肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Herdink die Dekoloniale Oomblik: Na 'n Etiek van Gasvryheid in Ho?r Onderwys
Outeur: Hanelie Adendorff, Johara Khan
Gepubliseer: 12/02/2025

?

ALOV Onderrig-Leer-Assessering Seminaar 

 

U word genooi na die eerste kwartaallikse Onderrig-Leer-Assessering seminaar van 2025, aangebied deur die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (OLA): 

 

Spreker:  Prof. Lis Lange (Waarnemende Senior Direkteur: Leer- en Onderrigverbetering, US)?

Onderwerp:  Rethinking the Decolonial Moment: Towards an Ethics of Hospitality in Higher Education 

Datum:  13 Maart 2025 

Tyd 13:00-14:00 

Plek:  MS Teams: Join the meeting now


Sinopsis

Tydens hierdie seminaar sal prof. Lis Lange die dekoloniale oomlik aan Suid-Afrikaanse universiteite herbesoek om onbenutte geleenthede vir aanspreek van studente se gevoel van uitsluiting en gebrek aan erkenning, sowel as die potensiaal vir die dekolonisering van die Universiteit, te identifiseer. Sy sal ook oorweeg hoe die COVID-19-pandemie tydelik ruimte geskep het om studente se psigo-sosiale en ekonomiese realiteite te erken, ten einde insig te beid oor nuwe verhoudings tussen studente, die universiteit en die samelewing.

 

Met verwysing na Derrida (2001), Mignolo (2012) en Anzaldúa (1987), stel prof. Lange 'n etiek van gasvryheid voor in 'n antwoord op die onopgeloste vrae wat deur #RhodesMustFall en #FeesMustFall geopper is, trewyl sy besin oor 'n herstigting van die universiteit in die 21ste eeu.?


Biografie van die spreker

?Prof. Lis Lange is Spesiale Adviseur vir die Vise-Rektor: Leer en Onderrig aan die Universiteit Stellenbosch. Tot April 2022 was sy die Vise-Rektor: Onderrig en Leer aan die Universiteit van Kaapstad. Tussen 2014 en 2018 het sy 'n soortgelyke portefeulje by die Universiteit van die Vrystaat beklee. Sy was die Uitvoerende Direkteur (2006-2010) van die Ho?r Onderwys Gehalteraad van die Raad op Ho?r Onderwys. Prof. Lange is sedert 1998 betrokke by die ontwikkeling en implementering van wetenskap- en tegnologie- sowel as ho?r onderwysbeleid in Suid-Afrika. Haar navorsingsbelangstellings fokus op die filosofie en politiek van ho?r onderwys. Sy het navorsing gedoen en publikasies geskryf oor verandering in ho?r onderwys, sowel as oor die betekenisse en moontlikhede van transformasie, dekolonisering en kurrikulumverandering, en oor die betekenis van die universiteit in die 21ste eeu.?


??

Meer inligting oor die seminaar is beskikbaar van dr. Hanelie Adendorff by hja@sun.ac.za