肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Belê in die toekoms – studentesteunbeurse en -projekte
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 17/12/2024

Suid-Afrika staar 'n jeugwerkloosheidskrisis in die gesig en opvoeding bly een van die kragtigste instrumente om dit te bekamp. Gegradueerdes van die Universiteit Stellenbosch is deurgaans onder die mees indiensneembare gegradueerdes in die land, met ons alma mater wat onder die top 250 universiteite wêreldwyd vir indiensneembaarheid onder gegradueerdes tel. Deur studentebeurse te ondersteun beteken jy help nie net jongmense om hul drome te verwesenlik nie, jy lewer ook 'n tasbare bydrae om 'n beter toekoms vir Suid-Afrika te bou.

Vir vele talentvolle studente is finansi?le struikelblokke die grootste hindernis wat toegang tot gehalte-opvoeding belemmer. Jou ondersteuning kan dit verander. Deur 'n beurs te befonds open jy deure vir verdienstelike studente en bied jy hulle die geleentheid om die wêreldklas-opvoeding te ontvang wat die US bied. As jy 'n spesifieke belangstellingsveld het, kan ons jou help om jou skenking daarvolgens te beplan. Deur tot 'n spesifieke projek by te dra, 'n fakulteit te ondersteun, of selfs beurse vir studente uit jou 'ou' koshuis te befonds, word jou ruimhartigheid in 'n impakvolle, betekenisvolle veranderingsgeleentheid omskep.

Vir alumni in die VS, Kanada, die VK, Nederland, Duitsland, en Belgi? hou skenkings aan die US bykomende voordele in. Deur die belastingaftrekbare skenkings in hierdie streke kan jy 'n verskil maak terwyl jy ook voordeel uit plaaslike belastingaansporings trek. Verken al die belastingvoordelige skenkings in jou area deur met Darryn Havenga by darrynh@sun.ac.za te gesels.

Vir alumni wat nog belasting in Suid-Afrika betaal, word die skenkings gewoonlik deur 'n artikel 18A-belastingaftrekking vergesel. Dit verseker dat jou bydraes nie net die volgende generasie Maties ondersteun nie, maar ook jou belastingaanspreeklikheid verminder.

Jou steun aan 'n beurs of spesiale projek help om te verseker dat die finansi?le struikelblokke in die weg van verdienstelike studente se ambisie en talent verdwyn. Elke bydrae, hoe groot of hoe klein ook al, help met die bemagtiging van studente sodat hulle studie kan floreer en 'n impakvolle lewe hulle beskore is.

Kom ons werk saam om die globale Maties-netwerk te verstewig en toekomstige leiers, innoveerders, en veranderingmakers op te hef. Indien jy gereed is om 'n verskil te maak, of as jy oor 'n spesifieke projek wil gesels, is ons hier om jou met als by te staan.