肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Opvoeder beywer hom vir onderwyserontwikkeling vir die digitale era in meestersgraadstudie
Outeur: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Gepubliseer: 28/03/2025

Toe Paul Mayers, pasaangestelde hoof van Parklands College Senior Preparatory in Kaapstad, vandeesweek sy meestersgraad in onderwysbeleidstudie aan die Universiteit Stellenbosch (US) ontvang het, was dit 'n bewys van die transformerende rol wat tegnologie in leeromgewings kan speel.

As die nuwe hoof van Suid-Afrika se eerste "Apple Distinguished School" help Mayers om te dit  te herbedink hoe leer in 'n digitale era kan lyk en hoe om onderwysers saam te neem op die reis.

Parklands het 'n kurrikulum ontwikkel wat internasionaal erken word vir sy digitale gesofistikeerdheid en fokus op vaardighede soos kreatiwiteit, samewerking en kritiese denke. In 2016 is die Kollege self as 'n Apple Distinguished School erken – 'n seldsame status wat aan instellings toegeken word wat 'n duidelike en innoverende visie vir leer met tegnologie toon. In 2017, in sy rol as medehoof van innovasie by die Parklands-kollege se Sekondêre Fakulteit, is Mayers deur die Amerikaanse tegnologiereus as 'n Apple uitgelese opvoeder aangewys.

Mayers sê hy was nog altyd gefassineer deur hoe tegnologie leer kan transformeer. Hy het in 'n gesin van opvoeders grootgeword en was verdiep in 'n kultuur van nuuskierigheid. "My pa het in die 1980's my eerste rekenaar vir my gekoop – 'n Commodore VIC-20. Ek onthou goed hoe hy baie aande tot laat wakker gebly het om te leer hoe om speletjies in Basic te kodeer sodat ek en my suster speletjies op hierdie masjien, wat aan die televisie gekoppel was, kon speel."

Nadat hy musiekopvoeding en rekenaarwetenskap gestudeer het, het sy eerste onderwyspos by 'n onafhanklike skool in Kaapstad hom aan een-tot-een-rekenaars blootgestel, waar elke leerder en onderwyser skootrekenaars gebruik het, 'n konsep wat sy tyd in Suid-Afrika in die 1990's vooruit was.

"Ek het baie ure spandeer om medeonderwysers te help om digitale inhoud vir hulle klasse te skep," onthou hy. "Dit het my insig gegee in die kurrikulum van elke vak wat by die skool aangebied is. Dit het daartoe gelei dat ek in 2005 'n personeelopleidingsrol betree het en het die adjunkhoof van akademici gehelp om 'n ondersteuningstelsel vir onderwysers te implementeer wat met tegnologie onderrig gee."

Toe Mayers in 2016 by Parklands aanland, het die skool reeds baie belê in tegnologie en professionele ontwikkeling van onderwysers. Toe 肆客足球 skole aanlyn gedwing het, was Parklands se tegnologiese behendigheid van onskatbare waarde. Onderwysers het in virtuele klaskamers saamgewerk, met een wat lesse gegee het, terwyl ander die geselsfunksie gemonitor het of tegnologiese kwessies opgelos het.

Vandag weerspie?l fisiese ruimtes Parklands se "Growing Minds"-etos. Die skool se innovasiesentrum wyk heeltemal af tradisionele klaskamerontwerp met oop gebiede vir samewerking, leerpods, robotika-laboratoriums en selfs 'n virtuele werklikheid-"holodek". Hierdie fasiliteite is aangepas vir projekgebaseerde leer en interdissiplinêre probleemoplossing.

Die skool ondersoek nou hoe om KI in sy leeromgewings te integreer, 'n nuwe grens wat net so ontwrigtend gaan wees was wat elektrisiteit eens was, meen Mayers.

Hy het vir sy tesis sy eie werkplek onder die vergrootglas geplaas en bestudeer hoe Parklands College digitale hulpmiddels met sukses in sy kurrikulum ge?ntegreer het ondanks die beperkings van Suid-Afrika se nasionale onderwysbeleid. Hy het met behulp van die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie (CHAT) die wisselwerking tussen leierskap, onderwysers en tegnologie ontleed. "Ek wou verstaan hoe Parklands College die vlak van tegnologiese integrasie regdeur die skool en oor vakke heen kon bereik," verduidelik hy.

Sy bevindinge het 'n dinamiese benadering tot professionele ontwikkeling by die skool aan die lig gebring – van gestruktureerde tegniese opleiding tot samewerkende eweknie-geleide inisiatiewe. Strategiese professionele ontwikkeling bemagtig onderwysers om tegnologiese hulpmiddels én kurrikulumbeperkings doeltreffend te navigeer. "Die navorsing bied insiggewende perspektiewe aan opvoedkundige leiers, beleidmakers en navorsers op die gebied van opvoedkundige tegnologie en professionele ontwikkeling van onderwysers," sê Mayers.

Sy navorsing het ook hindernisse vir digitale integrasie in Suid-Afrikaanse skole uitgelig. Dit wissel van hulpbronbeperkings tot onderwysergereedheid en sistemiese beperkings wat deur CAPS (die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings) opgelê word. In baie skole vrees onderwysers die onbekende. Om hierdie uitdagings aan te spreek, vereis aanpasbare strategie? en volgehoue belegging in onderwysersopleiding, het Mayers aangevoer.

"Daar is implikasies vir kurrikulumbeleidmakers ten opsigte van die inwerkingstelling van 'n digitaalbemiddelde kurrikulum saam met die gestruktureerde CAPS. My studie beklemtoon hoe die kompleksiteit van die implementering van die digitaalbemiddelde kurrikulum toeneem namate leerders na ho?r graadvlakke beweeg en vir 'n nasionale uittree-eksamen voorberei moet word."

Terwyl Suid-Afrikaanse skole steeds met die eise van digitale transformasie worstel, bied Mayers se werk waardevolle insigte oor hoe om hindernisse met behulp van 'n personeelkorps te oorkom wat nie net tegnologies vaardig is nie, maar vol vertroue is om lesse vir die digitale era te herbedink.

Wanneer hy oor sy akademiese reis nadink, gee Mayers veral eer aan sy gesin – sy ma en vrou het albei al hulle PhD behaal – en sy studieleiers by die US, prof Aslam Fataar en dr Sonja Strydom, vir hulle onwrikbare ondersteuning en inspirasie.

"Dit was nie 'n maklike reis nie, maar dit was beslis die moeite werd," merk hy op. "Ek het geleer om praktiese implementering aan teorie te koppel. Wat vir my voorheen dikwels net 'n gevoel of instink was, het nou teoretiese rugsteun. 'n Spesiale dankie gaan aan my toesighouers wat my gedruk het om dinge te bevraagteken en diep te delf om dit 'n werklikheid te maak. Ek is ook baie dankbaar vir die ondersteuning en aanmoediging van my kollegas by die skool."

FOTO: Stefan Els