肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
€7,5 miljoen vir navorsing wat wiskunde en teoretiese rekenaarwetenskap kombineer
Outeur: Faculty of Science (media & communication)
Gepubliseer: 05/12/2024

?Prof. Florian Luca, 'n getalteoretikus verbonde aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Wiskundige Wetenskappe, is een van drie hoofnavorsers wat 'n Synergy Grant ter waarde van €7,5 miljoen (ongeveer R143,1 miljoen) van die Europese Navorsingsraad (ENR) bekom het.

Die ander twee hoofnavorsers is Prof. Val¨¦rie Berth¨¦ van die Franse Institut de recherche en informatique fondamentale by die Centre National de la Recherche Scientifique (CNRS) aan die 肆客足球 Paris Cit¨¦, en Prof. Jo?l Ouaknine, wetenskapsdirekteur van die Max Planck Instituut vir Sagtewarestelsels (MPI-SWS) in Saarbr¨¹cken, Duitsland.

Die ENR se Synergy Grants bevorder onderlinge samewerking tussen uitsonderlike navorsers, wat hul in staat stel om hulle kundigheid, kennis en hulpbronne te kombineer ten einde die grense van wetenskaplike ontdekking te verskuif. Hierdie finansi?le toekennings maak deel uit van die navorsings- en innovasieprogram van die Europese Unie se Horizon Europe. Die mededinging om hierdie fondse is baie sterk en in die huidige befondsingsronde is slegs 57 van die 548 voorstelle wat ingedien is (10,4%), goedgekeur.

Oor die volgende ses jaar sal hierdie multidissiplin¨ºre span uit die vakgebiede van getalteorie en teoretiese rekenaarwetenskap, 'n benadering van ¡°ho? risiko, ho? winste" volg om een van die hoof berekeningsuitdagings aan te pak wat deur sogenaamde ¡°diskrete dinamiese stelsels" verteenwoordig word ¨C dit wil s¨º stelsels wat oor tyd volgens spesifieke re?ls verander. 

Volgens 'n mediaverklaring wat deur die Max Planck Instituut uitgereik is, bly dit 'n groot uidaging om algoritmiese oplossings te skep wat hierdie stelsels ontvanklik sal maak vir geoutomatiseerde verifikasietegnieke, veral in velde soos programanalise en rekenaargesteunde verifikasie, tot kunsmatige intelligensie en teoretiese biologie.

¡°Die paradigma van 'modelkontrole' is 'n kragtige metode wat ons in staat stel om outomaties, met wiskundige sekerheid, te verifieer of 'n stelsel optree soos die veronderstelling was," verduidelik Prof. Ouaknine. Baie diskrete dinamiese stelsels kan egter nie tans geverifieer word met die beskikbare modelkontrolebenaderings nie.

Een van die hoofdoelwitte van hierdie nuwe navorsingsprojek getiteld ¡°Dynamical and Arithmetical Model Checking (DynAMiCs)" is om die klasse van dinamiese stelsels en eienskappe wat algoritmies deur middel van modelkontrole(ring) hanteer kan word, aansienlik te verruim. Dit het ten doel om langdurige wiskundige uitdagings soos die Skolem-probleem aan te pak, wat kan lei tot deurbrake in die verstaan en verifi?ring van die gedrag van ander komplekse sisteme.  

Prof. Luca s¨º hul suksesvolle voorstel berus op 'n baie sterk navorsingsgrondslag: ¡°My samewerking met Jo?l se span het laat in 2019 begin. Op daardie stadium was ek 'n besoeker aan die Max Planck Instituut vir Wiskunde in Bonn en hy en sy span het van Saarbr¨¹cken af gekom op soek na wiskundiges wat sou belangstel om aan probleme op die gebied van teoretiese rekenaarwetenskap te werk."

Aangesien Prof. Luca alreeds onder sy portuurgroep en kollegas as 'n ¡°probleemoplosser" bekend was, is die Saarbr¨¹cken-span aangeraai om met hom te vergader.

¡°Sedert daardie eerste ontmoeting het ek jaarliks 'n paar maande by die Max Planck Instituut vir Sagtewarestelsels deurgebring om saam met Jo?l en sy span te werk. Teen hierdie tyd het ons reeds 15 navorsingsartikels gepubliseer waarin ons beduidende vordering gemaak het met 'n paar moeilike probleme. Die idee om vir ENR-befondsing aansoek te doen, het in Mei verlede jaar gedurende 'n werkswinkel in Barbados ontstaan waar Val¨¦rie van die CNRS, Jo?l, en ek almal teenwoordig was, en vir die volgende vyf maande het ons aan die voorstel gewerk," verduidelik hy.

Dit het 11 maande en verskeie stappe gekos om di¨¦ bedrag te bekom. Dit het ook 'n onderhoud in persoon op 10 September 2024 by die ENR se hoofkantoor in Brussels ingesluit waar hulle 'n projekaanbieding moes doen en vrae van 'n paneel van 20 spesialiste moes beantwoord.

Prof. Luca s¨º die meeste van die geld sal gebruik word om nadoktorale genote aan te stel en PhD-studente te help om hul projek te bevorder en by te dra tot die opleiding van 'n nuwe generasie navorsers. Die span beplan ook  twee somerskole en verskeie seminare en werkswinkels.

Terwyl hy vir ses maande van die jaar by die Max Planck Instituut sal werk, sal sy navorsingsgroep hier by die US voltyds aan die projek werk. Daar sal ook geleenthede vir uitruilprogramme tussen die instellings en vele ander medewerkers wees.

Nagraadse studente wat belangstel om by hierdie projek aan te sluit, moet op die uitkyk wees vir die eerste advertensies wat in Desember en Januarie volgende jaar sal verskyn. Die projek neem in Maart 2025 amptelik in aanvang en Prof. Luca sal aan die einde van die eerste semester vir sy eerste ses maande lange skof by die Max Planck Instituut aansluit.

¡°Uit die aard van my unieke posisie dat ek saam met beide die Nasionale Navorsingstigting (via die US) kan saamwerk, ¨¦n 'n hoofnavorser kan wees in 'n span wat deur die ENR befonds word, hoop ek om 'n paar Suid-Afrikaanse studente en nadoktorale genote deel van die ENR se span te kan maak, ¨®f om geleenthede te skep vir besoeke aan bogenoemde instellings of ander soortgelyke geleenthede," sluit hy af.

Prof. Ingrid Rewitzky, hoof van die US Departement Wiskundige Wetenskappe en die Fakulteit Natuurwetenskappe se Visedekaan: Leer en Onderrig, het Prof. Luca gelukgewens met hierdie uitstekende prestasie: ¡°Ons is opgewonde oor die geleenthede vir navorsers, nagraadse studente en nadoktorale genote om saam met hierdie inspirerende DynAMiCs-span te kan werk. As departement sien ons ook uit daarna om van die DynAMiCs-projekspanlede vir navorsingsbesoeke en samewerking te huisves, en om gesamentlike navorsingswerkswinkels en -seminare  aan te bied."

Foto deur Stefan Els.