肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
R28 miljoen Fogarty-toelae versterk bioinformatika-opleiding in Afrika
Outeur: FMHS Marketing & Communications
Gepubliseer: 26/06/2024

Professore Marlo M?ller en Samantha Sampson van die Universiteit Stellenbosch (US) se Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika het 'n R28 miljoen-toekenning van die Fogarty Internasionale Sentrum van die US National Institutes of Health ontvang. Die vyfjaar-befondsing sal bioinformatika-opleiding in Afrika versterk, met 'n fokus op aansteeklike siektes, veral tuberkulose (TB).

Die toekenning ondersteun die Afrika Tuberkulose Bioinformatika-opleidingsprogram, wat daarop gemik is om Afrika-studente in bioinformatika, TB-biologie, navorsing en meer op te lei.

M?ller, mede-leier van die projek, beklemtoon die belangrikheid van hierdie tipe opleiding op die vasteland. “TB is 'n ernstige openbare gesondheidskwessie op die Afrika-kontinent. Die opleidingsprogram sal die gebrek aan opgeleide bioinformatici met kundigheid in TB en ander aansteeklike siektes aanspreek," sê M?ller, 'n professor in molekulêre biologie en mensgenetika aan die US.

Hierdie inisiatief is ? samewerking tussen die US se Fakulteite Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) en Wetenskap, asook vennote in Afrika en die Verenigde State (VSA), insluitend dr Paul Edlefsen, van die Fred Hutchinson Kankersentrum.

Die FGGW se prof Gerard Tromp, 'n programvennoot, beklemtoon die belangrike rol van bioinformatika in moderne biologiese navorsing. “Bioinformatika is van kritieke belang vir moderne biologiese ondersoeke om groot volumes data in inligting om te skakel deur die dissiplines van biologie, rekenaarwetenskap en statistiek te kombineer. Weens die multidissiplinêre aard is daar 'n groot tekort aan bioinformatici en 'n behoefte aan onderrig en opleiding.

“Die Afrika TB Bioinformatika-opleidingsprogram is noodsaaklik om die behoefte aan TB-bioinformatika in suider-Afrika te vul," verduidelik Tromp, 'n bioinformatikus by die FGGW.

Prof Hugh Patterton, Direkteur van die US se Sentrum vir Bioinformatika en Rekenaarbiologie, verduidelik hoe die opleiding studente met die vereiste vaardighede sal toerus. "Die beplande program sal 'n stel vaardighede aan studente bied om kragtige berekeningsmetodes, insluitend kunsmatige intelligensie, te gebruik om insig uit komplekse biologiese en gesondheidsdatastelle wat nie met konvensionele benaderings moontlik is nie, te onttrek."

“Die program sal studente met bioinformatika en navorsingsvaardighede toerus om hulle te posisioneer as toekomstige innoveerders en leiers in navorsing oor aansteeklike siektes," sê Sampson, 'n professor in molekulêre biologie by die FGGW. “Hierdie ge?ntegreerde benadering sal 'n groot impak op die huidige bioinformatika-landskap in suider-Afrika maak."

Meer inligting oor die program, insluitend die beplande implementeringsdatum, sal beskikbaar gestel word sodra die akkreditasie- en registrasieprosesse gefinaliseer is.

 

Onderskrif: Proff Marlo M?ller en Sam Sampson. 

Foto-krediet: Dr Elizna Maasdorp