?Vyf senior akademici van die Universiteit Stellenbosch (US) was onder die 44 voorste vakkundiges en wetenskaplikes wat op 23 Oktober by die jaarlikse Toekenningseremonie van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika (ASSAf) as nuwe lede ingehuldig is. Twee jong navorsers van die US is by dieselfde geleentheid by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Jong Wetenskaplikes (SAYAS) verwelkom.
Synde die amptelike nasionale Akademie van Suid-Afrika, is een van ASSAf se kernfunksies om die land se mees uitstaande vakkundiges te vereer deur hulle tot lede van die Akademie te verkies. ASSAf-lede word uit die volle spektrum van dissiplines gekies. Die 44 nuwe lede bring die totale ledetal van ASSAf op 730 te staan.
Twee van die nuwe ASSAf-lede van die US is van die Fakulteit Natuurwetenskappe. Hulle is Prof Resia Pretorius, uitgelese navorsingsprofessor in die Departement Fisiologiese Wetenskappe; en Prof Johann Rohwer, professor in sisteemsbiologie in die Departement Biochemie. Die ander akademici is Prof Reinette Biggs, Mededirekteur: Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange (SVO) en bekle?r van die DWT/NNS-leerstoel in sosio-ekologiese stelsels en veerkragtigheid; Prof Anna-Maria Oberholster, professor in genetika: Departement Genetika, Fakulteit AgriWetenskappe; en Prof Frank Tanser, professor in globale gesondheid en Direkteur van Bevolkingsgesondheidsinnovasie by die Sentrum vir Epidemiese Reaksie en Innovasie.
ASSAf verteenwoordig Suid-Afrika in die internasionale gemeenskap van wetenskapakademies. Die Akademie mobiliseer sy lede – internasionaal bekende geleerdes wat deur hul eweknie? verkies word – om gesaghebbende advies gegrond op wetenskaplike, gestrenge ontleding van bewyse en konsensus van diverse kundiges aan die regering en ander belanghebbendes te verskaf. Daarbenewens erken en beloon ASSAf ook vakkundige prestasie en uitnemendheid in die toepassing van wetenskaplike denke tot voordeel van die samelewing.
Nuwe lede word elke jaar deur al die bestaande lede verkies. Lidmaatskap van die Akademie is ? groot eer en gee erkenning aan vakkundige prestasie. Die lede is die Akademie se kernbate en gee vrywillig van hul tyd en kundigheid in diens van die samelewing.
Die US se Visekanselier en Rektor, prof Wim de Villiers, het die nuwe groep vakkundiges wat by ASSAf ingehuldig is, geluk gewens. “Hierdie eer weerspie?l hul akademiese uitnemendheid en toewyding tot maatskaplike impak. Ek is veral trots op die US-akademici onder hulle, wie se prestasies ons visie bevorder om die leiding as Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te neem, ons gemeenskap te inspireer en navorsing met impak regoor Suid-Afrika en verder te bevorder," het De Villiers gesê.
Prof Sibusiso Moyo, Adjunk-visekanselier: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies aan die US, het gesê dit is ? groot eer vir US-akademici om by ASSAf se geledere aan te sluit. “Hulle vergestalt almal die akademiese uitnemendheid en innoverende gees waarvoor die Universiteit Stellenbosch staan. Hul bydrae tot die bevordering van kennis in hul onderskeie velde en van die US se verbintenis tot navorsingsuitnemendheid, hul bydrae tot vaardigheidsopleiding vir meesters- en doktorale kandidate, asook hul uitnemende toepassing van wetenskaplike denke vir positiewe verandering, word erken. Ek wens hulle die beste toe terwyl hulle voortgaan om die grense van kennis verder as 2024 te verskuif," het Moyo gesê.
Nuwe SAYAS-lede
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Jong Wetenskaplikes (SAYAS) het tydens die ASSAf-toekenningseremonie tien nuwe lede ingehuldig. Twee akademici van die US is by SAYAS verwelkom: Dr Yaseera Ismail is ? senior lektor wat in kwantuminligtingskommunikasie en -verwerking spesialiseer, en dr Caitlin Uren is ? dosent in mensgenetika, bioinformatika en farmakogenetika.
SAYAS is in 2011 tot stand gebring om Suid-Afrika se jong wetenskaplikes in staat te stel om ten volle aan plaaslike en internasionaal relevante navorsing- en ontwikkelingsagendas deel te neem.
Dit bied ? nasionale platform waar voorste jong wetenskaplikes van alle dissiplines in die land met mekaar kan interreageer en toegang tot internasionale netwerk- en loopbaanontwikkelingsgeleenthede kan kry.
SAYAS-lede is wetenskaplikes jonger as 40 met PhD's wat as uitmuntend in hul vakgebied geag word. SAYAS-lede kom uit alle dissiplines, insluitend suiwer en toegepaste wetenskappe, geesteswetenskappe, sosiale wetenskappe en die kunste.