肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
’n Dag in die lewe… Angelo McKerry
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 12/05/2025

?Met ons jaarlikse reeks #dagindielewe, wat in Mei ter viering van Werkersdag verskyn, vestig ons spesiaal die aandag op ons personeellede by die Universiteit Stellenbosch (US). Vanjaar stel ons jou bekend aan professionele administratiewe steundienstepersoneel wat 'n tasbare verskil in studente se lewens maak.

Angelo McKerry van US Internasionaal maak lewensveranderende geleenthede moontlik en help vorm die volgende geslag wêreldkundige gegradueerdes. McKerry, wat as ko?rdineerder van Uitwaartse Studentemobiliteit dien, vertel ons meer oor sy rol by die Universiteit. 

Wat behels jou werk by die US?
My hoofverantwoordelikheid is om studente toegang tot waardevolle internasionale uitruilervarings te help kry. Ek bestuur die hele mobiliteitsproses, van die bemarking van beskikbare geleenthede en die hantering van aansoeke en keuring, tot deurlopende kommunikasie met studente en ons wêreldwye vennootinstellings.
'n Kerndeel van my rol is om studente te help om uitruilbestemmings te kies wat by hulle akademiese doelwitte, persoonlike belangstellings en toekomsdrome pas. Ek werk sy aan sy met akademiese departemente en fakulteite om te sorg dat elke uitruil akademies relevant en kredietdraend is. Ek werk ook gereeld saam met internasionale kantore by vennootuniversiteite om sterk institusionele bande te smee en vlot benoeming- en toelatingsprosesse te verseker.
Nietemin eindig my ondersteuning nie wanneer ons studente Suid-Afrika verlaat nie. Ek bly deur hulle hele uitruilbesoek beskikbaar vir enige bystand.
 
Hoe lyk 'n tipiese dag by die werk?
Elke dag is anders in my kantoor. 'n Tipiese dag begin dalk met die beantwoording van e-posse, die bywoning van vergaderings, en ook individuele konsultasies en persoonlike voorleggings in fakulteite met studente wat 'n uitruil oorweeg. Hierdie gesprekke is dikwels die eerste stap om 'n student se belangstelling in 'n konkrete, haalbare plan te omskep.
In die loop van die dag kontroleer en verwerk ek ook aansoeke, skakel met vennootuniversiteite om studenteplasings te ko?rdineer, en werk programinligting en mobiliteitsriglyne by om nuwe vennootskappe en ander, tersaaklike veranderinge te weerspie?l. Boonop werk ek saam met kollegas deur die hele Universiteit om mobiliteitsprosesse met ons instelling se groter internasionaliseringsdoelwitte te belyn.
Die beplanning en aanbieding van ori?ntering- en inligtingsessies voordat studente vertrek, is nóg 'n kernaspek van my werk, en so ook die fasilitering van terugkeersessies. Laasgenoemde bied studente 'n ruimte om oor hulle ervarings te besin, terugvoer te gee, en te bepaal hoe om hulle internasionale blootstelling in toekomstige akademiese of professionele geleenthede te benut.
Elke dag is 'n kombinasie van studenteskakeling, strategiese ko?rdinering en voortgesette verbetering – alles met die oog daarop om betekenisvolle internasionale ervarings vir US-studente moontlik te maak.

Hoe het jou opleiding of vorige ervarings jou vir dié werk voorberei?
Ek werk sedert 2013 in die ho?r onderwys, en my akademiese agtergrond in Sielkunde en Opvoedkunde het 'n grondslag gelê vir my rol in studentemobiliteit. Sielkunde het my 'n dieper begrip gegee van studente se ontwikkeling, motivering, en die moontlike emosionele uitdagings van buitelandse studie, soos kultuurskok, verlange en identiteitsverskuiwings. Hierdie insig help my om empatiese, studentegerigte steun te bied wat verder as die logistieke aspekte van uitruilgeleenthede strek.
My studie het my met vaardighede op die terrein van advisering, kurrikulumbegrip en inklusiewe leer toegerus, wat noodsaaklik is om studente met akademiese beplanning en kredieterkenning in 'n internasionale konteks by te staan. Dit het my ook help verstaan hoe verskillende onderwysstelsels funksioneer, en hoe om gapings te oorbrug vir studente wat tussen daardie stelsels beweeg.

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US?
Een van die bevredigendste fasette van my rol is om deel te wees van 'n student se transformerende reis. Dis 'n voorreg om te sien hoe hulle groei van die vroe? fases van senuagtige opwinding en onsekerheid tot selfversekerde, globaal ingestelde individue wanneer hulle terugkeer. Dit is ongelooflik vervullend om studente te help om daardie sprong uit hulle gemaksones te neem, onbekende omgewings te betree, en hulle in verskillende kulture te verdiep. Jy kan agterkom hoe hulle perspektiewe oor die wêreld, maar veral ook oor hulleself verander, en dit is 'n voorreg om selfs net 'n klein bydrae tot daardie persoonlike en akademiese evolusie te lewer.
Wat dit selfs méér betekenisvol maak, is dat hierdie werk nie in afsondering gebeur nie. Die US is sterk en opreg toegewy aan internasionalisering as deel van ons groter visie vir inklusiewe en transformerende onderwys. Om deel te wees van daardie missie, saam met passievolle en samewerkingsgesinde kollegas wat almal werklik in die waarde van internasionale skakeling glo, skep 'n uiters motiverende en ondersteunende werksomgewing. Saam ko?rdineer ons nie net logistiek nie; ons maak lewensveranderende geleenthede moontlik en help vorm die volgende geslag globaal bevoegde, maatskaplik bewuste gegradueerdes.

Vertel ons iets opwindend oor jouself wat min mense sou verwag.  
Ek het op die klein dorpie Matatiele grootgeword en by Ho?rskool King Edward skoolgegaan. Een re?l uit my skoolgetuigskrif het my oor die jare bygebly: “Angelo was nog altyd 'n stil en beskeie leerder." Ek het nie destyds besef in watter mate daardie sin uiteindelik my reis sou weerspie?l nie – 'n reis van stille groei, leer en ontwikkeling tot iemand wat groot vreugde daaruit put om die wêreld te verken en met mense op alle lewensterreine te skakel.
Ek kom uit 'n hegte gesin vir wie waardes soos konneksie, nederigheid en leergierigheid altyd deel was van die lewe. Daardie vroe? lesse – om werklik te luister, albei voete op die aarde te hê, en ontvanklik te wees vir nuwe ervarings – be?nvloed steeds hoe ek met die wêreld omgaan, sowel persoonlik as professioneel.
Namate ek ouer geword het, het daardie stille leergierigheid tot 'n liefde vir reis en kulturele skakeling ontwikkel. Ek was aangetrokke tot ruimtes waar mense oor skeidslyne heen ontmoet, waar verhale vertel word, en waar leer ook ver buite die klaskamer gebeur. Dít het my na internasionale onderwys gelei, nie net as 'n loopbaan nie, maar as 'n roeping.
Ek praat Engels, Afrikaans en Xhosa, en elk van hierdie tale stel my in staat om betekenisvol met mense uit uiteenlopende omstandighede om te gaan. Ná byna 16 jaar in Kaapstad is dié lewendige stad met al sy verskillende fasette nou huis. Die Moederstad se energie, kompleksiteit en vermo? om sowel skoonheid as stryd te omvat, het my gevorm op maniere wat ek nog ontdek.

FOTO & VIDEO: Ubaid Abrahams