肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vroue in ingenieurswese kan help om ? beter SA te bou
Outeur: Sara Grobbelaar
Gepubliseer: 24/06/2024

Die Internasionale Dag vir Vroue in Ingenieurswese is op Sondag 23 Junie gevier. In ? meningsartikel vir die Mail & Guardian skryf prof Sara Grobbelaar van die Departement Bedryfsingenieurswese dat meer vroue die kans moet kry om ingenieurs te word wat oor die nodige vaardighede beskik om komplekse probleme aan te pak en die gapings tussen mislukte stelsels te oorbrug wat die vermo? van baie Suid-Afrikaners om ordentlike lewens te kan lei, belemmer.

  • Lees die vertaalde weergawe van die artikel hier onder of klik hier vir die stuk soos geplaas.

Sara Grobbelaar*

Suid-Afrika is ? land van uiterstes en erge inkomste-ongelykheid, soos ge?llustreer deur sy Gini-ko?ffisi?nt, die hoogste ter wêreld. Die stelsel werk relatief goed as jy ? werk het en ? goeie salaris verdien wat vir jou toegang tot private gesondheidsorg van ho? gehalte, goeie skole, mededingende sektore en universiteite met ? goeie reputasie bied.

Maar 32% van Suid-Afrikaners en 45,5% van die jeug (15 tot 33 jaar oud) is werkloos, wat die groot gaping in ekonomiese deelname en geleenthede beklemtoon. Al word elke landsburger daardeur geraak, word die armstes van die armes altyd die ergste getref deur onderbrekings in elektrisiteitsvoorsiening, verval in logistieke stelsels, ongebreidelde voedselinflasie, ongelykhede in toegang tot gesondheidsorg, ? mislukte onderwysstelsel en ? swak ekonomiese vooruitsig.

Terwyl ons die rol van vroue in ingenieurswese op Internasionale Dag vir Vroue in Ingenieurswese (23 Junie) vier, moet ons ook erken dat dit weens talle hindernisse steeds vir vroue moeilik is om in die ingenieursberoep te vorder. Vroue maak oor die algemeen 13% van STEM-gegradueerdes uit (wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde) en slegs 7% van ingenieurs wat by die Ingenieursraad van Suid-Afrika (Ecsa) geregistreer is. Ons moet hierdie statistieke nie ontken nie. As ons na die verteenwoordiging van vroue in ingenieurswese in Suid-Afrika kyk, is dit ? verhaal van stelselmatige agteruitgang en verlore geleenthede om ons land se jeug te ontwikkel.

As ? stelseldenker en akademikus hoop ek om raamwerke vir besprekings en debatte te help skep om die “slegte gewoontes" van lineêre denke te bowe te kom. Dis ? groot versoeking om ? eenvoudige verhouding van oorsaak en gevolg te skets en ge?soleerde oplossings vir veel groter probleme te ontwikkel. Arm en honger Suid-Afrikaners is ? toepaslike voorbeeld. ? Verslag van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) vir 2020 wys daarop dat belemmerde groei meer as 1,5 miljoen kinders onder vyf jaar in Suid-Afrika raak, oftewel bykans drie uit elke 10 kinders. Die ontwikkelings-, ekonomiese en maatskaplike impak van wanvoeding is ernstig en langdurig, veral in die vroe? lewensjare. Unicef raam dat die koste van ondervoeding in Afrika en Asi? gelykstaande is aan ? jaarlikse BBP-verlies van 8-11%.

Belemmerde groei is nie bloot ? gevolg van onvoldoende voeding nie, maar van verskeie sistemiese faktore, insluitend tekortkominge in openbare gesondheidsorg, die onderwysstelsel, sosio-ekonomiese toestande, werkloosheid, voedselinflasie en ondoeltreffende logistieke stelsels om voedsame kos te versprei. Diegene wat aan die ontwikkeling van intervensies werk, bedoel goed, maar talle van hulle fokus net op beperkte hefbome om voedselonsekerheid en -tekorte aan te pak en skeep ander dele van die stelsel waar probleme ontstaan, af. Om belemmerde groei in Suid-Afrika die stryd aan te sê, verg dat dit as ? sistemiese gevolg van baie stelselfoute erken word.

Deur te ontleed hoe stelsels werk en misluk, kan ons die bose kringlope beter verstaan, asook die potensi?le positiewe kringlope wat ons moet aktiveer. Ons het ge?ntegreerde benaderings nodig om Suid-Afrikaners se toegang tot kos, onderwys en gesondheidsorg te help verbeter. Professionele ingenieurs is ideaal geplaas om tot hierdie benadering by te dra, maar die pad na die verkryging van die nodige kwalifikasies en tegniese vaardighede om aan hierdie probleme te werk is vol struikelblokke.

Ecsa het in 2021 ? studie onderneem om die leerders wat die land se skoolstelsel in graad 1 betree, te assesseer en om diegene na te speur wat aan die ingenieurs- of tegniese kwalifikasiekriteria voldoen om toegang tot tersiêre onderwys te bekom. Die bevindings onthul ? aansienlike verlies aan talent dwarsdeur die opvoedkundige reis. Die studie wys op ? ho? uitvalkoers, met ongeveer 40% van leerders wat skole verlaat voordat hulle graad 12 voltooi het.

Van die meer as 750 000 studente wat hul matriekeksamen in 2020 geskryf het, het slegs 5,6% in aanmerking gekom vir toelating tot ingenieursdiplomas, tegnologiese kwalifikasies of ingenieursprogramme aan universiteite. Dit kom neer op ongeveer 41 000 studente wat tussen 50% en 100% in wiskunde en wetenskap behaal het. Uit die oorspronklike groep graad 1-leerders van 2012 het slegs 3,3% uiteindelik vir tersiêre opleiding in ingenieurswese gekwalifiseer.

Inskrywingskoerse is ook kommerwekkend laag en slegs ? klein persentasie gekwalifiseerde kandidate skryf in: 20% vir diplomaprogramme, 27% vir tegnologiese programme en 24% vir grade in ingenieurswese. En dan val ongeveer 50% van ingenieurstudente boonop uiteindelik uit, hoofsaaklik as gevolg van swak voorbereiding in hul skooljare.

Om die ontwikkeling van die ingenieursdissipline in Suid-Afrika – vir vroue (en mans) – te bevorder, is dit van kardinale belang om die hele opvoedkundige pyplyn aan te pak en maniere te vind om dit te verbeter. Die gevolge van die verwaarlosing van die ontwikkeling van jongmense in ? land met ? ho? jeugwerkloosheidsyfer is gewigtig en beduidend. Daar is ? vaardigheidswanverhouding in Suid-Afrika, wat beteken die vraag na vaardighede is aan die ho?r kant van die vaardigheidskontinuum, terwyl die werkloses geneig is om laer vaardigheidsvlakke te hê. ? Reeks pogings word op nasionale vlak aangewend om jongmense vir werk te ontwikkel. Tóg kan die ingenieursberoep en -bedryf meer doen om ons dissipline uit te bou en die gate in die pyplyn vir die ontwikkeling van broodnodige tegniese vaardighede en ingenieurstalent te help toestop.

Ons moet ook onthou dat ons as professionele ingenieurs deel van die “rykes" in ons stelsel uitmaak. Ons is van die weinige wat die onderwyspyplyn met al sy gapings suksesvol genavigeer het. Die werkloosheidsyfer onder ingenieurs is relatief laag en gevolglik kan die meeste van ons aktief aan die ekonomie deelneem. Ons beskik oor vaardighede, posisies, agentskap en hulpbronne. Dit bemagtig ons om positiewe verandering te bevorder, veral deur die herstel van die gebroke infrastruktuur en diensleweringstelsels soos gesondheidsorg en onderwys in ons land.

Met ? nuwe regering wat in 2024 gevorm word, is dit vir my ondanks die onsekerhede duidelik dat professionele ingenieurs ? unieke geleentheid en ? beduidende verantwoordelikheid het om na vore te tree. Ons moet sorg dat ons in die verbetering van dienslewering in elke sektor van ons ekonomie en samelewing gesien en gehoor word.

Ons as ingenieurs moet seker maak dat ons die geleentheid wat hom tans voordoen, gebruik om optimaal tot die ontwikkeling van goeie praktyke en die professionele bestuur van ons land se infrastruktuur by te dra. Die vaardighede waarvoor ons so hard gewerk het, rus ons toe om komplekse probleme aan te pak en die gapings tussen mislukte stelsels te oorbrug wat die vermo? van ons mede-Suid-Afrikaners om ordentlike lewens te kan lei, belemmer. Deur ons kundigheid in stelseldenke toe te pas, kan ons praktiese en doeltreffende oplossings vir ? meer volhoubare en inklusiewe ekonomie skep.

Die wêreld ontwikkel vinnig, met nuwe tegnologie? en sakemodelle wat globale ekonomie? ontwrig en ongekende geleenthede vir ontwikkeling skep. Ons kan nie bekostig om hierdie bus te verpas nie.

  • Foto deur Stefan Els (Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking)

*Sara Grobbelaar is ? professor in die Departement Bedryfsingenieurswese en ? navorsingsgenoot by die DSI-NRF-sentrum van Uitnemendheid in Wetenskapmetriek en Wetenskap, Tegnologie en Innovasie aan die Universiteit Stellenbosch.