肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die US onderteken MvV met die Spesiale Ondersoekeenheid van Suid-Afrika
Outeur: Aamirah Sonday
Gepubliseer: 14/06/2024

Die Universiteit Stellenbosch (US) het ?n memorandum van verstandhouding (MvV) met die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) van Suid-Afrika onderteken om “nuwe benaderings en strategie? in die stryd teen korrupsie te ondersoek.”

Die fokus van die MvV sal veral op opleiding en navorsing, gemeenskapsbetrokkenheid, kapasiteitsbou en die uitruil van inligting en kundigheid gerig wees.

Ná die aanvang van ?n suksesvolle simposium oor Gender en Korrupsie vandeesweek, is die MvV gisteraand deur die SOE-hoof, adv Andy Mothibi, en US se viserektor en adjunk-visekanselier, prof Sibusiso Moyo, geteken. In sy toespraak by die galadinee wat die ondertekening voorafgegaan het, het adv Mothibi die organiseerders van die konferensie geloof vir die geleentheid om beste praktyke uit te ruil, asook idees oor hoe gender in berekening gebring moet word in die stryd teen korrupsie.

“As leiersfigure in die teenkorrupsiestryd, moet ons erken hoe belangrik dit is om genderdinamika in die land te hanteer, veral in die lig van die toename in ons teenkorrupsiepogings. Dit beteken om ’n genderperspektief in alle aspekte van ons teenkorrupsie-optrede te inkorporeer, van voorkoming tot ondersoeke en vervolging,” het hy gesê.

MOU signing

Oor die belangrikheid van die MvV het adv Mothibi gesê: “Ons is bly, noudat ons werklik met die Universiteit Stellenbosch saamgewerk het, dat ons vandag ’n stadium bereik het waar ons ’n memorandum van verstandhouding kon aangaan as bewys dat ons almal daartoe verbind is om seker te maak dat ’n ieder en ’n elk met die stryd teen korrupsie help.”

Hy het beklemtoon dat die SOE ’n beroep doen op alle akademiese instellings om saam te werk sodat optrede teen korrupsie ’n opvoedings- en bewusmakingsperspektief insluit. “By die ondertekening van hierdie MvV wil ons seker maak dat ons regtig op opvoeding en bewusmaking fokus as deel van die implementering van nasionale teenkorrupsieraamwerke. Een van die kritieke inisiatiewe is bewusmaking en opvoeding. Ons wil werklik van jul kennis en kundigheid gebruik maak om seker te maak ons laat niks aan die toeval oor nie,” het hy aan die gehoor gesê.

Prof Moyo, wat die MvV namens die Universiteit geteken het, het ook na die belangrikheid van opvoeding verwys ten einde ’n uitwerking op die samelewing te hê. Dit maak deel uit van die US-visie, het sy gesê. Universiteite speel ’n belangrike rol in opvoeding, “maar nie opvoeding ter wille van ’n graad nie; ons wil afgeronde studente lewer.” Sy het verduidelik dat US daarna streef om studente met werklike kwessies in die klaskamer te konfronteer.

“Saam kan ons vooruitgang in die samelewing bewerkstellig. Ons beskik oor uitstekende vennootskappe en dus uitstekende geleenthede om beleid te bevorder en navorsing te doen met die oog op beleid.”

Die simposium is aangebied deur die navorsingsentrum vir teenkorrupsie by US (ACCERUS), wat onder die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswese (EBW) ressorteer. Dit is die inisiatief van prof Pregala Solosh Pillay, direkteur van ACCERUS.

MOU signing

Beide hoofsprekers, adv Nthabiseng Sepanya (voorsitter van SA se Kommissie vir Gendergelykheid) en prof (adv) Thulisiwe Madonsela (voorsitter van US se Sentrum vir Sosiale Geregtigheid), het na die noodsaaklikheid van ’n genderlens verwys wanneer korrupsie gepak word en het die kwessie van seksuele uitbuiting bespreek. Dit word dikwels ge?gnoreer en het ’n groot invloed op vroue en meisies in die samelewing.

Adv Sepanya het die kollig laat val op hoe “vroue tot ?n groter mate onder korrupsie ly weens die ongelyke magsdinamika” en opgemerk dat seksuele uitbuiting weinig by die definisie van korrupsie ingesluit word ondanks bewyse dat vroue en meisies dikwels vir seksuele gunste gevra word in ruil vir dienste wat hulle behoort te ontvang.”

Solank korrupsie bestaan, glo sy, sal ongelykheid ?n vooruitstrewende samelewing ondermyn; daarom is dit belangrik dat Suid-Afrikaners staatsinstansies wat ’n sleutelrol speel, beskerm.

Prof Madonsela het die gesprek verder gevoer en meen ons benodig beter beskerming vir fluitjieblasers en mense wat omkopery ontbloot ten einde korrupsie teen te werk.

Sy het dit benadruk dat korrupsie ?n wêreldwye siekte is en nie ’n Afrika-probleem nie. Omdat dit soms as laasgenoemde beskou word, kan ons dit nie doeltreffend pak nie. Sy het talle voorbeelde genoem van vroue wat mishandel (en soms in die pad gesteek) is omdat hulle die regte ding gedoen het, en die magswanbalans wat veroorsaak het dat daar geen gevolge vir die skuldige partye was nie.

Die simposium is moontlik gemaak deur ruimhartige befondsing vanaf die Friedrich Naumann Stigting, die program Enhancing Accountability (wat deur die Europese Unie befonds word), ABSA, Good Governance Africa, LesTech en die Universiteit Stellenbosch.

?