肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die US groet Prof Stan du Plessis ná 25 jaar
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 28/05/2025

?“Stan gee ongelooflik baie om vir ons Instelling, en dit is hierdie liefde vir die Universiteit Stellenbosch wat sy passie vir ons bedrywighede gedryf het, veral om te verseker dat ons volhoubaar is vir die toekoms."

Met hierdie woorde het die Universiteit Stellenbosch (US) se Rektor en Visekanselier, prof Deresh Ramjugernath, prof Stan du Plessis, ons bedryfshoof, ná 25 jaar gevier. Du Plessis sluit in Augustus by Stadio Ho?r Onderwys aan as Hoof Uitvoerende Beampte.

"Stan is baie dinge. 'n Makro-ekonoom, 'n uiters begaafde akademikus, 'n gerespekteerde institusionele leier, en iemand wat die US met ongelooflike konsekwentheid, diepte en integriteit gedien het," het Ramjugernath op Vrydag, 23 Junie by 'n spesiale funksie op Nooitgedacht-landgoed gesê.

"Oor die afgelope vier en 'n half jaar het ek die voorreg gehad om nou saam met Stan te werk. Wat altyd vir my uitgestaan het, is sy ongelooflike teenwoordigheid, sy helderheid van denke, en die manier waarop hy energie en fokus na enige situasie bring, selfs in die mees ingewikkelde situasie; of dit nou 'n moeilike beleidsdebat of 'n komplekse bedryfsuitdaging was, Stan se bydraes was van onskatbare waarde, en met absolute akkuraatheid, kon hy strategiese en deurdagte oplossings bied. Stan het vir die grootste deel van 'n kwarteeu hierdie instelling uitmunted gedien. Hy was oor die afgelope dekade, 'n belangrike hoeksteen van die US; iemand wat met integriteit en passie gelei het en generasies van professionele persone, studente en eweknie? be?nvloed het. Dit is selde is om iemand te vind wat sulke onbaatsugtige toewyding en leierskap beliggaam."

"Hy gee om vir impak en het nie slegs op uitkomste gefokus nie. So het hy gehelp om 'n meer deurdagte, responsiewe, en (nog meer belangrik) veerkragtige Universiteit te bou. Stan, ek wil jou bedank vir jou leierskap, jou onvermoeide werksetiek, jou insig en jou humor. Jy het meer gegee in jou tyd hier. Vir jou bedagsaamheid, jou stabiele hand, en, belangriker, jou hartstog vir die Universiteit van Stellenbosch en die bre?r universiteitsgemeenskap, wil ek ons diepste waardering uitspreek. Vir alles wat jy vir hierdie instelling gedoen het, en hopelik vorentoe nog gaan doen. Hierdie is miskien die einde van jou hoofstuk as die Uitvoerende Bedryfshoof van die US, maar jou nalatenskap is deel van die Instelling se bouwerk."

Du Plessis het die gaste toegespreek en die Universiteit, sy kollegas en vriende bedank vir 'n lang en ryk loopbaan by "hierdie Universiteit waarvoor ons so lief is". "Ek is ongelooflik romanties oor universiteite, veral nadat ek op laerskool my eerste Universiteit besoek het: die Empire-kampus van Wits. Daardie besoek het my 'n blywende indruk op my gelaat vanwe? die grootsheid daarvan."

Deur sy ervaring van die US te deel, het Du Plessis Alfred North Whitehead, 'n Engelse wiskundige en filosoof, aangehaal waar hy skryf dat 'n universiteit se ware doel nie slegs is om inligting oor te dra nie, maar om dit met die lewensvreugde te verbind. Dit bring verskillende generasies byeen in verbeeldingryke en passievolle leer en transformeer blote feite in betekenisvolle en inspirerende idees. Sonder hierdie kreatiewe en energie-tyke gees verloor 'n universiteit sy rede om te bestaan.

"Ek kry binnekort die kans om die ontwikkeling van 'n nuwe universiteit te lei, iets wat ek baie na uitsien. Die doelwit is om te verseker dat ons kennis op 'n verbeeldingryke wyse oordra en die verband tussen kennis en lewensvreugde versterk," het Du Plessis gesê.

Vir hom behoort die US sy twee kernprioriteite onverbiddelik te handhaaf: akademiese uitnemendheid en institusionele integriteit. "As 'n akademiese instelling spruit ons impak op die samelewing uit die gehalte van ons vakkundiges (scholars) en die geleenthede wat ons vir studente skep. Dit moet altyd eerste kom. Akademiese uitnemendheid is net moontlik as ons almal saam daartoe verbind is om die integriteit en onafhanklikheid van die instelling te beskerm deur gesonde bestuur, slim operasionele besluite te neem en onwrikbare etiese standaarde te handhaaf. Hiersonder loop ons die gevaar om die Universiteit werklik waardevol te maak."

Du Plessis het die Universiteit, kollegas en belanghebbendes – sy bestuurspan – bedank vir hul ondersteuning en samewerking oor die jare, veral oor die afgelope sewe en 'n half jaar in sy pos as bedryfshoof. "'n Baie lonende aspek van hierdie pos was die kans om kollegas in die Universiteit te ontmoet wat selde, of moontlik nooit, jou pad as akademikus sou gekruis het nie. Hulle is van die mees kundige en toegewyde mense wat die universiteit laat werk. Ek dink aan mense soos Niven Adonis en Chantal van Rooi, Doris Peters, Keegan van Aarde, Lizzy de Beer, en vele ander."

Seremoniemeester, Ronel Retief, die US se Registrateur, het Du Plessis vereer vir sy ongelooflike bydrae tot die US, met vermelding van “sy ongelooflike energie, sy integriteit en moed, sy uitmuntende teenwoordigheid, beide intellektueel en fisies, en sy rooi of oranje dasse wat dit onmoontlik gemaak het om hom nie raak te sien nie".

"Stan lees makro-ekonomiese beleidsdokumente vir ontspanning. Hy laat 'n gesprek oor monetêre teorie soos 'n kaggelstorie klink. En glo my, net Stan kan fiskale beleid verander in iets wat jou aandag tussen voorgeregte en nagereg kan hou. Hy kan werklik oor byna enigiets praat en jy sal aan sy lippe hang. Sy algemene kennis is legendaries. As jy al ooit buite sy kantoor gestaan het, sou jy soms 'n Gregoriaanse dreunsang, of triomfanklike orrelmusiek kon hoor speel. Sy entoesiasme vir die lewe is voorwaar aansteeklik."

Prof Eugene Cloete het die gehoor deur 'n warrelwind van uitdagings geneem wat Du Plessis in sy termyn as Uitvoerende Bedryfshoof moes verduur, soos #FeesMustFall, Dag Zero, beurtkrag, geboue en koshuise wat in vlamme opgegaan het en COVID-19 – alles oor 'n bestek van agt jaar. "Jou leierskap was kalm en moedig. Jou strategiese insig, gegrond op akademiese uitnemendheid, en 'n pragmatiese begrip van operasionele realiteite, het gehelp om hierdie Universiteit deur onstuimige waters te stuur."

Cloete het Du Plessis vereer vir die verowering van die toekenning vir uitsonderlike akademiese prestasie as een van die US se top 50 navorsers, drie keer agtereenvolgens terwyl hy Uitvoerende Bedryfshoof was. "Jy het die groot prentjie gesien, sonder om die fyn besonderhede of die mense daaragter oor die hoof te sien. Jou deur was altyd oop, jou woorde goed deurdink, en jou optrede altyd gelei deur 'n diep verantwoordelikheidsin teenoor hierdie Universiteit en die gemeenskap wat dit dien. Jy het ons daaraan herinner dat leierskap nie 'n posisie is nie, maar 'n diens. Jy het met waardigheid, dissipline en visie gedien. Soos jy nou 'n nuwe bladsy begin, glo ons die hoofstukke wat gaan volg, gaan net so boeind wees soos jou loopbaan by die US. Ons wil hê dat jy moet onthou jou nalatenskap is hier veilig," het Cloete gesê.

In 'n spesiale huldeblyk aan Du Plessis het emeritusprofessor Anton van Niekerk sy bydraes uitgelig, insluitend "sy indrukwekkende vermo? om sy merkwaardige kennis van die geskiedenis van ekonomiese denke toe te pas op die behoeftes van ons huidige kennisekonomie".

Ramjugernath het die aand se verrigtinge afgesluit deur 'n spesiale geskenk aan Du Plessis te oorhandig: 'n kaggelhorlosie, as 'n simbool van sy toewyding en nalatenskap by die Instelling. Die horlosie is aanvanklik in 1896 aan professor MacDonald ('n wiskundeprofessor op Stellenbosch) geskenk en dit was vir agt jaar in Du Plessis se kantoor. "Stan se liefde vir horlosies is welbekend. Hy het dit op homself geneem om omtrent elke meesterstuk of horlosie wat hy kon vind te laat restoureer, en hulle het hul weg gevind na Admin B. Ons is baie dankbaar hiervoor Stan. Dit is pragtig om die klokkespel van hierdie fantastiese antieke horlosies te hoor wat weer lewend gemaak is deur jou vasberadenheid en liefde vir hierdie indrukwekkende antieke horlosies."

In sy slotopmerking het Du Plessis weer Whitehead aangehaal wat gesê het: “More than two thousand years ago, the ancients symbolised learning by a torch passing from hand to hand down the generations. That lighted torch is the imagination of which I speak. The gift which the 肆客足球 has to offer is the old one of imagination, the lighted torch which passes from hand to hand."

“Dit was 'n voorreg en eer om hierdie fakkel vir 'n rukkie in Stellenbosch te dra, en nou oorhandig ek dit aan julle, vol vertroue dat julle na dit sal kyk en dit helder laat skyn," het Du Plessis afgesluit.