?In ? veeltalige land soos Suid-Afrika is dit van kardinale belang is om leerders se verskillende linguistiese repertoriums in onderrig, leer en assessering te integreer ten einde inklusiewe onderwys te bevorder. Só skryf dr Simthembile Xeketwana (Departement Kurrikulumstudie) en prof Monica Hendricks (Rhodes-universiteit) in ? meningsartikel vir die Cape Times ter viering van Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie.
?Simthembile Xeketwana en Monica Hendricks*
Die voorspraak wat die huidige Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, onlangs vir moedertaalgebaseerde tweetalige onderwys (MTBTO) gemaak het, is ? stap in die regte rigting en iets om op Internasionale Moedertaaldag (21 Februarie) te vier. Ondanks die veranderinge ná 1994 dra arm en werkersklaskinders, hoofsaaklik Afrikataalsprekers, steeds die swaarste las van ongelyke leeruitkomste en -prestasie in Suid-Afrikaanse onderwys.
In ? studie wat deur die Zenex Foundation Language-for-Learning-projek gefinansier en onlangs in Reading & Writing gepubliseer is, het ons saam met kollegas van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) en die Universiteit van Kaapstad ondersoek hoe onderwysers met die integrasie van Afrikataal-sprekers se huistale, asook Engels, te werk gaan om geleenthede te optimaliseer om meertalig te leer, lees en skryf. Ons het die kwessies van onderrig, leer en assessering as uitdagings in sekere vakke ge?dentifiseer, insluitend Engels Eerste Addisionele Taal (EEAT).
Dit is belangrik om daarop te wys dat EEAT in Suid-Afrika onderrig word aan leerders wat uit diverse huise kom, waar amptelike Afrikatale (isiXhosa, isiZoeloe, Setswana, Sepedi, Suid-Sotho, siSwati, Xitsonga, Tshivenda en isiNdebele gepraat word) hulle huistaal is. Hierdie linguistiese diversiteit bied aan leerders en onderwysers geleenthede om die tale wat in hulle klaskamers teenwoordig is, te gebruik om sin te maak van wat geleer word. Hierdie geleentheid kan doeltreffend gebruik word wanneer Afrikatale soos isiXhosa nie meer in die klaskamers “ingesmokkel'" word nie, soos wat die UWK-dosent Margie Probyn uitgelig het in ? bespreking oor die spanning wat onderwysers ervaar wat Afrikatale in hulle klaskamers gebruik.
As deel van die studie het ons probeer om innoverende maniere te vind om isiXhosa-huistaal en Engels in die klaskamer te integreer om leerders se linguistiese repertoriums te verbeter en te legitimeer en die geleenthede om te leer lees en in ? veeltalige onderwysomgewing onderrig te word doeltreffend te bevorder.
Hierdie projek het gefokus op taal-vir-leer en het ook die kollig laat val op die ongelykhede in Suid-Afrika se swak geletterdheidsprestasies, veral onder arm en werkersklas-kinders. Hierdie ongelykhede is weer eens uitgelig deur die swak geletterdheidsresultate van die Progress in International Reading Literacy Study 2021 (Pirls), wat dui op sistemiese uitdagings in ons onderwysstelsel.
Ons het gevind dat dit van kardinale belang is om die leerders se linguistiese repertoriums in onderrig, leer en assessering te integreer. Deur saam met onderwysers in verskillende skole te werk, het ons voorts gevind dat wanneer tweetalige onderwysers pedagogiese praktyke kreatief inkorporeer wat leerders aanmoedig om te transtaal (die buigsame en strategiese gebruik van veelvuldige tale om kommunikasie, leer en begrip te verbeter) terwyl hulle EEAT leer, dit beter uitkomste meebring en leerders aktief as die medebouers van kennis betrokke raak.
Dit het beteken dat die tweetalige pedagogie? wat deur die onderwysers in verskillende skole in die Wes-Kaap aangewend word, leerders moontlik kan toelaat om twee tale te gebruik in plaas daarvan om die klaskamer te “anglonormaliseer", wat die onbevestigde oortuiging en verwagting dat almal vaardig in Engels sal wees, betwis. Ons het dit gesien by leerders uit gemeenskappe met gebrekkige hulpbronne wat hulle vryheid gevind het toe hulle toegelaat is om transtaal in klaskamers te gebruik. Dit word bevestig deur een van die tasbare uitkomste van die projek in die dokumentêr Free to Learn: Soze Ungayibambi!, waarin leerders van verskillende skole na die voordele van die gebruik van isiXhosa in klaskamers verwys.
Die bevindings van ons studie is belangrik omdat daar ? besef is dat een taal in ? klaskamer nie altyd die gewenste resultate meebring nie. Verder word twee-/meertalige pedagogie? toenemend ? norm, en die aanvaarding van sulke benaderings in ons onderwys en leer, veral in basiese onderwys, kan die ongelyke uitkomste op grond van klas uitskakel. Hierdie pedagogie? moet gelegitimeer word om leerders se onderrig en geletterdheid te verbeter. Dit strook voorts met Unesco se mening dat veeltalige onderwys die potensiaal het om inklusiwiteit in samelewings te bevorder en voorts help om intellektuele minderheidstale en inheemse tale te bewaar.
Ons glo daar is nog aansienlike ruimte vir verbetering om te verseker dat leerders wat verskillende tale in klaskamers praat, nie benadeel word nie. Dit is hoekom ons MTBTO aanbeveel en daarop aandring dat die implementering daarvan versnel word om die onreg uit te skakel wat leerders verhinder om te leer in die taal wat hulle die beste ken. Voorts moet beide indiens- en voordiensonderwyseropleiding die gebruik van transtaal as ? kardinale en kritieke vaardigheid uitlig en pedagogiese benaderings wat dit aanmoedig, moet ingesluit word. Die hulpbronne en materiaal moet geskep en ontwikkel word terwyl onderwysers opgelei word. Aangesien ons in tye van kunsmatige intelligensie leef, kan dit van deurslaggewende belang wees om innoverende maniere te oorweeg om digitale materiaal wat transtaalpedagogie? in ons klaskamers sal ondersteun, te skep en te ontsluit.
Ten slotte en in die lig van ons land se geskiedenis van die bevoorregting van sekere tale bo ander, duur eentalige ideologie? voort omdat persepsies dat sommige tale belangriker as ander is, steeds voortbestaan. Aangesien die tale wat mense leer en gebruik ten diepste met hulle gemeenskappe verbind is, kan hierdie eentalige ideologie? uitgedaag en aangepak word wanneer gemeenskappe by onderwys in ons veeltalige samelewing betrokke raak. Kom ons werk op Internasionale Moedertaaldag en daarna daaraan om veelvuldige tale in onderrig en leer tot voordeel van ons kinders te integreer.
*Dr Simthembile Xeketwana is ? dosent in die Departement Kurrikulumstudie aan die Universiteit Stellenbosch. Prof Monica Hendricks is verbonde aan die Institute for the Study of the Englishes of Africa in die Departement Onderwys aan die Rhodes-universiteit. Hierdie artikel is gedeeltelik gegrond op hulle onlangse referaat “Translanguaging for learning in selected English First Additional Language secondary school classrooms" in Reading & Writing.