肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Verklaring oor die Wilgenhof-Verslag
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 21/06/2024

Die Universiteit Stellenbosch (US) bevestig dat sy Rektoraat die finale verslag van die paneel wat aangestel is om die Wilgenhof-aangeleentheid te hersien, ontvang en oorweeg het.

Die Rektoraat het die hoofaanbeveling van die paneel eenparig aanvaar dat die Wilgenhof-koshuis gesluit moet word. Die Rektor sal nou by die Raad aanbeveel dat Wilgenhof gesluit moet word en dat alternatiewe gebruike vir die geboue oorweeg moet word. Die Raad sal die Rektor se aanbevelings by sy vergadering op 24 Junie 2024 oorweeg. Die paneel se geredigeerde verslag kan hier gelees word.

Die paneel is deur die Rektoraat aangestel nadat ontstellende inhoud in twee kamers van die Wilgenhof-koshuis ontdek is.

Die paneel, onder voorsitterskap van 'n ervare advokaat van die Kaapse balie, bygestaan deur 'n ervare voormalige universiteitsbestuurder en die Adjunkregistrateur: Oorsigbestuur, Etiek en Nakoming aan die US, is getaak om ondersoek in te stel na die inhoud wat gedurende 'n oudit van die ruimtes en geriewe in die koshuis gevind is en om aan die Rektoraat verslag te doen oor hulle bevindinge en aanbevelings.

Die ontdekking van die inhoud en aanstelling van die paneel volg op die US se konsekwente bevestiging van sy standpunt dat die waardigheid van al ons studente en personeel verseker moet word, en 'n verbintenis daartoe om onaanvaarbare praktyke van ons kampusse en US-studenteverblyf uit te wis.

Volgens die opdrag was die mandaat van die paneel om ondersoek in te stel na die inhoud van die twee kamers met die volgende doelwitte:

  • Om 'n begrip te vorm van die historiese, kulturele en simboliese dimensies van die inhoud en funksies van die twee vertrekke en dit teen die agtergrond van en enkulturasiepraktyke by Wilgenhof-koshuis te oorweeg, en die Rektoraat dienooreenkomstig van raad te bedien.
  • Om in detail die betekenis van die inhoud en funksies van die twee vertrekke binne die bre?r institusionele kultuur en werksaamhede van US-koshuise te oorweeg;
  • Om te evalueer of, en in watter mate, die rekords, praktyke en algemene kultuur van Wilgenhof teenstrydig is met die waardes van die Universiteit en inbreuk kan maak op die menswaardigheid van huidige en voormalige US-personeel en studente.
  • Om te bepaal of onaanvaarbare praktyke in Wilgenhof met verloop van tyd deur Universiteitspersoneel, alumni of studente verswyg of verdoesel is; en
  • Om te bepaal of daar bewyse is van gedrag deur vorige en/of huidige studenteleierskap en/of bestuur van Wilgenhof wat strydig is met enige beleide, regulasies, re?ls of die Dissiplinêre Kode vir Studente van die US.

Deur die jare is bestuursdokumente verskeie kere hersien en gewysig, aangesien die Universiteit transformasie ten volle omarm en ongeregtighede van die verlede aangepak het. Sedert 2003 het die US hard daaraan gewerk om historiese sistemiese probleme binne die koshuisruimtes aan te spreek en om die kultuur, ingesteldheid en praktyke aan te pas, te transformeer en te verander om dit met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika en sy beginsels, insluitend dié van menswaardigheid, te belyn. Dit is onder meer gedoen deur die bestuur se verbintenis tot die US se visie en waardes, uitgebreide gesprekke met studente, deeglike opleiding van studenteleiers, werkswinkels, mentorprogramme en nuwe beleide, re?ls en regulasies vir studentegemeenskappe. Dit sluit hersiene koshuisre?ls (2021), 'n hersiene Dissiplinêre Kode vir Studente van die US (2021), 'n nuwe koshuisplasingsbeleid (2023), asook 'n nuwe regulasie vir die aanstelling van koshuishoofde (2023) in.

Daarbenewens fokus een van die werkstrome van die Universiteit se Komitee vir die Institusionele Reaksie op die Kommissie se Aanbevelings (CIRCoRe), wat in 2023 gestig is om die aanbevelings van die Khampepe-verslag te hanteer, op die hele spektrum van die studentelewe en ontwikkel hulle voorstelle om die praktyke van alle Universiteitsomgewings wat verantwoordelik is vir die fasilitering van 'n inklusiewe en verwelkomende studente-ervaring by die Universiteit, te belyn.

Prof Wim de Villiers sê: “As rektor van hierdie vooraanstaande navorsingsintensiewe ho?ronderwysinstelling in Afrika, wil ek al ons personeel, studente en ouers verseker dat ons onwrikbaar sal bly in ons verbintenis daartoe om 'n verwelkomende en inklusiewe sentrum van uitnemendheid te wees. Gegewe die bewyse wat deur ons deskundige paneel aangebied is, het ons die hoofaanbeveling aanvaar dat die sluiting van die Wilgenhof-woning die gepaste aksie vorentoe is."

Prof De Villiers sê ter afsluiting: “Indien die Raad hierdie aanbeveling, op aanbeveling van die paneel, aanvaar, sal dit tot die sluiting van Wilgenhof aan die einde van die 2024-akademiese jaar lei. Alternatiewe gebruike van die ruimte sal bespreek word met die oog daarop om dit in 2025 in werking te stel."

Die Rektoraat sal mettertyd na die ander aanbevelings in die verslag – onder meer die aanbevelings wat in die CIRCoRE-proses ingebed kan word – terugkom.

 

EINDE