肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties pak Kaapstad-fietstoer aan vir studente in finansi?le nood
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Gepubliseer: 07/03/2025

Sowat 80 Maties – die meeste nog – trek eerskomende Sondag 9 Maart die maroen trui oor die kop om ten bate van studente in nood aan die ikoniese Kaapstad-fietstoer (KFT) deel te neem.

Studente, personeel en alumni sal die uitmergelende wedren in groepe of as individue aanpak om geld in te samel vir studente van die Universiteit Stellenbosch (US) wat dalk nie toegang tot die finansiering het wat hulle nodig het om te studeer nie, of wat weens hulle finansi?le situasie met voedselonsekerheid sukkel. "Dit is werklik inspirerend om te sien hoe soveel Maties, van studente tot personeel, alumni en ondersteuners, saamkom vir 'n saak wat groter is as hulleself," sê Karen Bruns, Senior Direkteur: Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge aan die US.

Onder diegene wat vir 'n goeie saak gaan trap, is dr Louise van Rhyn, 'n US-raadslid en alumna, wat aan haar tiende toer gaan deelneem, maar dit sal wel haar eerste in Maties-kleure wees. "Ek ry spesifiek vir #Action4Inclusion omdat ek geld vir hierdie baie belangrike inisiatief wil insamel." Die inisiatief, wat in 2020 van stapel gestuur is as 'n gesamentlike poging deur die Studenteraad; die Universiteit se eerste direkteur van die destydse nuutgestigte Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid, prof Thuli Madonsela; die voormalige dekaan van die US se Fakulteit Regsgeleerdheid, prof Sonia Human; en ander ambassadeurs vir maatskaplike geregtigheid, val onder die Universiteit se Bridge the Gap-jaarfonds.

Louise van Rhyn.jpg

Geld wat deur #Action4Inclusion ingesamel word, help om studente te ondersteun wat nie vir die volgende akademiese jaar kan registreer nie omdat hulle uitstaande gelde het. "Ek is diep ge?nspireer deur dr Van Rhyn se voorneme om ten bate van #Action4Inclusion fiets te ry. Dit is nog 'n buitengewone gebaar van haar om te verseker dat ons keer dat studenteskuld jongmense se drome steel," sê Madonsela.

Van Rhyn sê sy sien uit na wat haar tiende KFT sal wees. "Ek ry omdat ek kan. Ek is gek oor fietsry en ek voel so bevoorreg om op 60 nog te kan fietsry." Sy het die volle steun van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid en Madonsela sê sy twyfel nie daaraan dat Van Rhyn die toer suksesvol sal voltooi nie.

Nog 'n gesoute fietsryer wat vanjaar die wedren aanpak, is die eerstejaar-chemiedosent dr Marietjie Lutz. Lutz. Sy is baie goed bekend met geldinsamelingspogings en het verlede Paasnaweek 600 km van George tot op Stellenbosch fietsgery om geld vir voorgraadse BSc-studente in te samel wat finansi?le uitdagings in die gesig staar. Haar "Wheels of Opportunity"-inisiatief het R760 000 ingesamel.

Nadat hulle verlede jaar saam met haar getrap het, gaan die hele Lutz-gesin weer saam ry om aan hulle eerste KFT deel te neem. Lutz word deur haar man, Dani?l, haar oudste seun, Ben (Bedryfsingenieurswese-student aan die US), haar tweede oudste seun, Jan (BCom Bestuurswetenskappe-student aan die US), haar dogter Isabel, in graad 11 by Bloemhof, en die jongste, Dani?l, wat in graad 8 by Paul Roos Gimnasium is, in haar poging ten bate van #Move4Maties vergesel.

"Ons gaan die Move4Maties-veldtog ondersteun as deel van die aanloop tot ons Wheels of Opportunity 2025 (WOOP 2025)-veldtog (600 km oor ses dae van George na Stellenbosch, wat van 30 Maart tot 4 April plaasvind)," verduidelik Lutz. "Ons gaan poog om met die KFT bewustheid te skep en die impak van Move4Maties te versterk. Ons belangrikste geldinsamelingspogings sal egter op WOOP 2025 fokus, waar ons gaan poog om R100 000 in te samel om skrander, verdienstelike voorgraadse wetenskapstudente te ondersteun wat finansi?le uitdagings in die gesig staar." Sy voeg by: "Ons kan nie stilsit terwyl talentvolle studente sukkel om die nodige finansi?le ondersteuning te kry om akademiese sukses te behaal en 'n beter toekoms te bou nie."

Die Sentrum vir Epidemiese Reaksie en Innovasie (SERI) se span (Danilo Silva, Monika Moir, Marije Hofstra en vriende) ry ook vanjaar as deel van die #Move4Maties geldinsamelingsveldtog. Die groep sê: "Ons is by SERI daartoe verbonde om deur wetenskap, onderwys en gemeenskapsbetrokkenheid 'n beter toekoms te bou. Die ondersteuning van #Move4Maties strook met ons missie om sinvolle verandering te bewerkstellig. Deur aan hierdie inisiatief deel te neem, beoog ons om bewusmaking en uiters nodige geld in te samel om te verseker dat geen student aan die US gedwing word om hulle opleiding weens finansi?le swaarkry te laat vaar nie." Span SERI het reeds meer as R10 000 ingesamel.

Prof Sadulla Karjiker (hoof van die Departement Handelsreg en bekle?r van die leerstoel in intellektuele goederereg), Christine Strauss (dosent), Shomane Mathiba (alumnus) en Thushani Naidoo (tweedejaarstudent, BCom Regte) van die Fakulteit Regsgeleerdheid se span het reeds meer as R11 000 voor Sondag se wedren ingesamel.

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) het die KFT gekies om sy jaar lange geldinsamelingspoging ter herdenking van sy eeufeesvieringe mee af te skop. Die EBW100-span wat ry om geld vir die #Move4Food-inisiatief in te samel, bestaan uit Jaco Franken (Dekaanskantoor); prof Mesias Alfeus en Denver Loggenberg (Statistiek en Aktuari?le Wetenskap); en prof Gretha Steenkamp, Remerta Basson en Arthur Bishop (Skool vir Rekeningkunde). Die span het reeds meer as R6 200 ingesamel.

Steenkamp verduidelik die motivering vir hulle inskrywing: "Voedselonsekerheid is 'n werklikheid vir baie Suid-Afrikaanse universiteitstudente, met 'n aansienlike aantal wat sukkel om toegang tot voldoende en voedsame maaltye te kry. Dit be?nvloed hulle akademiese prestasie, geestesgesondheid en algehele welstand." Terwyl spanmaat en medeprofessor Alfeus al 'n paar keer die KFT-roete gery het, is dit die eerste keer dat hy dit as 'n amptelike deelnemer sal ry en om dit vir #Move4Maties te doen, gee dit nog meer betekenis, sê hy. "Dit is 'n kans om by te dra tot 'n saak wat studente in nood ondersteun. Dit is meer as net 'n wedren; dit gaan daaroor om 'n verskil te maak terwyl ek iets doen waarvoor ek lief is."

Die top-studentefondsinsamelaar tans is Lars Penzhorn, 'n derdejaarstudent in BCom Aktuari?le Wetenskap in die EBW-fakulteit. Hy sê hoewel hy al 'n paar ander wedrenne van 100 km of meer afgelê het, sal dit sy eerste KFT wees. Penzhorn samel geld in vir die #CaughtInTheMiddle-inisiatief, 'n saak wat volgens hom na aan sy hart lê. Hy het reeds sy R10 000-insamelingsteiken oortref en het toe hierdie artikel geskryf is, reeds net meer as R12 300 ingesamel.

"Hierdie (verlore middel-) studente kom uit huishoudings wat nie vir die Nasionale Finansi?le Hulpskema vir Studente (NSFAS) kwalifiseer nie, en hulle sukkel om hul studiegeld te betaal," verduidelik hy. "In Rustenburg in Noordwes, waar ek vandaan kom, het baie van my klasmaats in hierdie kategorie geval en kon hulle weens hulle finansi?le probleme nie gaan studeer nie. As ek 'n impak op hierdie studente kan maak, hoe klein ook al, sal ek ongelooflik dankbaar wees."

Bruns het almal wat aan Sondag se wedren gaan deelneem het, geloof. "Die Kaapstad-fietstoer is meer as net 'n wedren; dit is 'n demonstrasie van die Maties-gees in aksie – deursettingsvermo?, vrygewigheid, empatie en 'n diep verbintenis om te verseker dat finansi?le swaarkry nie in die pad van akademiese sukses staan nie. Elke kilometer wat gery word en elke rand wat ingesamel word, is 'n stap in die rigting van 'n beter toekoms vir ons studente. Ons is innig dankbaar vir almal wat ry en #Move4Maties en #Action4Inclusion ondersteun."

?