肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Rudolph help ander om sukses te behaal
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 16/07/2024
Rudolph du Toit, stigter en besturende direkteur van die werwingsmaatskappy, ARVO, was eens op 'n tyd ? aspirant gholfspeler, maar deesdae vind hy sy waarde, roeping en doel daarin om 'n platform vir mense te skep om te groei en na meer te streef.

?Rudolph het sy skoolloopbaan in die Paarl voltooi en na sy matriekjaar op Boishaai in 2011 het hy 'n “gap"-jaar gevat. Slegs 'n paar jaar later en die stigter en huidige besturende direkteur van ARVO – 'n werwingsmaatskappy – spits sy loopbaan daarop toe om geleenthede vir ander te skep. ARVO is in Kaapstad gebaseer, maar elke ARVO-personeellid werk van die huis af, regoor die wêreld.

Sy passie vir sport, mense, en om kwesbare persone in gemeenskappe met gebrekkige hulpbronne te help, het 'n goeie grondslag gelê wat hom toelaat om lewens te be?nvloed.

Rudolph, wat vanaf 'n pl?us 2-gholfvoorgee speel, het in sy vroe?r jare 'n sterk klem op sport gelê, wat voortgeduur het in sy tyd aan die Universiteit Stellenbosch. Ná die voltooiing van sy sosiale dinamika graad in 2013, wou hy egter mense help om sukses in die lewe te behaal, maar hy het nie geweet hoe dit in die korporatiewe wêreld sou of moes lyk nie.

Sy soektog het hom gelei tot 'n nagraadse kwalifikasie in bemarking, waar hy besef het dat hy besigheid en sy passie kon verbind. Hy het gou sy passie vir besigheid en entrepreneurskap ontdek. “Studies was nie my alles nie, sport was, en ek was baie goed daarin," vertel hy. "My laer- en ho?rskooljare was van my beste herinneringe, soveel so dat ek nog vriende het wat saam met my by Paarl Boys Primêre skool was. Dit is van my waardevolste vriendskappe.

"Na 'n oorbruggingsjaar waar ek oorsee gholf gespeel en ook krieket in townships rondom die Paarl afgerig het, het ek my roeping gevind. Om mense te sien floreer en om 'n hand daarin te hê, maak my gelukkig."

Hy onthou dit was tydens 'n lesing dat iets in sy hart wakker geword het. "Ek het besigheid gesien as 'n platform om lewens aan te raak en 'n impak op diegene rondom jou te hê. Dit het daartoe gelei dat ek saam met twee vriende 'n besigheid begin het, 'n ervaring wat my entrepreneuriese reis help vorm het. Toe ek vir my pa sê dat ek dit 'n kans wil gee het beide my ouers my al die pad ondersteun."

Rudolph sê hy het tot die besef gekom dat hy nie dinge op sy eie wil doen nie maar wel saam met mense wat verskillende vaardighede na die tafel bring.

Sy visie vir ARVO is diep gewortel in die soektog na die regte mense vir die regte poste en in die regte werksomgewing. "Ons fokus is op bestuurs- en uitvoerende posisies binne die finansies, bemarking en ingenieurswese," verduidelik hy. "Ons posisioneer onsself as professionele persone en vind uit wat dit verg om die regte persoon te vind. Mense sluit aan by wonderlike maatskappye met goeie visie en missiestellings, en hulle verlaat werke as gevolg van bestuurstyle en kultuur. Ons poog om die kultuur te be?nvloed."

ARVO se naam en etos weerspie?l sy benadering tot besigheid. "Ek het 'n boodskap op 'n vriend se WhatsApp gesien – 'Surf tomorrow, arvo?' Ek het gedink dit is so 'n lekker woord en ek het daaroor uitgevra.

"Dit weerspie?l hoe ons besigheid doen, gebaseer op verhoudingsbou en baie pret, maar terselfdertyd is dit uitstekend en in 'n klas van sy eie."

Rudolph is daartoe verbind om sy besigheid as 'n platform te gebruik om 'n positiewe impak te maak. "My werk is nie wie ek is nie. My verhouding met die Here, my vrou, my gesin, en my gesondheid is bo werk. Ek wil bekend staan as iemand wat altyd in nederigheid gewandel het en ander belange bo my eie stel. Ek mik om ander mense in die kollig te plaas en ruimte te skep vir ander om te floreer."?