Op 74 bewys Antoinette Erasmus dit is nooit te laat om jou passie na te streef nie. Sy het pas aan die Universiteit Stellenbosch (US) cum laude met 'n meestersgraad in teologie gegradueer. Maar hierdie akademiese prestasie verteenwoordig baie meer as net 'n uitsonderlike persoonlike mylpaal. Dit weerspie?l 'n dekades lange reis van die heroorweging van teologiese aannames, verbreding van perspektiewe en die uitdaging van die status quo oor vroue se rolle in die bediening.
Erasmus het 'n leeftyd in diens van haar geloof deurgebring, eers as die dogter van 'n pastoor, toe as die vrou van een, en uiteindelik as 'n baanbrekende vroueleier in die Apostoliese Geloofsending. Haar meestersgraad kom in 'n mylpaaljaar: Sy en haar man Dennis het onlangs hulle 50ste huweliksherdenking saam met hulle vier kinders en kleinkinders gevier.
Erasmus gee erkenning aan haar eggenoot en gesin vir hulle onvoorwaardelike ondersteuning terwyl sy aan haar meestersgraad gewerk het. "Ek het 'n wonderlike man. Van die begin van ons verhouding af het Dennis daarop aangedring dat ons gelykes is. Hy en die kinders het die afgelope paar jaar soveel vir my beteken gedurende my akademiese reis," sê Erasmus.
Sy erken dat haar liggaam "nie altyd saamgewerk het" om vieruur die oggend wakker te word om te begin lees en skryf nie, beskou sy die geleentheid om haar meestersgraad te voltooi as "'n groot voorreg".
Hoewel Erasmus dit lank oorweeg het om verder te studeer, het haar fokus stewig op haar werk in die bediening gebly. Selfs ná aftrede het sy aktief gebly. Sy het voortgegaan om te preek, huwelike te voltrek, strategiese beplanningsessies te lei en aan leierskapsontwikkeling in Suid-Afrika en Zambi? te werk. Maar iets het steeds onafgehandel bly voel. Erasmus wou die dieper teologiese wortels van die uitdagings wat sy as vrou in die bediening in die gesig gestaar het, verstaan.
Nadat Erasmus en haar man van Midrand na die Wes-Kaap verhuis het om hulle aftrede te geniet, was dit 'n besoek aan Stellenbosch wat onverwags 'n deur na die akademie oopgemaak het. Terwyl die egpaar op 'n dag deur Dorpstraat gestap het, het die historiese teologiese gebou haar aangetrek. "Ek wil my meestersgraad hier doen," het sy vir Dennis gesê. "Dit lyk na so 'n lekker plek."
Erasmus is met ope arms deur die fakulteit verwelkom, veral deur prof Juliana Claassens en dr Nadia Marais, wat haar deur die program in sistematiese teologie gelei het. Sy is innig dankbaar vir die openheid wat sy by die Fakulteit Teologie ervaar het, sê Erasmus. "Ek is aan 'n menigte nuwe perspektiewe blootgestel. Voordat ek met my navorsing begin het, het ek gevoel ek is in 'n doolhof vasgevang. Ek was gelukkig daar, maar skielik het ek uitgekom en die wêreld gesien wat God gemaak het. Dit het my oopgestel vir ander maniere van dink. Dit was nodig om die bre?r prentjie van die teologie te sien en hoe ons God verstaan."
Sy het haar ervarings om haar pad in 'n kerk – en 'n wêreld – te vind wat deur geslagsverwagtinge gedefinieer word wat vroueleiers dikwels onsigbaar laat voel, gebruik om rigting te gee aan haar teologiese navorsing oor die metafore wat ons gebruik wanneer ons oor God praat. Erasmus onthou hoe sy as 'n streeksleier in haar kerk van die impak van manlike oorheersing bewus geword het. "Ek het een van die mans daaraan herinner dat wanneer hulle na leiers verwys, hulle net oor mans praat. Ek was nog altyd gewonder oor hoe dit gekom het dat vroue nie as mans se gelyke gesien word nie."
Sulke ervarings het haar eerstehandse insae gegee in institusionele beperkings en die maniere waarop teologiese taal geslagshi?rargie? kan weerspie?l en versterk. Erasmus het vir haar proefskrif die werk van feministiese teolo? ondersoek en gefokus op Janet Soskice se metaforiese teologie en idees uit verskeie Christelike tradisies – Pinkster-, Katolieke, Gereformeerde, Oosters-Ortodokse en Afrika-teologie? – betrek.
Deur te ondersoek hoe taal teologie en kerkpraktyk vorm, het Erasmus ook die tradisionele patriargale beeld van God bevraagteken. "Die verafgoding van 'n manlike figuur is problematies. Die feministiese teoloog Mary Daly het gesê wanneer God manlik is, is die mens God," verduidelik sy.
In 'n aangrypende gebaar het Erasmus haar tesis aan haar ma, Réna du Rand, opgedra. Erasmus sê sy was 'n toonbeeld van die generasie vroue wat nooit die geleentheid gehad het om hulle potensiaal te verwesenlik nie. Haar ma was intelligent, belese, meertalig en kunstig. Sy het in die akademie, musiek en skryfwerk uitgeblink, maar weens die patriargale omgewing van haar tyd het sy nooit haar potensiaal ten volle verwesenlik nie. "Laat in haar lewe, namate haar gesondheid agteruitgegaan het, het dit vir my duidelik geword dat my ma belas was met hartseer as gevolg van gemiste geleenthede vir persoonlike groei. Dit is hierdie onvervulde belofte wat ek nakom deur my tesis aan haar op te dra," sê Erasmus.
Haar studieleier, dr Marais, verduidelik in 'n studieleier se verslag dat dít wat Erasmus in haar tesis ondersoek het, nie net vir haar van akademiese belang is nie, maar ook uit pastorale en persoonlike ervaring en oortuiging gebore is.
"Deel van die vreugde om Antoinette se studieleier te wees, lê hierin: Vir haar is dit 'n onderwerp met verreikende implikasies in die kerk wat sy dien, die vroue saam met wie sy die pad stap, en die maniere waarop sy haar geloof verstaan en uitdruk," skryf Marais. "Op 'n manier het sy reeds dít wat sy in hierdie tesis ondersoek, in haar eie lewe ge?ntegreer – as vrou, pastoor en kerkleier; en dit was 'n wonderlike, verrykende deel van die proses om die proefskrif saam met haar te voltooi."
Vir Erasmus was haar doel om haar studies voort te sit, altyd gewortel in die wil om ander te help. "Ek wil nie die sertifikaat teen die muur hê nie," beklemtoon sy. "Ek wil die kennis hê, maar dit ook toepas. Ons besoek elke jaar Zambi? om leierskapsopleiding aan te bied en te bedien. Ek hou daarvan om mense na nuwe maniere van dink en verstaan te lei. My doel was om myself te bemagtig om die pad saam met mense te kan stap en hulle te help om ons verhouding met God en ons verhouding met onsself en met ander mense te verstaan."
?Vir Erasmus is die voltooiing van haar meestersgraad nie die einde van haar akademiese ambisies nie. Sy oorweeg reeds 'n PhD, gretig om onopgeloste vrae wat deur haar studie na vore gekom het, te ondersoek. "Ek glo daar is altyd meer om te leer en vir ander te leer," sê sy. "Soos Paulus in die Bybel sê: 'As ek aanhou lewe, moet dit vrugbaar wees'. Terwyl ek nog leef en asemhaal, wil ek aanhou om 'n verskil in mense se lewens te maak. Ek is net dankbaar dat God my die vermo? en die moed gegee het om dit op my ouderdom te doen.
FOTO: Stefan Els