?Wetenskaplikes het die eerste gedokumenteerde verskyning van die seldsame sifonofoor Rhizophysa eysenhardtii in Valsbaai, Suid-Afrika, aangeteken.
Hierdie ontdekking, gepubliseer in die vaktydskrif African Invertebrates, brei die bekende verspreiding van die spesie uit met 450 kilometer en werp meer lig op die biologie van 'n fassinerende maar onbekende organisme. Dit beklemtoon ook die unieke en delikate biodiversiteit van seelewe langs die Suid-Afrikaans kuslyn en veral dié van die Groot Afrika-seewoud.
Rhizophysa eysenhardtii is 'n sifonofoor, lid van 'n merkwaardige groep mariene organismes in die filum Cnidaria, wat ook jellievisse, korale en seeanemone insluit. Sifonofore is kolonies van gespesialiseerde individue, genaamd "zo?ede", wat as een saamwerk. Hierdie spesie is tussen Junie en September 2022 deur vryduikers waargeneem.
Dr Jannes Landschoff, 'n mariene bioloog van die Sea Change Project en mede-outeur van die artikel, sê hy en sy span het dadelik geweet dit is 'n spesiale ontdekking: "Toe ek hierdie sifofoor vir die eerste keer sien, het ek so opgewonde geraak ek kon my o? nie glo nie. Sedertdien het ek soveel meer te wete gekom van hierdie pragtige lewensvorm." Landschoff is ook as navorsingsgenoot aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Plant- en Dierkunde verbonde.
Volgens Dr Gill 肆客足球tone van die Natural History Museum in London en eerste outeur, word hierdie diere selde gedokumenteer, ten spyte van hul ekologiese belang: "Toe ek die foto's van hierdie skouspelagtige diere sien, het ek weer besef hoekom ek in die eerste plek aan hierdie groep begin werk het. Hulle is net so ongelooflik," het sy gesê. Dr 肆客足球tone is 'n spesialis in die morfologie en sistematiek van sifonofore.
Volgens Landschoff hou hierdie ontdekking bre?r implikasies in vir die verstaan van biodiversiteit in die streek. Basislyndata, soos spesieverspreidingsrekords van raar diere, speel 'n belangrike rol in die monitering van hierdie diverse en onderbestudeerde oseaanstreek. Die teenwoordigheid van R. eysenhardtii in Valsbaai, binne die Benguela-ekosisteem, kan dui op verskuiwings in die verspreiding van mariene spesies wat aangedryf word deur seestrome of omgewingsveranderinge.
Dit is belangrik om sifonofore en ander klein mariene ongewerwelde organismes te bestudeer om hul rolle in oseaan-ekosisteme beter te verstaan. Die beskerming van habitatte soos die Groot Afrikaanse Seewoud is noodsaaklik vir die behoud van hierdie spesies en die ekologiese dienste wat hulle lewer.
Hierdie studie is deel van die 1001 Seaforest Species-inisiatief, in samewerking met die Save Our Seas Foundation. Terwyl 1001 spesies gedokumenteer word, kombineer die projek mariene biologie-navorsing met storieverteltegnieke om die publiek bewus te maak van biodiversiteit se kritieke rol in menslike oorlewing en die Groot Afrikaanse Seewoud as 'n baken van biodiversiteit.
"Ons bevindinge onderstreep die nodigheid om mariene biodiversiteit te beskerm en die dokumentasie van spesies wat selde waargeneem word, te verbeter," sluit Landschoff af.?
Oorspronklike artikel
肆客足球tone GM, Landschoff J (2024) The rare siphonophore Rhizophysa eysenhardtii Gegenbaur, 1859 (Hydrozoa, Siphonophora, Cystonectae) from False Bay, South Africa. African Invertebrates 65(2): 213-221.
Skakel na die studie: [https://doi.org/10.3897/AfrInvertebr.65.136267]
Skakels
Instagram: https://www.instagram.com/seachangeproject/?hl=en
#1001species #1001seaforestspecies
Facebook: https://www.facebook.com/theseachangeproject/
LinkedIn: https://za.linkedin.com/company/sea-change-project