Jongmense wat net na die demokratiese oorgang in 1994 gebore is, het die hoogste vlak van voltooide onderwys in die geskiedenis van Suid-Afrika, en hierdie tendens kan verder styg onder jonger ouderdomsgroepe. Alhoewel dit 'n merkwaardige prestasie is, vind hierdie onderwysvordering plaas te midde van verskeie uitdagings, insluitende stadige ekonomiese groei, ho? jeugwerkloosheid en beperkte openbare finansiering vir die uitbreiding van Voortgesette (na-skoolse) Onderrig en Opleiding (VOO).
’n Nuwe navorsingsbundel, getiteld “School completion, the matric and post-school transitions in South Africa”, geskryf deur Dr. Gabrielle Wills met bydraes van Rebecca Selkirk en John Kruger van Resep (Research on Socio-Economic Policy), ? navorsinggroep by die Universiteit van Stellenbosch, ondersoek tendense in skoolvoltooiing, prestasie in matriek en oorgang na verdere onderrig en opleiding of die arbeidsmark, met spesifieke fokus op onlangse matrikulante. Die verslag is ‘n samevoeging van navorsing uit 'n aantal studies wat binne die COVID-Generasieprojek aangepak is- hierdie projek is moontlik gemaak deur die finansi?le steun van Allan and Gill Gray Philanthropies .
Volgens Wills beklemtoon hierdie studie “hoe ? groeiende aandeel van onlangse matrikulante nie in staat is om betekenisvolle geleenthede te bekom nie. Die toenemende getal jongmense wat skool verlaat na ? suksesvolle matriek, veral in onlangse jare, word nie ondersteun deur ooreenstemmende werks- of opvoedkundige geleenthede ná skool nie. Om die voordele van ho?r onderwysvlakke vir nasionale ontwikkeling te verwesenlik, moet toestande in Suid-Afrika se arbeidsmark verbeter en moet daar ? verdere uitbreiding van kwaliteit geleenthede vir Verdere Onderrig en Opleiding wees.”
A. Stygende Skoolvoltooiingskoerse
-
Met die oorgang na demokrasie het minder as 'n derde van 25- tot 34-jariges reeds suksesvol 'n matriek of ekwivalente kwalifikasie behaal. Dertig jaar later het hierdie persentasie byna verdubbel tot 57%. Die ongekende toename in die getal graad 12’s wat die Nasionale Senior-Sertifikaat slaag, het die skoolvoltooiingskoers (die waarskynlikheid dat ? jongmens ? skoolloopbaan met ? matriek voltooi) selfs verder laat toeneem tot byna 64% aan die begin van 2024 (teenoor 48% in 2010).
B. Beperkte Geleenthede vir Werk of Studie ná Matriek
Teen die agtergrond van stygende skoolvoltooiingskoerse ontstaan ? belangrike vraag: Wat is die werklike vooruitsigte vir jongmense wat hul matriek voltooi het? In watter mate vind onlangse matrikulante werk of maak hulle die oorgang na verdere opleiding en studies?
-
Ho? NEET-koerse onder onlangse matrikulante: "Nie in indiensneming, onderwys of opleiding" (NEET) beskryf jongmense wat nie werk of studeer of aan 'n opleidingsprogram deelneem nie. Teen die eerste kwartaal van 2024 was een uit elke twee onlangse matrikulante (15-24-jariges met 12 voltooide skooljare) in hierdie posisie.
-
NEET-koerse onder onlangse matrikulante het oor die laaste dekade gestyg: Voor die COVID-19-pandemie (2014–2019) was 44% van onlangse matrikulante NEET. Hierdie syfer het tot 55% gestyg in vroe? 2022 en was steeds hoog op 50% aan die begin van 2024. Dit weerspie?l ? bre?r toename in NEET-koerse onder alle jongmense (15-24 jaar), wat van 32.2% in 2014 tot 35.4% in 2024. gestyg het. Onder 25-34-jariges het NEET-koerse selfs vinniger toegeneem, van 45% in 2014 tot 52% in 2024. Dit is kommerwekkend, onder meer omdat NEET-status geassosieer word met swakker geestesgesondheid, veral onder jong mans..
-
Matriek bied gedeeltelike beskerming teen NEET wees: Ondanks stygende NEET-koerse, bly dit steeds krities belangrik om ? matriekkwalifikasie te verkry. In die eerste kwartaal van 2024 was 5 uit 10 matrikulante NEET, terwyl 8 uit 10 van hul eweknie? sonder matriek NEET was. Hoewel matriek steeds ? voorsprong in die arbeidsmark bied, is die verdienstegaping tussen matrikulante en mense met ? ná-skoolse kwalifikasie aan die toeneem.
-
Waar jy woon be?nvloed ook jou geleenthede na matriek. Daar is groot streeksverskille in NEET-koerse onder onlangse matrikulante. In die Wes-Kaap was slegs ? derde (33%) van 15-24-jariges met matriek NEET, in Mpumalanga 61% en in die Noordwes-provinsie 68%.
-
Onlangse Matrikulante wat NEET is sal waarskynlik nou meer langdurig werkloos wees. Volgens Wills is “die pad na geleenthede ná skool moeiliker en meer onseker as ? dekade gelede.” In 2014 was 27% van NEET-jeugdiges met ? matriek alreeds meer as ? jaar op soek na werk. Teen 2020 het hierdie persentasie tot 33% gestyg en in 2024 steeds op 32% gebly.
C. Redes vir stygende NEET-koerse onder onlangse matrikulante
Beperkte uitbreiding in Voortgesette Onderwys en Opleiding (VOO) oor die afgelope dekade en ? verswakkende jeugarbeidsmark het beteken dat die NEET-probleem onder jongmense in Suid-Afrika vererger het.
-
Jongmense met ? matriek het in 2024 min of meer ? gelyke kans om ? werk te kry as jongmense sonder ? matriek 8 tot 10 jaar gelede. Tien jaar gelede was dit makliker vir matrikulante om ? werk te kry as wat dit vir die matriekklas van 2024 gaan wees. Teen die begin van 2024 was die waarskynlikheid dat ? ekonomies aktiewe jongmens met matriek (insluitend ontmoedigde werksoekers) ? werk sou kry, soortgelyk aan die kans wat ? jongmens sonder matriek agt tot tien jaar gelede gehad het. Hoewel veranderinge in die samestelling van die matriekgroep ? rol kan speel in die daling van hul indiensnemingsvooruitsigte, het werksgeleenthede vir alle jongmense afgeneem, insluitend vir dié met ? ná-skoolse kwalifikasie.
-
Voorgesette Onderrig en Opleiding (VOO) groei nie vinnig genoeg om die stygende skoolvoltooiingstempo te akkommodeer nie. Ten spyte van ambisieuse regeringsplanne vir die uitbreiding van VOO, het die persentasie jongmense (15-24 jaar) wat vir VOO ingeskryf is, nie noemenswaardig verbeter tussen 2014 en 2024 nie. VOO-inskrywings hou nie tred met die vinnige toename in skoolvoltooiing nie en bied nie genoeg geleenthede vir jongmense wat nie werk kan kry nie. Met die verwagte dalings in re?le staatsbesteding per student aan VOO weens onder andere die land se ho? nasionale skulddiensverpligtinge, is groot uitbreiding van VOO onwaarskynlik in die nabye toekoms.
-
Ten spyte van vordering in VOO-uitbreiding tussen 1994 en 2015, raak Suid-Afrika nou aansienlik agter ander middelinkomstelande in tersiêre onderwys. Volgens 2021-ramings van die Wêreldbank was Suid-Afrika se tersiêre inskrywingskoers slegs 25%, vergeleke met 57% in Brasili? en 67% in China. Die gaping tussen Suid-Afrika se tersiêre inskrywingskoers en dié van vergelykbare lande het sedert die 1990’s verder vergroot.
Slotopmerking
Hierdie navorsing beklemtoon die dringende behoefte om op verskeie maniere betekenisvolle geleenthede vir jongmense wat skool voltooi te skep. Dit deur behoort in te sluit die uitbreiding van toegang tot kwaliteit VOO-geleenthede, beter belyning van vaardighede met arbeidsmarkbehoeftes, en die skepping van effektiewe roetes na indiensneming.
Hierdie pogings moet deur ekonomiese groei ondersteun word, want daarsonder sal finansi?le beperkings in die VOO-sektor voortduur en sal daar nie genoeg werksgeleenthede vir jongmense geskep word nie. Die verbetering van die langtermynvooruitsigte van Suid-Afrika se jeug is noodsaaklik om die voordele van stygende onderwysvlakke vir nasionale ontwikkeling te verwesenlik.
Vir media-navrae kontak asseblief Gabrielle Wills: gabriellewills@sun.ac.za |
?