肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Herman Wasserman bekyk verhouding tussen media en samelewing van naderby
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 24/07/2024

?Prof Herman Wasserman van die Departement Joernalistiek in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe het Dinsdag 23 Julie 2024 sy intreerede gelewer. Die titel van sy lesing was “Laat die media saak maak: oor waarheid, waardigheid en liefde".

Wasserman het met die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gesels oor hoe hy help om by te dra tot 'n beter begrip van die media in ons daaglikse lewe, in ons demokratiese politiek, in die uitoefening van ons burgerskap en in ons sosiale interaksies.

Vertel ons meer oor jou navorsing en wat jou belangstelling in hierdie spesifieke veld geprikkel het.

In bre? trekke was my navorsingsbelangstelling nog altyd die verhouding tussen die media en die samelewing. Dit het meer spesifiek op aspekte soos media-etiek, media en konflik, media en geopolitiek, en mees onlangs, disinformasiestudie begin fokus. Ek ondersoek vrae soos 'Watter etiese waardes kan ons van die media verwag om in 'n demokrasie te handhaaf?', 'Hoe be?nvloed politieke oorgange en verskuiwings die rol van die media?', 'Hoe verstaan ons die afname in vertroue in die media en die opkoms van disinformasie – en wat kan daaraan gedoen word?'.

Hoe sou jy die relevansie van jou werk beskryf?

Dit is moeilik om dink dat daar enige gebied in die hedendaagse lewe is wat nie deur die media geraak of be?nvloed word nie, of wat nie op die een of ander manier met die media in wisselwerking tree nie. Ek sou hoop dat my navorsing tot 'n beter begrip van die media in ons daaglikse lewe, in ons demokratiese politiek, in die uitoefening van ons burgerskap en in ons sosiale interaksies sou bydra. Die uiteindelike doel om hierdie dinamika beter te verstaan, is om maniere voor te stel waarop die verhouding tussen die media en die samelewing verbeter kan word, en dat mediagebruikers bemagtig word om meer krities met die media om te gaan om sodoende hulle deelname aan die demokratiese lewe te verdiep.

Die media het 'n kritiese rol in ons demokrasie gespeel. Hoe kan dit relevant en reagerend op die samelewing bly?

Die media staar baie uitdagings in die gesig, wat wissel van ekonomiese volhoubaarheid tot politieke druk, aanvalle op hulle geloofwaardigheid en die opkoms van wat as 'inligtingsversteuring' bekend staan – die verhoogde vlakke van disinformasie, aanlyn haat en die gebruik van valshede as 'n wapen. Die uitdaging vir die media is om die vertroue van gehore te behou (of te herwin) deur eties op te tree, kontekstueel reagerend te wees, na uiteenlopende stemme te luister en om ondanks hierdie probleme, toegewyd aan die waarheid te bly.

Hoe kan die media tot 'n beter lewe bydra in 'n wêreld wat met soveel uitdagings te kampe het?

Fundamenteel sal die media se geloofwaardigheid, oorlewing en sosiale relevansie van sy etiese verbintenis tot die openbare belang afhang. Hierdie verbintenis kan opgesom word in basiese beginsels soos om die waarheid te praat, om mense met waardigheid te behandel en na mense se stories op 'n manier te luister wat help om die diepe ongelykhede in ons samelewing ongedaan te maak en tot die bou van verhoudings oor verskille en polarisasies heen bydra.

Jy werk tans aan projekte wat met disinformasie, media en inligtingsintegriteit verband hou. Waarom is dit so belangrik?

Daar heers wydverspreide kommer oor die skade wat disinformasie, haatspraak, valshede en aanvalle op inligtingsintegriteit aan demokratiese samelewings kan aanrig. Ons sien die opkoms van populisme wêreldwyd wat op die ondermyning van vertroue in die media, die saai van verwarring en die verdieping van sosiale polarisasie floreer. Deur die onderliggende houdings, persepsies en sosiale dinamika wat tot hierdie verskynsels lei, te bestudeer en die beste maniere te ondersoek waarop sulke probleme te?gewerk kan word, kan ons hopelik tot 'n meer robuuste, gesonde en veerkragtige inligtingsomgewing bydra.

Jy is al baie jare in die uitdagende ho?ronderwysomgewing. Wat hou jou gemotiveerd wanneer dinge moeilik raak?

Ek het dit nog altyd as 'n geweldige voorreg beskou om te doen wat ek doen – ja, daar is uitdagings, soos met enige werk, maar ek is baie dankbaar dat ek so 'n lonende en vervullende akademiese loopbaan het. Dit is so 'n vreugde om met studente te kommunikeer, hulle idees te hoor, te sien hoe jou aannames uitgedaag word en om tot hul opvoedkundige reis by te dra. My navorsing het my na baie interessante plekke geneem, my aan wonderlike kollegas regoor die wêreld voorgestel en my nuuskierigheid oor die wêreld gestimuleer. Ek sou eerlikwaar niks anders wou doen nie.

Watter aspekte van jou werk is vir jou die lekkerste?

Navorsing is my groot liefde, maar ek geniet ook klasgee en studieleiding, aangesien betrokkenheid by studente altyd tot interessante nuwe ontdekkings lei, my aanspoor om nuwe en ander vrae te vra en my eie horisonne te verbreed.

Vertel ons iets opwindends oor jouself wat mense nie sou verwag nie.

Studente of jonger kollegas is soms verbaas om te hoor dat ek ook soms met 'bedrie?r-sindroom' sukkel! Maar dit is waarskynlik te verwagte – trouens, ek dink dit is 'n goeie ding om nie te gemaklik te raak in jou eie aannames nie en om dít wat jy dink jy weet, aan te hou bevraagteken.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

Ek hou van kosmaak en omdat ek van eet hou, hou ek ook daarvan om te oefen … ek het voorheen marathons gehardloop, maar die middeljare het my ingehaal en nou geniet ek dit om bergfiets te ry, so nou en dan lyfplank te ry en die gimnasium te besoek. Dit is regtig vir my lekker om saam met my tienerkinders (Lukas, Daniel en Sophie) tyd deur te bring, aangesien hulle my op hoogte hou van die jongste neigings in popkultuur, rolprente, sosiale media en musiek – ek het al baie by hulle geleer en soms gee hulle voor dat hulle my pa-grappies snaaks vind.

  • Foto deur Ignus Dreyer (Stellenbosch Centre for Photographic Services).?