肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mandeladag 2024 - #DISINJOUHANDE
Outeur: Chevaan Peters
Gepubliseer: 03/07/2024

?Mandeladag Afr Walk.jpg
Om Mandeladag te gedenk, bied die Afdeling Sosiale Impak en die Transformasiekantoor van die Universiteit Stellenbosch 'n wandelgesprek aan om oor Nelson Mandela se nalatenskap na te dink.

Sluit gerus op 23 Julie 2024 by ons aan op 'n aangewese roete om die kampus. Die roete loop verby institusionele bakens wat as simbool dien van Mandela se lang pad na vryheid in sy strewe na die ideale van gelykheid en sosiale geregtigheid. Met die wandelgesprek, wat vir studente én personeel bedoel is, wil ons 'n platform skep vir gesamentlike besinning en aksiegerigte betrokkenheid deur kritiese gesprek en sinskepping.

?Die tema vir Internasionale Nelson Mandela-dag 2024 is “Dis in jou hande". Dié wekroep beklemtoon hoe ons elkeen ons sterkpunte kan benut en as 'n nasie kan saamwerk om 'n klimaatsvriendelike omgewing en groter voedselsekerheid te skep. Dít vereis dat ons aktief nadink, betrokke raak, en optree. Dit bly ons verantwoordelikheid om sélf die verandering te wees wat ons graag wil sien.

Vanjaar vind die US se amptelike Mandeladagvieringe op 23 Julie plaas. Die Afdeling Sosiale Impak en die Transformasiekantoor doen graag 'n beroep op die US-gemeenskap om aan die wandelgesprek en die Now and Beyond-voedselsekerheidsprojek deel te neem.  Om vir die stap te registreer, klik hier: https://forms.office.com/r/361j2y7EsA

 ?5.jpg
As 'n toonaangewende ho?ronderwysinstelling, het die Universiteit Stellenbosch 'n kernrol te speel om sy studente se welstand te verseker. Die stryd teen voedselonsekerheid is nie beperk tot Mandeladag of Juliemaand nie, maar duur die hele jaar deur én daarna. Ons nooi dus personeel en studente in die onderskeie fakulteite, departemente en steundiensomgewings om betrokke te raak en hande te vat om voedselonsekerheid te bestry deur teen 31 Julie 2024 enige van die volgende items by te dra:

ToiletwareVoedsel (niebederfbaar)Ander
  • Tandepasta
  • Tandeborsel
  • Seep
  • Waslap
  • Sanitêre doekies
  • Sjampoe
  • Sweetweerder of deodorant (sproei/aanrol)
  • Lyfroom
  • Toiletpapier
  • Mieliemeel
  • Rys
  • Pasta
  • Sardyne (“pilchards")
  • Tuna
  • Boeliebief
  • Bone
  • Kekerertjies
  • Gemengde bone
  • Lensies
  • Gebakte bone
  • Soetmielies
  • Tamatie-en-uiesmoor
  • Chakalaka
  • Gemengde groente
  • Klaarbereide kooksouse
  • Grondboontjiebotter
  • Hawermout
  • Noedels
  • Koffie
  • Tee
  • Suiker
  • Rakmelk
  • Water
  • Konfyt
  • Weet-Bix
  • Brood
  • Cup a Soup
  • Sjokolade
  • Kombers
  • Woorde van bemoediging
  • Waspoeier
  • Leesboek

 

Die lys hier bo is slegs 'n riglyn. Neem gerus die vrymoedigheid om enige ander items van jou keuse te skenk. Hierdie eenvoudige daad kan die weg baan na 'n voedselseker toekoms.

Daar is aangewese aflaaipunte vir diegene wat items wil aflewer. So nie, kan re?lings vir die afhaal van items/goedere met enige van die twee kantore hier onder getref word.

1.      Afdeling Sosiale Impak

Adres: Banghoekweg, Ou Lückhoffskool-gebou

Kontakpersoon: Me Karabo Xutwya

E-posadres: karabox@sun.ac.za

Telefoon: 021 808 2977

2.     Transformasiekantoor

Adres: Kantoor 1008, Admin A-gebou

Kontakpersoon: Me Shanté Neff

E-posadres: shante@sun.ac.za

Telefoon: 021 808 9465

In die gees van Mandeladag, en om ons impak, samewerking, deelname en ondersteuning te versterk, nooi ons ook almal wat enige ander aktiwiteite vir Mandeladag beplan om Chevaan Peters (chevaan@sun.ac.za) teen Vrydag 5 Julie 2024 daarvan in kennis te stel. Sluit asseblief die volgende inligting by jou e-pos in:

  • Wie betrokke is (US-rolspelers en -vennote)
  • Waar dit sal plaasvind
  • Wat die aktiwiteit(e) behels
  • Wanneer (datum en tyd) dit sal plaasvind
  • 'n Uitnodiging om betrokke te raak
  • Die naam en besonderhede van 'n kontakpersoon

Die inligting sal gebruik word om 'n lys van alle Mandeladagaktiwiteite vir Julie op te stel, wat dan op die US-webtuiste geplaas sal word.