肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
President Lesetja Kganyago aangewys as nuwe kanselier van die US
Outeur: Stellenbosch 肆客足球 / Universiteit Stellenbosch
Gepubliseer: 24/01/2025

Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), is vandag (24 Januarie 2025) eenparig tot die amp van kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) verkies. Dit volg nadat die ampstermyn van oudregter Edwin Cameron in Desember 2024 ten einde geloop het.

Die kanselier is die titulêre hoof van die Universiteit.

'n Kieskollege, saamgestel ingevolge die US-statuut en bestaande uit alle lede van die Raad en die Uitvoerende Komitee van die Senaat, het vandag vergader om die instelling se 16de kanselier te verkies.

President Kganyago het in 2018 'n eredoktorsgraad (Doktor in die Handel (DCom) honoris causa) van die US ontvang en word as een van die beste openbare beleidsfigure in die land beskou. Die Nelson Mandela Universiteit ook in Desember 2020 het 'n eredoktorsgraad in die Handel aan Kganyago toegeken.

Hy het 'n meestersgraad in ontwikkelingsekonomie aan die Universiteit van Londen (Skool vir Oosterse en Afrikastudies) en 'n Baccalaureus in die Handel (BCom) in rekeningkunde en ekonomie aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal.

"Tersiêre instellings het nog altyd 'n deurslaggewende rol in die vorming van toekomstige leiers en die voortdrywing van sosiale, ekonomiese en kulturele transformasie in ons land gespeel. As kanselier van hierdie dinamiese instelling sien ek daarna uit om die volgende generasie te inspireer om hul volle potensiaal te verwesenlik en betekenisvol by te dra tot die groei en ontwikkeling van ons land en vasteland," het president Kganyago in reaksie op sy verkiesing gesê.

Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, het gesê: "Ek is verheug om president Kganyago as die nuwe kanselier van ons Universiteit te verwelkom. Met sy onge?wenaarde kundigheid in die ekonomie, finansies en leierskap, te same met sy standvastige toewyding aan die staatsdiens, vergestalt hy die eienskappe wat ons as 'n instelling hoog op prys stel. Ek twyfel nie daaraan dat president Kganyago ons Universiteitsgemeenskap sal inspireer nie."

Prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig en aangewese Visekanselier, het die volgende bygevoeg: "President Kganyago se leierskap op die toppunt van ekonomiese beleid en sy verbintenis tot die nougesette bewaring van ons nasionale reserwes het 'n formidabele voorbeeld vir ons almal gestel en maak hom op 'n unieke wyse geskik om ons instelling as kanselier te verteenwoordig."

Die voorsitter van die US-raad, Nicky Newton-King, het ook die nuutverkose kanselier verwelkom. "Dit is 'n oomblik van groot trots vir die Universiteit Stellenbosch-gemeenskap. President Kganyago is algemeen bekend vir sy voorbeeldige leierskap, wye ervaring en onwrikbare verbintenis tot onafhanklikheid en uitnemendheid wat almal inspireer. Ek wil ook oudregter Cameron vir sy toewyding en diens as Kanselier erken en bedank."

President Kganyago se termyn tree vandag in werking, wat die begin van sy ampstermyn van vyf jaar is. Sy amptelike inhuldiging sal later volg op 'n datum wat nog bepaal moet word.

Nota aan redakteurs

Die ampstermyn van die kanselier is vyf jaar, en die kanselier kan slegs vir nog een opeenvolgende termyn verkies word. Oudregter Edwin Cameron se termyn as Kanselier het op 31 Desember 2024 verstryk. 'n Kennisgewing waarin nominasies gevra word, is op 21 November 2024 per e-pos aan lede van die Konvokasie gestuur. Gedurende die nominasietydperk van 30 dae (22 November tot 22 Desember 2024 om 23:59) is slegs een nominasie ontvang.

  • Lesetja Kganyago's se verkorte CV is hier beskikbaar, asook 'n foto.?