肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
KMMO’s benodig bemagtigende ekonomiese omgewing om te floreer
Outeur: Goosain Solomon
Gepubliseer: 27/06/2024

Klein, Mikro- en Mediumgrootte Ondernemingsdag word jaarliks op 27 Junie gevier. In 'n meningsartikel vir Business Report skryf Goosain Solomon van die Departement Ondernemingsbestuur dat die nuwe regering van nasionale eenheid nou die kans het om die geleenthede vir KMMO's te benut en 'n bemagtigende omgewing vir hulle te skep om suksesvol te wees en te floreer.

  • Lees die vertaalde weergawe van die artikel hier onder of klik hier vir stuk soos geplaas.

Goosain Solomon*

Ons vier op 27 Junie Klein, Mikro- en Mediumgrootte Ondernemingsdag om om erkenning te gee aan die potensiaal van hierdie ondernemings om werksgeleenthede te skep, ekonomiese groei te bevorder en armoede in armer lande aan te spreek. Klein, medium en mikro-ondernemings (KMMO's) maak 90% van ondernemings uit en bied meer as 50% van alle werksgeleenthede, terwyl hulle bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) in ontluikende ekonomie? volgens die Wêreldbank 40% is.

Die kwartaallikse arbeidsmagopname wat in Mei vanjaar deur Statistieke SA vrygestel is, toon dat Suid-Afrika, 'n dubbele en doeltreffendheidsgedrewe ekonomie, 'n werkloosheidsyfer van 32,9% het. Volgens die Kleinsake-ontwikkelingsagentskap (SEDA) is daar 2,7 miljoen KMMO's, waarvan 792 000 geformaliseer is. Hulle bydrae tot die BBP is net minder as 40% (mikro-ondernemings uitgesluit).  Daarbenewens is Suid-Afrika, met 'n Gini-ko?ffisi?nt van 0,67, die land met die hoogste ongelykheidskoers ter wêreld.

Daar is ook 'n gebrek aan ondernemingsgeesdrif. Die 2021/2022 Global Entrepreneurship Monitor: Suid-Afrika-verslag toon dat hoewel die voorneme om 'n sakeonderneming te begin van 11,9% in 2019 tot 20% in 2021 verbeter het, dit steeds onder die Afrika-streek se gemiddelde entrepreneursvoorneme van 40,6% is. Die vrees vir mislukking wat deur 53% van die steekproef aangedui is, kan die lae entrepreneuriese bedoeling gedeeltelik verklaar.

Volgens strategie? vir handels- en nywerheidsbeleid het die kleinsakesektor relatief tot ekonomiese groei gegroei, wat daarop dui dat klein ondernemings in pas met ekonomiese groei toeneem. Hierdie konsep ondersteun die idee dat KMMO's 'n bemagtigende ekonomiese omgewing benodig om suksesvol te wees en te floreer.

Klein ondernemings staar eksogene en endogene risiko's in die gesig. Eksogene risiko's is die eksterne ekonomiese- en bedryfsverwante faktore waaroor klein ondernemings min of geen beheer het nie. Endogene risiko's, aan die ander kant, hou met interne faktore verband – byvoorbeeld 'n gebrek aan bestuursvaardighede – wat die onderneming kan beheer. Nog 'n belemmerende faktor is egter die gebrek aan integrasie en fokus van KMMO-ondersteuningsmeganismes, soos deur SEDA se navorsingsbestuurder beaam: "Daar is te veel onsamehangendheid tussen strukture of organisasies wat KMMO's ondersteun."

Om ho?r vlakke van sukses vir klein ondernemings te behaal, kan dit nuttig wees om mislukking te verstaan. Besigheidsmislukking word nie altyd deur probleme in jou eie onderneming veroorsaak nie, maar kan die gevolg van 'n kettingreaksie van ander ondernemings, verskaffers en kli?nte se aksies wees. Daarom is dit belangrik om die vroe? tekens van besigheidsmislukking raak te sien voordat dit te laat is om die situasie te red omdat besigheidsmislukking nie 'n skielike gebeurtenis is nie, maar 'n dinamiese proses soos Jaroslaw Ropega in 'n artikel in International Advances in Economic Research (2011) daarop wys.

Ons sukkel om 'n mislukkingsbaan raak te sien omdat ons nie die vermo? het om oorsake van simptome te onderskei nie. Dit is belangrik om die simptome van besigheidsmislukking raak te sien., Die oorheersende simptoom is byvoorbeeld dikwels 'n gebrek aan kontant in die maatskappy se voortgesette bedrywighede. Dit dui op 'n groter probleem, naamlik die onvermo? om die daling in winste en verkope te bestuur om te vergoed vir die stygende besigheidskoste.

Ropega se navorsing toon ook dat simptome wat op die swakhede van klein ondernemings dui, 'n gebrek aan interne kontroles, 'n gebrek aan sakeplan op die gebied van besluite tussen eienaar en bestuurder, verlies aan vertroue in teenpartye, probleme met verspreiding op die gebied van markori?ntasie, die vermindering in doeltreffendheid van produktiwiteit, gebrek aan personeelontwikkeling en 'n afname in gehalte van produkte of dienste insluit.

So, hoe kan ons Suid-Afrikaanse KMMO's help om te floreer?

Wat nodig is, is 'n veelsydige benadering wat die identifisering van geleenthede op 'n nywerheidskaal, die integrasie van instaatstellers en ondersteuningsmeganismes en die uitvoering van geteikende ondersteuning insluit. Daar is reeds verskeie programme wat deur die Departement Kleinsakeontwikkeling ontwikkel is, insluitend die Ondersteuningsprogram vir Klein Ondernemings (SEMSP). Ten spyte van die SEMSP is 'n pyplyn van bekwame KMMO's egter nodig om die geleenthede te ondersteun wat ge?dentifiseer word, byvoorbeeld die Ondernemings- en Verskaffersontwikkeling (ESD) waar makrovlakgeleenthede vir KMMO's soos die Verskaffersontwikkelingsprogram (SDP) moontlik gemaak word.

Daar word op makrovlak van die primêre rolspelers verwag om 'n bemagtigende omgewing te fasiliteer, soos om die onsamehangendheid tussen strukture of organisasies wat KMMO's ondersteun volgens die viervoudige heliks – die regering, akademie, besigheid en samelewing – aan te spreek.

Geleenthede en inisiatiewe soos die ESD en SEMSP is aan die gang om sake- en entrepreneurskapsontwikkeling te bevorder.

Een noemenswaardige voorbeeld is die vestiging van die Sentrum vir Afrika-entrepreneurskap aan die Universiteit Stellenbosch (US), wat met R4 miljoen van Allan & Gill Gray se liefdadigheidsorganisasie gefinansier is. Die Sentrum sal navorsing doen oor entrepreneuriese ekostelses, met die doel om die Universiteit te ondersteun om hierdie sosio-ekonomiese uitdagings aan te pak. Die Sentrum beoog ook om samewerking tussen openbare en private entiteite binne die entrepreneurskap-ekostelsel te bevorder. Hierdie inisiatief weerspie?l die US se groter fokus op entrepreneurskap en innovasie, gedryf deur die oortuiging dat entrepreneurskap noodsaaklik is vir ekonomiese groei en werkskepping, veral in Suid-Afrika en Afrika.

Ter ondersteuning van die voortgesette inisiatiewe het die nuwe regering van nasionale eenheid nou die kans om die geleenthede vir die KMMO-sektor te benut en die rol te speel wat nodig is om 'n bemagtigende omgewing vir die sektor te bevorder om te floreer. Dit sal betekenis gee aan president Cyril Ramaphosa se woorde van 15 Maart 2020: "Dit is waar dat ons 'n ernstige noodsituasie in die gesig staar. Maar as ons saam optree, as ons nou optree, en as ons beslissend optree, sal ons dit oorkom."

?*Goosain Solomon is 'n dosent in die Departement Ondernemingsbestuur by die Universiteit Stellenbosch.