肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US vereer Amerikaanse ekonoom met eredoktorsgraad
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 12/12/2024

Die Amerikaanse ekonoom en ekonomiese geskiedkundige, prof Deirdre Nansen McCloskey, is deur die Universiteit Stellenbosch (US) met ? eredoktorgraad vereer by sy Desember-gradeplegtigheid. Sy het die graad Doktor in die Handel, honoris causa, Woensdag (11 Desember 2024) tydens die gradeplegtighiedseremonie vir die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe ontvang.

Die eregraad is aan McCloskey toegeken vir die manier waarop sy uit ander vakgebiede put om ekonomiese idees beter met die werklikheid te versoen, en ook vir hoe sy die invloed van ekonomiese kragte op ons beklemtoon.

McCloskey het in haar aanvaardingstoespraak genoem dat innovasies en ekonomiese vooruitgang spruit uit individuele idees eerder as kollektiewe pogings of instellings. “In teenstelling met die manier waarop ons dikwels in nasionalistiese -of selfs rasse-terme oor ons prestasies praat, moet ons eerder aan die individu dink. Dit is die kern van die idee van humanomie."

Sy het verwys na die ontploffing van innovasie sedert 1800 en gesê die moderne wêreld se welvaart is gewortel in die vryheid om te waag en te innoveer, 'n reg wat histories baie mense ontsê is.

McCloskey het die nuwe granduandi aangemoedig om aan te hou leer en verder as tradisionele onderwys te waag. Sy het hulle aangespoor om onregverdige wette uit te daag en hul eie idees na te streef. “Julle het die reg om te waag, en julle moet dit gebruik. Julle opleiding is nie klaar nie. Julle moet aanhou lees, dink en praat, en bowenal waag."

Meer oor McCloskey

Prof Deirdre McCloskey word dikwels die “gewete" van die vakgebied ekonomie genoem. Sy is bekend vir haar diepgaande ondersoek van die grondslae van dié vakgebied.

As ekonoom en ekonomiese geskiedkundige, word McCloskey se idees omvat deur wat sy “humanomie" noem. Dít herinner ons daaraan dat alle mense, hetsy wetend of onwetend, deur ekonomiese kragte be?nvloed word. Bowenal beklemtoon dit dat menslike gedrag dikwels nie tot kompakte wiskundige ekonomiese teorie? en vergelykings gereduseer kan word nie – iets waaraan ekonomie as vakterrein meer doelbewus moet aandag skenk.

Terwyl sy in 2008 haar sabbatsverlof by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) deurbring, skryf sy een van die boeke in haar trilogie The Bourgeois Era, waarin sy die geskiedenis van groot industri?le nasies ondersoek om die heersende narratiewe oor die oorsprong van moderne welvaart te bevraagteken. Sy bly daarna 'n vriend van die Universiteit Stellenbosch, en in 2012 keer sy terug om as geleentheidspreker by die Wêreldkongres oor Ekonomiese Geskiedenis, met die Universiteit se Departement Ekonomie as gasheer, op te tree.

McCloskey is 'n uitgelese professor emeritus in ekonomie en geskiedenis, asook professor emeritus in Engels en kommunikasie aan die Universiteit van Illinois Chicago.

  • Foto: Prof Deirdre Nansen McCloskey by die gradeplegtigheidseremonie. Fotograaf: Stefan Els