肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wes-Kaap se voorste onderwyser ontvang meesters by Universiteit Stellenbosch
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Gepubliseer: 12/12/2024

?Die Wes-Kaap se voorste onderwyser, Llewellyn van der Ross, het nooit ? loopbaan in die onderwys beplan nie. “Ek het nie onderwys gekies nie, onderwys het my gekies," sê hy oor die “openbaring" wat hy in graad 12 gehad het en wat meegebring het dat hy onderwys gaan studeer het en daarna as ? graad 7-onderwyser na sy voormalige skool, Tuscany Glen Primêr in Eersterivier, teruggekeer het.

Van der Ross, wat in Desember met ? meestersgraad in die onderwys aan die Universiteit Stellenbosch (US) gradueer, sê sy passie vir dié beroep spruit uit sy liefde vir lees. “Geletterdheid is die brug tussen ellende en hoop," sê hy met verwysing na die woorde van die voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Kofi Annan. Lees was die vonk wat sy lewensloop verander het, verduidelik hy. “Ek is grootgemaak deur my ma, ? enkelouer wat lang skofte in ? fabriek gewerk het om vir ons gesin te voorsien. Haar opofferings het ? diepgaande invloed op my gehad. Sy het my die waardes van harde werk en veerkragtigheid geleer en die oortuiging by my laat posvat dat onderwys deure kan oopmaak wat vir ons toe gelyk het."

Nou kan Van der Ross, wat in Wesbank in Kuilsrivier grootgeword het, deure oopmaak vir die leerders wat sy klaskamer binnestap. Hy kan homself nie in enige ander beroep voorstel nie en sê die feit dat hy uit dieselfde gemeenskap as die leerders in sy klas te kom, gee vir hom ? voorsprong wanneer dit by onderwys kom. “Vir my is onderwys nie bloot ? beroep nie; dit is ? roeping om ruimtes te skep waar elke kind gewaardeer, gesien en ge?nspireer voel om groter as hulle omstandighede te droom."

Hy het sy navorsing vir sy meestersgraad op die uitwerking van leerverliese gekoppel aan die 肆客足球-pandemie gefokus, met ? spesifieke fokus op leesbegrip. Dít nadat hy opgemerk het dat baie van sy leerders kon lees, maar talle gesukkel het om met begrip te lees. “Ek streef daarna om binne die klaskamer te innoveer deur programme soos 'Lees vir Begrip'-klubs bekend te stel en digitale storievertelling in te sluit.

Maar vir Van der Ross gaan onderrig verder as die boeke en die swartbord. In sy klaskamer streef hy daarna om die emosionele behoeftes van elkeen van sy leerders te verstaan sodat hy met begrip en empatie kan onderrig. “Ek moet eers die hart bereik voordat ek die brein kan leer."

 


Tuscany Glen Primêr is nie ? hulpbronryke skool nie en die leerders kom klaar sonder baie van die geriewe wat ander skole geniet. Tóg is elke klaskamer gevul met inspirerende boodskappe en kleurvolle plakkate wat aspekte van die kurrikulum uitlig. Dit is duidelik dat onderwysers soos Van der Ross hulle bes doen om die skool se meer as 1 000 leerders voor te berei vir ho?rskool en daarna. Soos hy met trots vertel, het baie van sy leerders aan universiteite gaan studeer.

Van der Ross sê hy het gekies om sy nagraadse studie aan die US te doen omdat die Universiteit “as ? voorloper in navorsing erken word" en “transformasie omarm het". Hy het groot lof vir sy studieleiers, prof Christa van der Walt en dr Shannon Bishop-Swart, en vir die US wat aan hom die geleentheid gebied het om ? tyd lank meertaligheid aan die Humbolt-Universiteit in Berlyn te studeer.

Hy sê hy sal die viering van sy komende gradeplegtigheid met sy ma deel. “Dit is moeilik om die trots en dankbaarheid wat ek voel, te verwoord. Hierdie graad verteenwoordig haar opofferings, my harde werk en die droom dat onderwys siklusse kan verbreek en ? toekoms kan bou."

Oor die erkenning deur die Wes-Kaapse regering as die provinsiale wenner van die Nasionale Beste Onderwyser-toekenning, sê Van der Ross: “Nooit in ? miljoen jaar het ek gedink ek sou as die beste onderwyser erken word nie. Dit was ? oorweldigende oomblik."

Terwyl die toekenning vir hom “die wêreld beteken", hou die harde werk nooit op nie. Hy is die gelukkigste in sy heldergeel klaskamer, versier met inspirerende aanhalings en beskrywende woorde, waar hy sy liefde vir lees met kinders kan deel terwyl hy die selfvertroue by hulle kan inboesem wat hulle nodig het om te floreer.

“Elke kind verdien ? kampvegter," sê hy met ? glimlag.?

Foto en video: Stefan Els