in die wêreld. Dis geskenk deur die Chan Soon-Shiong-familiestigting.

Daarmee kan die transdissiplinêre en transorganisatoriese SERI-span entstof-verwante studies doen, asook volgordebepalingswerk namens ander navorsingspanne wat kliniese kohortstudies doen. Genomiese opsporingswerk sal vir 21 Afrikalande gedoen word, en daarby sal hul wetenskaplikes ho?-vlak opleiding ontvang.

“Deur oor verskeie fakulteite en kampusse heen te werk kom die beste wetenskap na vore. Deur mediese dokters, laboratoriumtegnici, wetenskaplikes en kenners van groot data byeen te bring, kan ons die sogenaamde 'groot vrae' beantwoord," verduidelik De Oliveira in sy kenmerkende Portugese Engels.

“Die meeste van ons 'groot vrae' hou verband met epidemies soos 肆客足球, MIV en TB, asook minder bekende siektes wat algemeen in Afrika voorkom, soos geelkoors, Zika, Lasa, denguekoors, Ebola en die Chikungunya-virus."

Hy't ook reeds SERI se hulp aan president Ramaphosa aangebied om 'n ander Suid-Afrikaanse epidemie te bekamp: geslagsgebaseerde geweld. Forensiese personeel van die Suid-Afrikaanse Polisiediens sal bykomende opleiding ontvang om sodoende die geweldige agterstand in die ontleding van misdaadverwante DNS-monsters in te haal en oortreders agter tralies te kry.

Ondervinding

De Oliveira se belangstelling in die uitbreek van siektes het in 1997 in 'n virologielaboratorium by UKZN begin. Hy was maar nog net 'n junior student toe hy sy eerste navorsingsbeurs bekom het. Hy het saam met die Amerikaanse bioinformatikus Rob Miller sagteware geskryf om MIV-variante te klassifiseer. De Oliveira het in 2003 sy PhD aan UKZN verwerf, en het oor die jare reeds navorsing gedoen aan die Leuven Katolieke Universiteit, by die Wellcome Trust Sanger Instituut aan Cambridge Universiteit as 'n Royal Society Newton-genoot, en aan Oxford Universiteit as 'n Marie Curie-genoot.

Sedertdien het hy al WGO-beleidsdokumente help skryf en het reeds 50 miljoen dollar in navorsingsbefondsing ingesamel.

Tesame met sy huidige professorskap in die US se Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke is De Oliveira (onder andere) ook 'n geaffilieerde professor aan die Washington-universiteit se Departement van Globale Gesondheid. Hy dien steeds as direkteur van KRISP, en by UKZN as senior navorsingsgenoot van die Sentrum vir die Vigsprogram van Navorsing in Suid-Afrika. Hy is lid van die hoogste moontlike tegniese werkgroepe oor die opsporing van nuwe virusse en variante, skakel met van die sterkste wetenskapsnetwerke, en lei daarby die nasionale genomika opsporingsnetwerk waarvan agt Suid-Afrikaanse universiteite en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes lid is.

De Oliveira gebruik dikwels die woorde “pret" en “lag" as hy sy dagtaak beskryf waardeur hy sy belangstelling in biologiese en gesondheidswetenskappe met sy IT-vaardighede kombineer.

 Van jongs af het hy met vlie?nde vaandels deur skool en universiteit gekom, maar langs die pad was daar tog onderwysers en studieleiers wat hom as “te rebels" beskryf het, verklap hy.

Suid-Afrika is sedert die ouderdom van 21 sy tuiste, nadat sy ma, in haar jonger dae 'n vryheidsvegter in Mosambiek, na haar geboorteland teruggekeer het om die Verenigde Nasies te help met die oorloggeteisterde land se heropbou. De Oliveira en sy twee susters het Durban en sy mooie kuslyn gekies as plek om verder te studeer.  

Red lewens

Hy gebruik gereeld die vloed van medianavrae van regoor die wêreld om die belangrike navorsingswerk wat in Suid-Afrika gedoen word, uit te wys. Daarby voel hy sterk daaroor dat navorsers in Afrika meer respek verdien.

“Suid-Afrika en Afrika hoef nie blote navolgers in die globale wetenskapswêreld te wees nie.

“Ons langtermyn-mikpunt is om die sogenaamde 'brain drain' om te keer, om kenners hierheen te lok en om plaaslike talent te ontwikkel. En om 'n groot uitvoerder van die beste entstofverwante tegnologie, soorte terapie en diagnostiese metodes te wees, en om sodoende die wêreld te help.

Oor die politieke en ekonomiese uitval na Omikron se ontdekking sê hy gematigd: “Die President het vir ons as wetenskaplikes die groen lig gegee om die aankondiging te doen. Hy het benadruk ons moet deursigtig wees, en dat vinnige optrede in dié pandemie lewens red.

“Ons kon vinnig help sorg dat die wêreld reg is met 'n respons, insluitende Suid-Afrika. Op die ou einde was die vlaag minder dodelik. Ons het bewys dat vinnige, daadwerklike en ernstige optrede 'n verskil maak."

Die dreigemente wat De Oliveira en ander lede van die Suid-Afrikaanse gesondheidsgemeenskap daarna ontvang het, is niks nuuts vir dié navorser wat deur sy dag kom met 'n reeks grappies byderhand nie.

In 1998 het hy die onskuld help bewys van ses buitelandse gesondheidswerkers wat Libi? wou teregstel weens beskuldigings dat hulle meer as 480 kinders met MIV besmet het. Sy ontleding van die kinders se DNS het getoon dat die besmetting lank voordat die medici in Libi? begin werk het, reeds plaasgevind het.. Die bevindinge het in Nature verskyn, met De Oliveira as hoofskrywer. Meer as 100 Nobelpryswenners het dit onderskryf.

Internasionale druk het gevolg. Maande later, ná hul vrylating, het De Oliveira die eertydse gevangenes ontmoet – en sodoende vir die eerste keer tasbaar die gesigte gesien van diegene wie se lewens sy werk help red het.

  • ?Hiedie artikel is deur Engela Duvenage geskryf