Baie ouers in die Kaapse Metropool, veral dié in laerinkomstegebiede, is baie bekommerd oor die veiligheid van hulle kinders wanneer hulle skool toe reis.
In ? nuwe studie deur navorsers van die Departement Siviele Ingenieurswese en die Departement Ekonomie van die Universiteit Stellenbosch is ondersoek hoe besorg ouers in die Kaapse Metropool oor hulle kinders se veiligheid op paaie in verskillende gebiede is. Faktore wat tot hulle bekommernisse bydra, is ook ge?dentifiseer.
Hulle bevindings is onlangs in die Journal of Child and Family Studies gepubliseer.
Die navorsers wou ouers ? kans bied om hulle stem te laat hoor en het ouers van kinders van 19 skole in laer- en ho?rinkomstegebiede regoor die Kaapse Metropool gevra hoe besorg hulle oor die veiligheid van kinders op die paaie in hulle gebied is, asook oor die spesifieke faktore wat hierdie gebiede onveilig maak vir kinders op pad skool toe en terug. Die skole is verdeel in Groep A (gebiede met gereelde voetgangerongelukke) en Groep B (gebiede met geen onlangse ongelukke waarby voetgangers betrokke was nie).
“Dit is interessant dat die resultate toon dat die meeste ouers oor hulle kinders se veiligheid op pad skool toe bekommerd is, ongeag die area. Meer as 40% (43,8%) van ouers in die steekproef het gemeld dat hulle 'baie bekommerd' is en 42,3% was ? 'bietjie bekommerd'. ? Klein groepie (13%) was 'glad nie bekommerd nie'. “Ouers in gebiede met baie ongelukke (Groep A) was aansienlik meer bekommerd as dié in gebiede met minder ongelukke (Groep B)," het die navorsers gesê.
Hulle het bevind dat ouers van kinders wat skool toe stap, die hoogste vlak van kommer beleef. Diegene wie se kinders openbare vervoer gebruik, is ook meer bekommerd as ouers van kinders wat van private vervoer gebruik maak.
“In die Groep A-skole het meer as driekwart (77,4%) van die kinders skool toe gestap, terwyl net 9,1% van taxi's of private motors gebruik gemaak het. Daarteenoor is die meeste van die kinders in Groep B (95,9%) met ? private voertuig vervoer en het slegs ? handjievol gestap of van ? minibustaxi gebruik gemaak."
Die navorsers het bevind dat verkeerstoestande ? groot bekommernis vir ouers in beide groepe is. Motoriste wat jaag, roekelose bestuur, swak infrastruktuur en swaar verkeer is die grootste bronne van kommer. Kommer oor veiligheid kom ook in beide groepe voor, insluitend misdaad, bende-aktiwiteite, onvoldoende polisi?ring en ? gebrek aan kindertoesig.
Volgens die navorsers was daar ? paar verskille tussen die groepe. “Terwyl ouers in Groep B meestal bekommerd was oor onveilige bestuur en verkeerskwessies en minibustaxi's, was dié in Groep A bekommerd oor misdaad- en veiligheidskwessies, onveilige bestuur, maatskaplike probleme in die buurt en die gebrek aan sypaadjies.
“Ouers van kinders wat skool toe stap, veral dié in laer sosio-ekonomiese gemeenskappe, se grootste bekommernis is die gebrek aan sypaadjies en beligting, asook oor voetoorgange wat swak geplaas is – ook ? bron van kommer vir ouers wie se kinders fietsry. Daarteenoor was ouers van kinders in Groep B-skole minder krities oor die fisiese omgewing en het meer gefokus op algemene padveiligheidsrisiko's wat ander bestuurders inhou."
Die navorsers sê ofskoon ouers bekommerd is oor die manier waarop hulle kinders skool toe reis, is daar nie veel wat hulle op hul eie kan doen om die situasie te verbeter nie. Hulle het doelgerigte ingryping nodig.
“Ouers het ? beroep gedoen dat padveiligheidsmaatre?ls strenger afgedwing word, veral teen dronk bestuurders en minibustaxi's. Voorts het hulle kreatiewe oplossings bepleit, soos veilige sypaadjies, insluitend beter padtekens, voetoorgange en beter bestuur van spoed (deur middel van laer spoedperke, verkeersligte en die bou van spoedbulte), stapgroepe en beter skoolvervoer. Hulle kommer oor veiliger paaie vir hulle kinders moet erken en ge?ntegreer word in inisiatiewe om veiligheidsmaatre?ls te verbeter."
- Bron: Sinclair, M, Du Plessis, SWF, Jansen, AI et al. Parent Concerns Around Road Safety of Children En Route to School – A Study from the Western Cape, South Africa. Journal of Child and Family Studies (2025). doi.org/10.1007/s10826-024-02976-y?