肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Navorsing vir impak: Die US se digitale platform skitter met drie MACE-toekennings
Outeur: Division for Research Development | Afdeling Navorsingsontwikkeling
Gepubliseer: 13/12/2024

?Die Universiteit Stellenbosch (US) se Research for Impact digitale platform en tydskrif het drie gesogte toekennings gewen by die jaarlikse Marketing, Advancement and Communication in Education (MACE) toekenningsgeleentheid ontvang. Die viering is op 28 November 2024 op die Eureka-landgoed in Durbanville gehou.

Die Research for Impact platform en tydskrif is in drie mededingende kategorie? erken: Digitaal (Silwer-toekenning), Webwerwe (Silwer-toekenning) en Ontwerp vir Gedrukte Kanale (Brons-toekenning).

Maryke en Jorisna_MACE.jpg 
Maryke Hunter-Hüsselmann? & Jorisna Bonthuys,
Redakteurs van die Research for Impact platform & tydskrift.
Foto: MACE
?

Die MACE-toekennings erken die prestasies van spesialiste en praktisyns in bemarking en kommunikasie in die ho?ronderwyssektor regoor Suid-Afrika. Vanjaar het 19 ho?ronderwysinstellings van regoor die land 293 inskrywings vir die toekennings ingedien. Beoordelaars het die inskrywings vir meer as 730 uur ge?valueer. Deelnemende instansies 'n totaal van 158 toekennings ontvang.?

Volgens Maryke Hunter-Hüsselmann, Direkteur: Navorsingsinligting en Strategiese Inisiatiewe aan die US en redakteur van die digitale platform en publikasie, is die erkenning van MACE gerusstellend deurdat dit “bevestig dat die US in die regte rigting beweeg met hoe ons oor ons impakvolle navorsing kommunikeer. en dat hierdie pogings aanklank vind by ons gehore."

Research for Impact is die US se eerste digitale navorsingstydskrif. "Ons is uiters trots op hierdie toekennings, net twee jaar nadat ons ons nuwe aanlyn benadering bekendgestel het," sê sy. “Dit toon dat ons besluit om oor te beweeg na 'n digitale-eerste-strategie effektief werk om die sigbaarheid van die US se diverse navorsingsportefeulje, ons vyf strategiese navorsingsareas en die relevansie en impak van ons navorsing, te verhoog," het Hunter-Hüsselmann bygevoeg.

Die platform kombineer boeiende artikels, onderhoude met vooraanstaande wetenskaplikes en visueel treffende multimedia-elemente, wat die nuutste navorsing toeganklik maak vir beide akademiese en algemene gehore.  Benewens die artikels, word foto's, illustrasies, infografika, video's en klankgrepe op die platform ingesluit om 'n ryk leeservaring te skep.

"Hierdie benadering is toepaslik, aangesien ons in die digitale era leef, waarin aanlyn wetenskapkommunikasie die norm geword het," sê Hunter-Hüsselmann. “Webpublikasiestandaarde het dramaties gestyg, en dit is geen uitsondering in ho?r onderwys nie. Die beste wetenskapstories op die web vind deesdae baat by goeie storievertelling, innoverende ontwerp en die slim gebruik van multimedia. Gereelde toevoegings tot die platform verseker dat die inhoud vars en opgedateerd bly."

Onlangse hoogtepunte sluit artikels in oor baba-geestesgesondheidsnavorsing, transdissiplinêre oplossings vir voedselsekerheid, en hoe US-navorsers virtuele realiteitsvisualisering en -ontleding van mikroskopie-data gebruik om neurologiese toestande te help aanspreek.

Meer oor die Research for Impact platform en publikasie:

Dit is 'n inisiatief deur die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO): https://www0.sun.ac.za/researchforimpact. Hier sal jy lees oor die innoverende werk wat ons wetenskaplikes nastreef, nie net ter wille van navorsingsuitsette in hul onderskeie velde nie, maar ook om 'n werklike verskil in die samelewing te maak. Ons prioritiseer ook die digitale leesbaarheid van ons unieke, pasgemaakte inhoud vir verskillende toestelle.

Die publikasie sluit stories in wat die Universiteit se vyf strategiese navorsingsareas verteenwoordig om die inisiatiewe en innovasies wat op ons kampusse en in onderskeie akademiese velde plaasvind ten toon te stel. Waar relevant, wys dit hoe ons navorsing verband hou met nasionale, streeks- en globale doelwitte om volhoubare ontwikkeling te verseker en vooruitsigte vir mense en die planeet te verbeter.

Vir meer inligting, kontak Maryke Hunter-Hüsselmann by mh3@sun.ac.za.