Die Universiteit Stellenbosch (US) het vandeesweek toonaangewende wêreldkundiges in kardiovaskulêre navorsing en geneeskunde verwelkom by die Nobel-simposium oor vordering en uitdagings in kardiovaskulêre geneeskunde wat by die Stellenbossse Instituut vir Gevorderde Studie (Stias) gehou is.
Kardiovaskulêre siekte (KVS) is die grootste oorsaak van sterftes wêreldwyd en hoewel die sterftesyfer in ho?-inkomstelande danksy vooruitgang in voorkoming en behandeling gedaal het, het die las dramaties na lae- en middelinkomstelande verskuif, veral in Afrika suid van die Sahara.
Die simposium is deel van die Nobel in Afrika-reeks en het ten doel om huidige navorsing oor siektemeganismes te evalueer en doeltreffende strategie? te ondersoek om die groeiende gesondheidskrisis te beheer wat deur KVS veroorsaak word. Die vierde deel van die Nobel in Afrika-simposiumreeks, wat in vennootskap met die Royal Swedish Academy of Sciences en die Nobel-stigting georganiseer is, het op ? ho? noot begin en die weg vir ? impakvolle week van besprekings en kennisuitruiling gebaan.
Gerekende gaste het Maandag se openingsessie bygewoon, isluitend verteenwoordigers van die Nobel-stigting, die Wallenberg-stigting, asook senior leiers van die US en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR).
Die geleentheid, wat deur bekendes soos prof G?ran Hansson van die Karolinska-instituut in Swede en prof Jan Nilsson van die Lund-universiteit saamgeroep is, lê nie net klem op wetenskaplike dialoog nie, maar het ook ten doel om jong wetenskaplikes en studente van Afrika te inspireer.
In sy openingstoespraak het Hansson, wat ook sekretaris-generaal van die Royal Swedish Academy of Sciences is, vertel van die uitdagings wat die organiseerders die hoof moes bied om die simposium te laat plaasvind, insluitend veelvuldige uitstellings weens die 肆客足球-pandemie.
Prof Edward Kirumira, Direkteur van Stias, het deelnemers aangemoedig om die week te gebruik om netwerkgeleenthede aan te gryp. “Die Nobel in Afrika-simposiumreeks bring van die beste denkers van oor die wêreld heen na jou voorstoep. Jy sou baie internasionale en plaaslike reise moes onderneem om al die deelnemers te sien wat hier byeen is. Gebruik elke geleentheid gedurende hierdie week om daardie loopbaanvormende gesprekke te voer," het Kirumira die gehoor aangemoedig.
Die simposium is meer as ? akademiese byeenkoms, het prof Sibuso Moyo, Adjunk-visekanselier: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies van die US, gesê. “Dit getuig van die samewerkende krag en kundigheid van Suid-Afrika én Swede. Deur hierdie vennootskap verenig ons voorste denkers van oor die wêreld heen om die uitdagings van kardiovaskulêre geneeskunde aan te pak."
Die eerste hoofrede is gelewer deur prof Abdallah Daar, emeritus-professor in kliniese openbare gesondheid, globale gesondheid en chirurgie aan die Universiteit van Toronto. Hy het die kollig laat val op die ontwikkelende landskap van kardiovaskulêre siektes in die 21ste eeu, asook op die toename in beide tradisionele en nuut ge?dentifiseerde risikofaktore.
Hy het opgemerk dat hoewel ou bekende faktore soos ? ongesonde dieet, liggaamlike onaktiwiteit, tabak- en alkoholgebruik beduidende bydraers tot KVS bly, ontluikende risiko's soos lugbesoedeling, klimaatsverandering en die voortslepende uitwerking van 肆客足球 ook ? invloed op die wêreldwye gesondheidsdinamika het. Boonop word sosiale isolasie, eensaamheid en gebrek aan slaap, wat dalk nie tradisioneel met hartsiektes geassosieer is nie, al hoe meer as kritieke risikofaktore erken.
Daar het ook na die kardinale rol van die diabetes- en vetsugepidemies in die toename van kardiovaskulêre siektes wêreldwyd verwys. Hy het kommer uitgespreek oor die drastiese toename in diabetesgevalle, veral in lae- en middelinkomstestreke, waar toegang tot gesondheidsorg ? uitdaging bly.
“Een uit elke agt mense in die wêreld leef tans met vetsug," het Daar gesê. “In 2022 het dit neergekom op ? miljard mense wêreldwyd. Boonop is 43% van mense oorgewig. Die wêreldwye toename in vetsug onder volwassenes het sedert 1990 meer as verdubbel en onder kinders en adolessente het dit vervierdubbel. Ons weet dat wanneer kinders eers vetsugtig word, dit amper onmoontlik is om dit in die toekoms te stop," het hy gesê.
Ultraverwerkte kos het byna onvermydelik in ons voedselketting geword, het hy bygevoeg. “Daar is nou bewyse wat ultraverwerkte voedsel met hartsiektes verbind. Kunsmatige versoeters wat spesifiek eritritol bevat, word aan bloedklonte en ? ho?r risiko vir kardiovaskulêre siektes gekoppel. Die gevaar van laevesel-di?te is lankal bekend, want ho?vesel-di?te verwyder eintlik cholesterol uit die liggaam en laevesel-di?te nie. Ons het meer onlangs daarvan bewus geword dat sistemiese outo-immuunafwykings ook risikofaktore vir kardiovaskulêre siekte is," het Daar gesê.
Een van die belowendste ontwikkelings waarna hy verwys het, is die bekendstelling van Glucakon-agtige peptied-1-reseptoragoniste (GLP), ? nuwe klas geneesmiddels wat aanvanklik ontwikkel is om diabetes te behandel, maar nou algemeen gebruik word om vetsug te bekamp. Hierdie medikasie lyk belowend vir gewigsbestuur én die verlaging van die risiko van kardiovaskulêre siektes, Parkinson se siekte en selfs verslawing. Die ho? koste daarvan en ? groeiende vraag het egter tot tekorte gelei, wat kommer laat ontstaan oor billike toegang in veral lande met ? laer inkomste.
Benewens dié finansi?le las, het Daar daarop gewys dat GLP-1-reseptoragoniste moontlik ernstige newe-effekte kan hê. Hy het ook die etiese en sosiale implikasies van nuwe tegnologiese vooruitgang soos die gebruik van kunsmatige intelligensie bespreek en die behoefte aan verantwoordelike ontwikkeling en ontplooiing benadruk om billike toegang en impak te verseker.
Prof Ntobeko Ntusi, President van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, het ? Afrika-perspektief op kardiovaskulêre siektes gebied. Hy het die vasteland se unieke uitdagings uitgestippel, soos die ho? voorkoms van hipertensie, kardiomiopatie en rumatiese hartsiektes, wat jonger bevolkings buite verhouding raak.
“Ons het oor die afgelope 20 jaar opgemerk dat die las van kardiovaskulêre siektes en mortaliteit as gevolg daarvan onverpoos in alle streke in Afrika suid van die Sahara bly toeneem," het Ntusi gesê.
Terwyl ho?-inkomstelande op aterosklerotiese siektes gefokus het, worstel Afrika met hartversaking en ander vorme van KVS wat vroe?r in die lewe toeslaan en mense van werkende ouderdom buite verhouding be?nvloed en wat talle Afrika-lande se sosio-ekonomiese uitdagings vererger, het hy benadruk. Omgewingsrisikofaktore soos lugbesoedeling, asook metaboliese faktore, veral onbeheerde hipertensie, dra aansienlik tot die toenemende KVS-las by.
“In Afrika suid van die Sahara kom hipertensie by net minder as 50% van vroue en sowat 35% van mans voor. Daar heers dus ? groot gaping tussen ons wetenskaplike kennis en ons vermo? om hipertensie effektief te bestuur. Slegs sowat 50% van mense met ho? bloeddruk is gesif, en van hulle is slegs sowat ? derde behandel. Voorts word die behandelingsteiken behaal by minder as 10% van mense wat wel behandeling ontvang," het Ntusi gesê.
Hy het ook verwys na die kompliserende effek van infeksies soos MIV op kardiovaskulêre gesondheid in Afrika. MIV-verwante kardiomiopatie is byvoorbeeld ? beduidende bekommernis wat die vasteland se stryd teen hartsiektes verder belemmer. Ntusi het ? beroep op groter samewerking tussen Afrika-navorsers en hul globale eweknie? gedoen om pasgemaakte oplossings te ontwikkel wat die unieke epidemiologiese landskap van die vasteland aanpak.
- Nobel in Afrika is ? Stias-inisiatief in vennootskap met die US en onder die vaandel van die Nobel-stigting en die Royal Swedish Academy of Sciences, met finansiering van die Knut & Alice Wallenberg-stigting. Stias organiseer deur hierdie inisiatief ? reeks simposiums met toonaangewende navorsers in die die Nobelprys-kategorie?, naamlik Fisika, Chemie, Ekonomiese Wetenskappe, Fisiologie/Geneeskunde en Letterkunde.
FOTO: Prof Sibusiso Moyo, Elana Africa (gespreksfasiliteerder), prof Jan Nilsson, prof Ntobeko Ntusi, prof Abdallah Daar en prof Edward Kirumira.