肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US se Beleidslaboratorium help om vertroue in KI te bou met aanlyn instrumentekatalogus
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Gepubliseer: 21/08/2024

?Die naspeuring van bedrog, verbeterde dienslewering en doeltreffende administrasie is maar enkele van die omvattende toepassings wat kunsmatige intelligensie (KI) vir die Suid-Afrikaanse regering inhou, sê prof Willem Fourie, hoof van die Universiteit Stellenbosch (US) se Beleidsinnovasielaboratorium.

Met dít in gedagte, en om meer vertroue in die gebruik van AI in die openbare sektor te skep, het 'n span by die Lab, onder leiding van dr Gray Manicom, 'n soekbare aanlyn katalogus van AI-instrumente saamgestel. "Hierdie soekbare katalogus ?is voordelig vir die regering én sakeondernemings wat KI in die Suid-Afrikaanse openbare sektor wil benut deur hulle te help om gebruiksgevalle te vind waar KI tans oorsee gebruik word," verduidelik Manicom.

"Deur die ontwikkeling en toepassing van 'n metodologie om KI-instrumente wat tans in die EU gebruik word, te identifiseer wat toepaslik is vir Suid-Afrika, kan ons ook die publiek se vertroue in en begrip van KI-gebruik in die openbare sfeer verhoog deur werklike toepassings toegankliker te maak."

Jan Hofmeyr, 'n gegradueerde van die Stellenbosch Bestuurskool, merk in 'n onlangse studie op dat wanneer dit korrek toegepas word, KI die reikwydte en gehalte van die regering se dienste aansienlik kan verbeter.

"Die vinnige groei in die omvang en vermo?ns van KI sal in die komende jare aan die regering nóg groter geleenthede bied om die reikwydte en gehalte van dienste aan Suid-Afrikaners te verbeter. As hulle dit oordeelkundig benut, hou dit belofte in vir Suid-Afrika en ander ontwikkelende lande om hardnekkige, dikwels strukturele, ontwikkelingsuitdagings te oorkom," sê hy.

Manicom sê: "Deur ons ontleding op KI-instrumente te grond wat tans in 'n jurisdiksie gebruik word wat daarvoor bekend is dat dit die beste toepassings van en regulasies vir KI het, kan ons ook die openbare vertroue in en begrip van KI-gebruik in die openbare sfeer (in Suid-Afrika) verhoog deur werklike toepassings toegankliker te maak."

Die Lab se katalogus, wat op die 'Public Sector Tech Watch'-datastel van digitale instrumente gegrond is wat in die Europese Unie gebruik word, sal tweejaarliks opgedateer word namate meer gevalle deur hulle werk na vore kom. Hoewel instrumente gebruik word wat in Europa toegepas word, is hierdie katalogus beperk tot gevalle wat op Suid-Afrika van toepassing is. Dit sluit instrumente vir kommunikasie tussen die regering en landsburgers, vir ontleding en monitering, vir administrasie, vir die naspeuring van bedrog en baie ander uitgebreide toepassings in.

"Ons het probeer om so pragmaties as moontlik te wees, in ag genome die relatief ho? behoeftes van Suid-Afrika en die relatief lae digitale vaardighede en infrastruktuur in die regering," voeg Manicom by.

 

Foto: Freepik - rawpixel.com??