肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#RegisterALL-inisiatief help met studiefooie
Outeur: Corporate Marketing/ Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 21/01/2016

Die Studentraad (SR) van die Universiteit Stellenbosch (US) het 'n inisiatief geloods om geldelike ondersteuning te bied aan studente, wat vir studies by die Universiteit aanvaar is, maar nie die aanvanklike studiegelde kan bekostig nie.

Die #RegisterALL-fonds is van vrywillige donasies afhanklik en die SR doen 'n beroep op die Maties-gemeenskap en die publiek om tot dié fonds by te dra.

Die US se kantoor vir beurse en lenings sal die fonds en die proses bestuur en fasiliteer.

SR-ondervoorsitter, James de Villiers, sê die #RegisterALL-inisiatief is 'n manier vir US-studente om seker te maak dat geen student weens geldnood verhoed sal word om aan die US te studeer nie.

"Die kwessie van duur registrasiefooie is nie net op US van toepassing nie, maar ook die land in geheel. Met dié inisiatief sê ons ons is bereid om deel van die oplossing te wees. Jou bydrae kan 'n verskil maak en ons help om elke student te registreer."

Die bestuur van die Universiteit Stellenbosch ondersteun die Studenteraad se inisiatief om studente met finansi?le uitdagings wat moet registreer by te staan. 

"Ons is baie opgewonde oor die inisiatief van die SR om geld in te samel vir studente wat vir studies by die US aanvaar is, maar nie voldoende fondse het om te registreer nie. Ons moedig alle personeel, alumni, studente en lede van die publiek aan om 'n donasie te maak vir dié wonderlike ondersteuningsprojek van die SR om onderwys vir almal toeganklik te maak. Die fonds sal deur die Universiteit se Kantoor vir Beurse en Lenings bestuur word," sê prof Arnold Schoonwinkel, Viserekor: Leer en Onderrig.

Die Universiteit se ondersteuning vir die inisiatief is natuurlik bo en behalwe die finansi?le ondersteuning wat reeds aan studente gebied word. In 2016 gaan die Universiteit nagenoeg R650 miljoen in beurs aanvoor- en nagraadse studente uitbetaal (merietebeurse ingesluit). Dit kom neer op 55% van alle inkomste uit studentegelde wat weer as beurse uitbetaal word.  

Verklaring van die SR is aangeheg.

Donasies kan in die volgende bankrekening gemaak word:

Standard Bank

Universiteit Stellenbosch

Rekeningnommer: 073 006 955

Takkode: 050610

Verwysing: RegisterALL - H494