肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
’n Dag in die lewe… Jongisizwe Ndlebe
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 12/05/2025

Met ons jaarlikse reeks #dagindielewe, wat in Mei ter viering van Werkersdag verskyn, vestig ons spesiaal die aandag op ons personeellede by die Universiteit Stellenbosch (US). Vanjaar stel ons jou bekend aan professionele administratiewe steundienstepersoneel wat 'n tasbare verskil in studente se lewens maak.

As 'n administratiewe beampte in die Nagraadse Finansieringskantoor, help Jongisizwe Ndlebe nagraadse studente finansi?le hindernisse te bowe kom deur hulle met beurs- en finansieringsprosesse by te staan en 'n ondersteunende omgewing te skep waar hulle kan floreer en gradueer.

Wat behels jou werk by die US? 

My rol as 'n administratiewe beampte draai daarom om nagraadse studente toegang te help kry tot finansieringsgeleenthede wat hulle in staat stel om suksesvol te studeer en te gradueer. Dít sluit in om belangrike beursprogramme soos die HB & MJ Thom-beurs te administreer, finansieringsverwante navrae te hanteer, akkurate inligting op ons webtuiste by te hou, en seker te maak dat beursuitbetalings doeltreffend op SUNStudent verwerk word. Ek help skakel ook met interne en eksterne rolspelers, soos deur finansieringswebinare te re?l en verslae saam te stel, en ek dra tot vereenvoudigde kantoorprosesse by deur standaardbedryfsprosedures te ontwikkel. Uiteindelik gaan my rol daaroor om finansi?le hindernisse vir studente uit die weg te ruim en hulle algehele ervaring by die Universiteit te verbeter.

Hoe lyk 'n tipiese dag by die werk? 

My dag behels gewoonlik 'n kombinasie van studenteskakeling, administratiewe verantwoordelikhede, en samewerking met kollegas. Ek begin meestal deur nagraadse studente se finansieringsnavrae deur te werk en daarop te reageer, en hulle die nodige ondersteuning te gee om die verskillende finansieringsmoontlikhede te verstaan. Die hele dag deur behartig ek ook beursadministrasiepligte – die verwerking van betalings, die bywerk van inligting op SUNStudent, en skakeling met Studentegelde om te sorg dat beursgeld betyds uitbetaal word.

Daarbenewens ruim ek tyd in om die jongste finansieringsinligting op ons webtuiste en kommunikasieplatforms te laai, vergaderings te re?l, en dokumente soos agendas, notules of verslae voor te berei. Ek bied ook party dae finansieringswebinare aan of neem deel aan strategiese beplanning om ons dienste te verbeter. Die kern van ál my pligte is om struikelblokke uit die weg te ruim en 'n meer toeganklike en ondersteunende ervaring vir nagraadse studente by die US te skep.

Hoe het jou opleiding of vorige ervarings jou vir dié werk voorberei?? 

My akademiese reis het my 'n sterk grondslag in kommunikasie, kritiese denke en gemeenskapskakeling gegee. Ek het 'n BA-graad aan die Universiteit van Wes-Kaapland en 'n Nagraadse Diploma in MIV/Vigs-bestuur aan die US verwerf, en ek werk tans aan my MPhil in MIV/Vigs-bestuur.

Deur hierdie kwalifikasies, sowel as my werkservaring in die Nagraadse Finansieringskantoor sedert 2020, het ek 'n diep begrip ontwikkel van studentebehoeftes, veral die sistemiese en sosio-ekonomiese uitdagings waarvoor studente te staan kom. My opleiding het my geleer om steundienste met empatie, professionaliteit en 'n oplossingsgerigte ingesteldheid te benader. Ek het ook praktiese vaardighede in ko?rdinering, kommunikasie en belanghebbendeskakeling opgedoen, wat alles noodsaaklik is in my daaglikse werk om studente by te staan en tot 'n ondersteunende en inklusiewe universiteitsomgewing by te dra.

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US? 

Wat ek die meeste geniet, is die geleentheid om 'n tasbare verskil in studente se lewens te maak. Om studente toegang te help bekom tot finansiering waarmee hulle dan hulle akademiese doelwitte kan bereik, is uiters bevredigend. Ek vind sin daarin om bystand te bied, na studente se finansieringskwessies te luister, en hulle hierdie dikwels stresvolle deel van die nagraadse reis te help hanteer.

Die Universiteit is boonop 'n samewerkingsgerigte en dinamiese omgewing waar voortdurende leer aangemoedig word. Ek waardeer die sterk gemeenskapsgevoel onder kollegas, en die gemeenskaplike verbintenis tot studentesukses. Dis vervullend om te weet dat die werk wat ons doen 'n meer inklusiewe en ondersteunende akademiese ervaring vir studente help skep.

Vertel ons iets opwindend oor jouself wat min mense sou verwag.  

Ek's mal oor hip-hop! Dis my gunstelingmusiekgenre. As ek ooit op 'n eiland gestrand moet wees, sal ek net DMX speel om te oorleef.

FOTO: Ubaid Abrahams