肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US verbeter algehele telling op QS-wêreldranglys
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 05/06/2024

Die Universiteit Stellenbosch (US) is vir 'n tweede agtereenvolgende jaar in die top-300 tersiêre instellings ter wêreld. Dit is volgens die jongste QS- (Quacquarelli Symonds-) wêreldranglys vir universiteite wat gister (Dinsdag 4 Junie 2024) vrygestel is.

Net soos verlede jaar, het die US uitstekend in die aanhalings per fakulteitskategorie (aantal akademiese aanhalings deur fakulteitslede) gevaar deur die hoogste telling (61.9) van alle Suid-Afrikaanse universiteite te behaal. Dit is ook 'n verbetering op sy vorige telling van 59.9. Aangesien aanhalings (verwysings na akademiese werk in ander wetenskaplike artikels of publikasies) 'n welbegrepe en algemeen aanvaarde maatstaf van navorsingsterkte is, beoordeel hierdie aanwyser die impak en gehalte van die wetenskaplike werk wat universiteite produseer.

In die 2025-weergawe van die QS-wêreldranglys verskyn die US in die 296ste plek. Wat die jongste ranglys betref, beklee die US die derde posisie in Suid-Afrika (en in Afrika) – dieselfde as verlede jaar. Die feit dat meer universiteite jaarliks deelneem be?nvloed die algehele posisie op die ranglys. Die US het egter sy algehele telling verbeter – die som van die tellings vir elke aanwyser.

Die 21ste uitgawe van die QS-ranglys, wat wêreldwyd as een van die drie top-universiteitsranglysstelsels beskou word, dek 1 503 instellings in 106 plekke – 5 663 instellings, waaronder 21 nuwe universiteite, is ge?valueer – en is die enigste ranglys van sy soort wat indiensneembaarheid en volhoubaarheid beklemtoon.

Die US het in die afdelings vir akademiese reputasie (globale akademici se persepsies van 'n instelling se akademiese uitnemendheid), indiensnemingsuitkomste (die indiensneembaarheid van gegradueerdes), fakulteitstudenteverhouding (die verhouding tussen die aantal akademiese personeel en die aantal studente), internasionale studenteverhouding (die proporsie internasionale studente) en internasionale navorsingsnetwerk (die rykdom en diversiteit van 'n instelling se internasionale navorsingsvennootskap) verbeter.

Instellings is vir die 2025-uitgawe van die QS-ranglys in nege afdelings (of aanwysers) beoordeel: aanhalings per fakulteit, akademiese reputasie, indiensnemingsuitkomste, fakulteit-studentverhouding, internasionale studenteverhouding, internasionale navorsingsnetwerk, internasionale fakulteit (die verhouding van fakulteitslede wat internasionaal is), werkgewersreputasie (globale werkgewers se persepsie van watter universiteite se gegradueerdes die gereedste vir werk is) en volhoubaarheid (die sosiale en omgewingsimpak van universiteite).

“Die feit dat die US weer die hoogste aanhalingstelling van Suid-Afrikaanse universiteite behaal het, is 'n bewys van ons navorsers se voortgestte, ho?vlakbydrae tot die wêreldwye wetenskaplike poel van kennis. Navorsing wat by ons instelling gedoen word, is wêreldklas met ho? impak. Gekoppel met 'n verbetering in 'n kategorie soos internasionale navorsingsnetwerke, toon dit dat ons inderdaad vorder met die verwesenliking van ons visie om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees," sê prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake by US.

Die US was in April vanjaar ook een van die voorste ho?ronderwysinstellings ter wêreld op die QS-wêreldranglys per vak.

Die Universiteit het die afgelope paar jaar deurgaans onder die beste tersiêre instellings ter wêreld op verskeie internasionale universiteitsranglyste verskyn, waaronder die QS-wêreldranglys, die Times Higher Education-wêreldranglys vir universiteite en die Times Higher Education-ranglys vir universiteite in ontluikende ekonomie?.