肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
EBW-studente troef JSE-beleggingsuitdaging
Outeur: Daniel Bugan
Gepubliseer: 21/11/2024

Twee studente van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het onlangs as wenners in die 2024 Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) beleggingsuitdaging uit die stryd getree.

Marnus Kotze, 'n derdejaarstudent in Ekonomie, en Thomas Theron, 'n tweedejaar-BRek-student, wat as Koffie & Beskuit 2.0 saamgespan het, het die eerste plek in die Universiteit Spekulantsportefeulje-kategorie verower.

Die JSE-beleggingsuitdaging toets deelnemers se aandelehandelsvaardighede deur middel van 'n gesimuleerde virtuele handelsprogram. Elke span kry 'n denkbeeldige bedrag van R1 000 000 om oor 'n tydperk van ses maande in JSE-genoteerde maatskappye te belê. Hul prestasie word gemeet in 'n kompetisie teen ander spanne wat aan die uitdaging deelneem. Om as wenner gekroon te word, moet 'n span aan die einde van die kompetisie die hoogste opbrengs lewer. Koffie & Beskuit 2.0 het in die loop van die ses maande 'n groei van 20% (van R1000 000 tot R1 200 000) getoon.

Kotze sê hy is die eerste keer in 2023 aan dié uitdaging bekendgestel en was gretig om deel te neem weens sy belangstelling in die aandelemark.

“Ek en 'n vriend het toe oor 'n koffie en beskuit (vandaar die naam Koffie & Beskuit) besluit om vir die kompetisie in te skryf. Hoewel ons nie te goed gevaar het nie, het ons steeds weggestap met een van die maandelikse pryse ter waarde van R3 000. Vanjaar het ek gedink ek kan net sowel weer probeer en het Thomas genader om hierdie keer my spanmaat te wees (Vandaar die naam Koffie & Beskuit 2.0).”

Kotze glo dat die ervaring wat hy in 2023 opgedoen het, hulle goed te pas gekom het in vanjaar se uitdaging.

“Die ervaring wat ek opgedoen het toe ek aan verlede jaar se kompetisie deelgeneem het, het my gehelp om die mark beter te verstaan en sekere dinge te identifiseer wat waarskynlik 'n uitwerking op pryse kan hê. Die meeste van ons handelskeuses is gemaak op grond van ons interpretasie van nuus wat ons oor 'n sekere maatskappy, bedryf of kommoditeit ingesamel het.

“Ek glo daar is twee redes waarom ons op die ou end as wenners uit die stryd getree het. Eerstens het ons 'n paar ingeligte besluite geneem wat meestal akkuraat was en tweedens glo ek dat dit God se manier was om ons te se?n en sy naam te verheerlik.”

Kotze het gesê sy deelname aan die JSE-beleggingsuitdaging het hom goed voorberei vir die toekoms aangesien hy beplan om die finansi?le bedryf te betree wanneer hy in 2025 met sy studies klaarmaak.

Die spanmaats het R30 000 in prysgeld ontvang vir hul wenpoging en het alreeds planne daarvoor.

“Eerstens beplan ons om 'n feestelike maal te geniet om ons prestasie te vier. Maar ons sal waarskynlik die meeste van die geld op die JSE en in moontlike kleinsakeondernemings belê,” het Kotze gesê.

Hulle het ook 'n reis om 'n internasionale aandelebeurs te besoek, losgeslaan.

Die JSE-beleggingsuitdaging, nou in sy 51ste jaar, is ontwerp om 'n beleggingskultuur te kweek en finansi?le geletterdheid in Suid-Afrikaanse onderwysinstellings, van skole tot ho?ronderwysinstellings, te verbeter.

Alle Suid-Afrikaanse universiteitstudente, ongeag hul studierigting, kan inskryf vir die kompetisie, maar moet 'n span vorm met 'n minimum van twee lede en 'n maksimum van vier lede. Daar sal van elke span verwag word om 'n registrasiefooi van R100 te betaal.