肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitstaande prestasies by Rektor se Toppresteerders-toekennings gevier
Outeur: Corporate Communication and Marketing | Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 06/03/2025

?Die Universiteit Stellenbosch (US) het die afgelope week toppresterende eerstejaarstudente vir hul uitsonderlike matriekuitslae by die jaarlikse Rektorstoekenningseremonie vereer.

Hierdie inisiatief, wat in 2023 van stapel gestuur is, erken en beloon voorgraadse eerstejaarstudente vir hul uitstaande akademiese prestasies op ho?rskool. Dit vorm ook deel van vier nuut ingestelde uitnemendheids- en merietetoekenningskategorie? vir eerstejaarstudente.

Uit 'n eerstejaarskohort van meer as 6 000 studente het 2 429 'n finale graad 12-gemiddelde van 80% of meer behaal. 'n Indrukwekkende 360 studente het 90% en meer in hul finale skooleksamen behaal. By vanjaar se geleentheid het die Universiteit erkenning gegee aan die top-15 presteerders wat by die US ingeskryf het asook 22 ontvangers van die Presteerder-toekennings, wat studente van uiteenlopende agtergronde vereer wat uitstaande akademiese vermo? getoon het.

Uitnemendheid met doelgerigtheid

Op die geleentheid, wat by die Universiteit Stellenbosch Museum gehou is, het die US se Visekanselier en Rektor, prof Wim de Villiers, die studente gelukgewens met hul uitsonderlike prestasies. Hy het daarop gewys dat die Universiteit nie uitnemendheid om sy eie ontwil vier nie, maar in uitnemendheid met doelgerigtheid glo.

“Ons moet aanhou vra nie net waarmee die US goed is nie, maar ook waarvoor ons goed is," het hy gesê. “Kennis ter wille van kennis is nutteloos. Ek wil by jou pleit dat jy die verstandelike vermo?ns wat aan jou gegee is, gebruik om lewens te verander, navorsing te doen wat die mensdom bevorder, en te lei op 'n manier wat positiewe verandering inspireer."

Vanjaar se ontvangers verteenwoordig 'n reeks dissiplines wat kritiek is vir Suid-Afrika en die wêreld se toekoms – geneeskunde, ingenieurswese, aktuari?le wetenskappe, regte, internasionale besigheid, datawetenskap, en meer. De Villiers het die studente daaraan herinner dat hulle nie net individueel presteer nie, maar dat hulle by beroepe aansluit wat nywerhede, samelewings en lewens vir geslagte wat kom, sal vorm. “Die erkenning wat jy vanaand ontvang, is nie net vir vorige prestasies nie, maar ook vir die belofte van wat jy in die jare wat voorlê sal bereik," het De Villiers gesê.

Prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig, het die studente vir die prestasies geprys en gesê hy is trots en opgewonde om van die land se blinkste intellekte by die Universiteit te verwelkom.

Ramjugernath het gesê hy is ook bly dat die studente die Universiteit as hul tuiste weg van die huis gekies het. “Deur die US te kies, word jy nie net deel van 'n wonderlike familie en 'n pragtige kampus nie, maar sluit jy ook aan by een van die top-universiteite op die vasteland en in die wêreld."

Toppresteerders

Vanjaar se ontvangers is afkomstig van private en openbare skole oor die land heen en uit die buiteland. Ons het van die ontvangers gevra om hul gedagtes te deel oor die eer om as toppresteerders aan die US erken te word:

Die tweelingbroers Dylan en Ethan van der Berg beklee albei die boonste posisie met 'n gemiddelde van 98,5% vir die graad 12-eindeksamen. Die broers het in Belarus in Europa gematrikuleer, maar het 'n kort tydperk van hul kinderjare in Suid-Afrika deurgebring, aangesien hul pa op Oudtshoorn grootgeword het. Ethan, wat 'n graad in Regte volg, onthou hoe hy die e-pos oor sy prestasie ontvang het: “Ek was in die biblioteek toe ek die kennisgewing van die Universiteit gekry het. Ek wou skree, maar soos jy weet, moet jy stil wees in die biblioteek."

Dylan, wat vir 'n BCom in Internasionale Besigheid studeer, het gesê hulle het verskeie universiteite besoek voordat hulle op die US besluit het. “Nie net omdat ons pa 'n Matie was nie, maar ook omdat die fasiliteite modern is, die tegnologie van die jongste, en die professore vaardig en professioneel," het hy gesê.

Emyoli Sokoni, afkomstig van Oos-Londen in die Oos-Kaap, voel trots op haar vasberadenheid. “Hierdie ervaring is vervullend, want dit voel asof my harde werk uiteindelik opmaak vir al die slapelose nagte en opofferings." Sokoni, wat vir 'n  BCom in Aktuari?le Wetenskap studeer, sê sy is verheug om onder die toppresteerders te wees. “My ouers is baie trots, en gegewe al die opofferings wat hulle gemaak het, is ek ook baie dankbaar teenoor hulle."

Gratia Pauw van die Ho?rskool Punt in Mosselbaai, wat vir 'n BSc in Toegepaste Medisinale Chemie studeer, erken sy ly 'n bietjie aan bedrie?r-sindroom, maar is vir seker ook trots op haarself. “Ek voel so klein in vergelyking met al die ander topstudente, maar ek is trots daarop dat ek dit so ver gemaak het, danksy die ondersteuning van my vriende en familie." Pauw het gesê sy is opgewonde oor die toekoms en die geleenthede wat sy as US-student gaan hê.

Vir Ntuthuko Gumede is dit 'n geskiedkundige prestasie om 'n graad in Megatroniese Ingenieurswese te volg. “Dis 'n groot storie, my ouers en grootouers het nooit die geleentheid gehad om universiteit toe te gaan nie, en om as een van die topstudente erken te word, is grensverskuiwend." Hy het gesê voordat hy na die US gekom het, het hy sekere persepsies van die instelling gehad, maar sy ervaring as 'n Matie het sy perspektief verander. “Dit is 'n diverse en nuwe omgewing vir my, en die mense is gaaf."

Eli Abreu, wat vir 'n MBChB-graad op die Tygerbergkampus studeer, sê hy is ge?erd om onder die US se topstudente te wees. “Dit is wonderlik om deel te wees van die Matie-gemeenskap. My kampus is 'n bietjie ver van Stellenbosch af, maar dit is fantasties om ook met studente aan hierdie kant te skakel." Abreu, wat van Kaapstad is, sê die toekenning sal vir hom 'n groot hulp wees. “Finansies is altyd nogal moeilik, so dit is 'n groot verligting. Ook om net erken te word vir ons harde werk, voel wonderlik."?