肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Deresh Ramjugernath aangestel as visepresident van ASSAf
Outeur: Corporate Communication and Marketing | Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 19/11/2024

?Die Universiteit Stellenbosch (US) kondig met trots aan dat prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig en aangewese Rektor en Visekanselier, as die Visepresident van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika (ASSAf) verkies is en in die Raad sal dien.

Hierdie prestigeryke aanstelling beklemtoon Ramjugernath se uitstaande leierskap in ho?r onderwys en sy toewyding om wetenskap te gebruik om positiewe verandering in Suid-Afrika te bewerkstellig. In sy eie woorde:

"Dit is 'n betekenisvolle mylpaal vir my en ek voel bevoorreg om ASSAf in sy missie te ondersteun om wetenskap tot voordeel van ons samelewing te aan te wend. Ons staar as 'n land groot geleenthede én dringende uitdagings in die gesig, en ek glo die wetenskap en bewysgebaseerde besluitneming is noodsaaklike instrumente om 'n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners te skep."

Ramjugernath beoog om as vise-president kritieke kwessies aan te spreek, soos die bevordering van wetenskap-ingeligte beleide oor gesondheidsorg, onderwys en klimaatveerkragtigheid. Hy het ook die belangrikheid van ASSAf se rol raadgewers aan beleidmakers en die bevordering van openbare vertroue in die wetenskap beklemtoon, veral in 'n tyd van beduidende uitdagings en geleenthede vir Suid-Afrika.

Ramjugernath se leierskap by die US het hom met waardevolle ervaring in akademiese innovasie, gemeenskapsbetrokkenheid en die bevordering van 'n kultuur van uitnemendheid toegerus – vaardighede wat hy beplan om na sy nuwe rol te bring. Hy sien hierdie dubbele leierskap as 'n sinergistiese geleentheid om die impak van beide instellings tot voordeel van die samelewing te versterk.

Oor sy visie vir ASSAf het hy die volgende te sê: "Samewerking is noodsaaklik. Ek sien daarna uit om saam met mede-raadslede en die bre?r wetenskaplike gemeenskap te werk om inisiatiewe voor te staan wat wetenskaplike ontdekkings bevorder en die lewensgehalte vir alle Suid-Afrikaners verbeter. Wetenskap is 'n ongelooflike hulpmiddel vir verandering, en ek is opgewonde om tot 'n toekoms by te dra waar wetenskap 'n betroubare, leidende krag in ons ontwikkeling bly."

Meer oor ASSAf

ASSAf is 'n toonaangewende instelling in die bevordering van die wetenskap tot maatskaplike voordeel, die bevordering van bewysgebaseerde beleide en die bevordering van samewerking tussen Suid-Afrika se mees gewaardeerde vakkundiges. Die Raad bring onder leiding van sy president, prof Thokozani Majozi, wetenskaplike leiers byeen om dringende nasionale en globale uitdagings aan te spreek.

Die pad vorentoe

Ramjugernath se aanstelling bevestig die Universiteit Stellenbosch se verbintenis tot uitnemendheid en leierskap in ho?r onderwys en die wetenskap. Sy samewerkende visie en toewyding aan transformerende leierskap posisioneer hom as 'n sleutelfiguur in die vorming van Suid-Afrika se wetenskaplike en akademiese toekoms.

Ons wens Ramjugernath hartlik geluk en sien uit daarna om die ongelooflike invloed van sy werk in hierdie nuwe rol te sien.